Jong man vermis in see

Dappat se Gat. Foto: NSRI

ʼn 19-jarige man word vermis nadat hy en ʼn vriend in sleurstrome vasgevang is terwyl hulle by Dappat se Gat by Kogelbaai naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap geswem het.

Die vermiste man en sy 17-jarige vriend het laat Sondagmiddag in die see geswem toe die voorval plaasgevind het, het Alan Meiklejohn, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai, gesê.

Die NSRI, polisie, nooddienste en ʼn helikopter is omstreeks 17:15 na die strand ontbied. “Met ons aankoms is daar onmiddellik ʼn soektog van stapel gestuur na die 19-jarige man van Kuilsrivier.

“Sy vriend is veilig op die strand gevind en paramedici het hom vir hipotermie behandel, maar hy het geen verdere bystand nodig gehad nie.”

Volgens Meiklejohn het die twee jong mans saam met vriende die dag deurgebring toe hulle in die water in die moeilikheid beland het. Die 17-jarige kon daarin slaag om tot op die strand te kom, maar sy vriend het onder die water verdwyn.

“Ondanks ʼn uitgebreide soektog in die see, vanuit die lug en langs die strand was daar nog geen teken van die vermiste man nie. Die polisie se duikeenheid sit die soektog voort. Die polisie ondersoek die voorval en familie van die vermiste man word deur traumaberaders van die polisie bygestaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SM ·

Daar is gereeld verdrinkings by Dappas se gat. Baie gevaarlike seestrome. Hartseer namens sy familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.