Die polisie stel ondersoek in ná ʼn 26-jarige op Oujaarsdag by ʼn waterval naby Uniondale in die Wes-Kaap gesterf het.
Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die jong man het vroeër na die waterval gegaan, maar sy vriende het eers later op sy liggaam afgekom. “Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Sy liggaam is Woensdagoggend met ʼn helikopter van die toneel verwyder.”
ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.