Jong man vermis

Barry Leonard. Foto: Facebook

Barry Leonard. Foto: Facebook

ʼn Jong man van Hermanus word sedert Saterdagoggend vermis sedert hy ʼn kuierplek verlaat het.

Barry Leonard (20) is die laaste keer gesien toe hy omstreeks 02:00 Saterdagoggend die Mock Turtle-kuierplek verlaat het. Hy het glo in die rigting van Ou Hawe gestap. Hy het ʼn grys hemp en donkerkleurige broek aangehad. Familie en vriende het met ʼn soektog na hom begin.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSR) het intussen gesê ʼn soektog aan die kuslyn, in die see en in die omgewing van die Ou Hawe het nog geen spoor van Leonard opgelewer nie. Die NSRI se soektog is Sondagoggend hervat.

Leonard het volgens berigte nie sy foon by hom gehad nie. Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Hermanus-polisie by 028 313 5300 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Buitestander ·

Waar is die paraatheid van ons mense? Om, om 02:00 so ‘n kuerplek alleen te verlaat is om moeilikheid te soek! Dit ney so om op brandende koole te loop en glo dat die Here jou sal help dat jy nie jou voete sal verbrand nie!!!

Slim ·

Buitestander se kommentaar is waar vir die wat verstandig is.

Namcy ·

Mens moenie oordeel as mens nie die volle storie weet nie. Sover volgens my kind wat hom ken, het hy en sy meisie saam uit die kuierplek gestap na die ou hawe se rigting, wat net skuins oorkant die pad is. Hul was in argument betrokke. Wat verder gebeur het is nog nie bekend nie. Sterkte aan al sy vriende en familie. Ons bid dat hy veilig gevind sal word

Mens ·

Ek wil nie te veel kommentaar hieroor lewer nie, maar ken die feite. Die meisie het agter hom aangegaan toe hy die plek verlaat en sy hom bly roep het, maar hy wou nie terugdraai nie. Sy het gereken, tereg ook so, dat sy ver genoeg alleen in die donker hom probeer inhaal het en het besef sy sal moet terugkeer na die vriende toe omdat dit donker en laat en gevaarlik vir haar geraak het. Hy wou nie terugdraai nie en het vir haar bly wegloop. Sy is uit die aard van die saak verskriklik ontsteld. Bid asb net dat hy opgespoor sal word. Sy het ook heeltemal reg opgetree en die geskil was omdat sy reg wou optree.

Grietjie ·

Aan Buitestaander….Snert man, dis Hermanus! En terrloops ek hét op brandende kole geloop sonder dat my voete gebrand het…bid eerder dat die kind gevind word, as wat jy hier staan en oordeel.

MH ·

Buitestaander, Dit is kuierplek en kole. Kry gerus vir jou ‘n goeie woordeboek.

E ·

Barry is n wonderlike, goeie ou! Dis nie nou die tyd vir oordeel. Bid eerder dat hy gevind sal word.

Sannie ·

Grietjie hoeveel jaar terug het jy in Hermanus gebly? Jou koffie gaan yskoud wees as jy wakkerskrik. Hermanus is laaaaankal nie meer Hermanus wat misdaad aanbetref nie.

Tant Koba ·

Jongmense moenie so drink en jol en tekere gaan tot die oggendure nie. Die roofdiere is op loer. Bly by julle huise en hou julle besig met heilsame dinge. Lees julle bybels. Ek hoop nie hy het in die see beland nie. Ek hoop nie hy het in die verkeerde hande geval nie. Sterkte aan sy familie en vriende.

Sam ·

Wat ookal die situasie glo ek buitestander bedoel slegs goed met hom/haar waarskuwing. Dit is nerens meer veilig om alleen te loop nie, en ek hoop hy word veilig gevind. MH..Die is nie ‘n afrikaanse klas nie, ook nie ‘n spel toets nie. Kry gerus vir jou beter kommentaar om by te dra.

MH ·

Sam, Ek het nogal geweet dit is nie ‘n Afrikaanse (hoofletter) klas nie en ook nie ‘n speltoets (een woord) nie. Maar of dit ‘n Afrikaanse klas of Wiskunde klas of Geografie klas of openbare toespraak of privaat gesprek is, is irrelevant. Wat wel relevant is, is dat enige persoon wat sy taal respekteer en lief is vir sy taal die moeite behoort te doen om onder alle omstandighede sy of haar taal keurig en korrek te gebruik.

Alida ·

Ons lewe in ‘n ander tyd as voorheen. Dit is gevaarlik om die kuierplekke so laat alleen te verlaat. Hoop hy word lewend gevind.

Hannelie ·

Aan almal wat so negatiewe kommentaar lewer (Buitestaander en dies meer), kom ons bid eerder dat hy ongedeerd gevind word. Sy familie is desperaat om hom te kry. Julle was nie eens daar nie en weet nie wat die omstandighede was nie. Hoop hul vind jou en dat jy veilig is seun. Ek kan ook net dink waardeur die meisietjie moet gaan wat na hom geroep het en nou baie dinge mee moet “deal”.

Isabel ·

Ai tog. Dit is vreeslik. Ek se altyd bly in ‘n groep. Drank laat jou stupid dinge doen. Alleen het jy min kans as klomp jou pak. Sal bid v wonderwerk.?

Denise ·

Dit is hartseer hoop hulle kry hom gou !!!! Wat die jong mense nie verstaan nie is tye het verander dit is netsoos Buitestander gese het !!!!

Marietjie ·

Kom almal wat hande en bid dat Barry ongedeerd gevind word.

Vivienne ·

Jip ons almal hoor wat almal sê , maar kom ons bid eerder almal saam dat wat okal moet gebeur gebeur dat sy mense closure kan kry….

LB S ·

Ai, so oulike ou. Ek hoop hierdie draai nie ook uit op ‘n tragedie nie.

Louis Botha ·

Dit is nou tyd om saam te staan en te bid en nie te oordeel nie. Die tyd van wonderwerke is nog nie verby nie. Ons Dien n Lewende GOD.

Eugene ·

Dit is geweldige swak smaak om negatiewe kommentaar te lewer op ‘n geweldige hartseer saak, die persone wat so doen, skaam julle. Ek neem aan jul is ouer persone, dalk middeljarig en is al dus volwassenes en moet van beter weet. Ek verhaal: skaam julle. Neem jul ingedagte dat sy familie en vriendin moontlik jul kommentaar mag raak lees? Dink julle dat dit hul enigsins beter sal laat voel? Sies!
Dit is natuurlik doodreg om ‘n opinie te hê, almal is geregtig daarop, maar ook moet mens genoemde opinies verantwoordelik lig en weet wanneer om dit liefs vir mensself te hou.
Ek hoop en bid regtig dat hy veilig ge vind sal word en dat sy familie en vriendin krag sal kry om deur hierdie aaklige situasie te kom. En indien die situasie ‘n ongewenste nadraai het, wens ek hul vertroosting toe.

cherize.1oosthuizen ·

Al enige nuus oor die jong man? Sterkte en julle is in ons gebede in hierdie onseker tyd.

René ·

Goeie more dis vandag al dag 6 En ons bid nog elke dag Barry is nog nie gevind nie . Daar word elke dag na hom nog gesoek. Ons almal is baie bekommerd En bid dat hy veilig terug by ons as vriende Sal wees En sy ouers .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.