Jong man vermoor in Uvongo

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn 18-jarige man is vroeg Saterdagoggend in Uvongo vermoor in een van twee voorvalle kort na mekaar.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die jong man is kort na middernag in Ridgeweg met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek. “Toe paramedici daar aankom, was hy reeds dood.”

Volgens Botha is dit nog nie duidelik wat gebeur het nie en ondersoek die polisie die voorval.

Paramedici van Netcare 911 het omstreeks 2:30 ʼn bewustelose man (25) in Marineweg in Margate gevind met ʼn steekwond aan sy arm. Hulle het hom op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal in Port Shepstone geneem is vir verdere mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ora ·

Dis so jammer dat sulke goed gebeur en my simpatie aan die familie gaan nie die skok en seer beter maak nie. Deesdae word ‘n mens verplig om jouself na donker toe te sluit en nie meer op straat te verskyn nie en dis baie sleg.

Netekke ·

Dit is baie sleg ja. Waar is die dae wat mens in die aande langs die strand kon gaan stap……. Nou is mens nie eers meer in die dag veilig nie. Ons mooi land is te vinnig besig om “down the drain” the gaan. Baie hartseer.

al ·

Dis n skande dat boosheid en moordenaars die land in n magsgreep het. Daar is geen respek meer vir n lewe nie, selfs die wetstoepassers word teen n spoed vermoor.

Richard ·

Margate is so rof.

Soos tannie Stiene se:

“Dis net rubbish.”

LB S ·

Een van die vakansies wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie, was toe ek 16 was en saam my ouers ‘n paar vriendinne kon saamneem met vakansie. Ons kon na hartelus saans uitgaan en in ‘n groep terugkeer strandhuis toe. “Beach party” gehad, na die “bands” luister by die Pawiljoen-Kafee. Waar is daardie dae?

Ansie van der Merwe ·

Ons Christene moet begin bid teen die gees van moord wat ‘n greep op ons land het!

Ansie ·

Ons as Christene moet begin bid teen die gees van moord wat ‘n greep het oor ons land, en wêreld!

David ·

Hoe moet ons vakansie in Margate gaan hou as dit so is ale simpatie aan sy famielie end vriende

sarie van heerden ·

David, Moorde, roof en wat daarmee gepaardgaan is nie net beperk tot Margate nie en Richard , tant Stienie se kommentaar van Rubbish wat nou toegedig word aan Margate was sekerlik nie van haar toegespits op Margate nie. Waar jy deesdae gaan is jy jou lewe nie seker nie.

Barry Smit ·

Dit is baie hartseer om te sien dat misdaad enigsins sy voet in enige dorp sit en jong lewens word net weggeneem. Dit raak orals in ons land en wêreld ‘rof’ en dus moet wysheid gebruik word waarheen en hoe laat en moet ekstra waaksaam en paraat wees wanneer jy iewers heen loop.
Mense moet nie Margate afskryf nie, dit is nogsteeds een van die gewildste vakansie bestemming in ons land en glo 2017 gaan baie vordering aangebring word tov van sekuriteit en veiligheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.