ʼn Jong man is dood toe hy Dinsdagoggend tydens ʼn botsing in Roodepoort, Johannesburg, van sy motorfiets afgeslinger is.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die kruising van JG Strydom- en Springhaasweg plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is die man, vermoedelik 19 jaar oud, se liggaam aan die kant van die pad langs ʼn groot asdrom aangetref,” het Meiring gesê. “Hy het geen teken van lewe getoon nie. Alle pogings om hom by te bring was tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar.”
Meiring het gesê die man se liggaam is van sy motorfiets afgeslinger tydens ʼn botsing met ʼn motor in die kruispad. “Die omstandighede rondom die botsing word ondersoek.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Ai, so onnodig. Sterkte aan sy naasbestaandes.
Voel baie jammer vir die jong man, maar as jy kyk hoe sommige van hierdie manne ry word n mens yskoud.
Ek ken die interseksie waar dit gebeur het. Daar was al talle ongelukke. Baie karre wat in die oggend wil regs draai maar daar is geen spesiale regs draai sein of baan by die robot nie en dit is baie moelik om karre van voor af te sien kom wat reguit aan ry. Karre wat wil regs draai dam op en vat dan kanse om regs te draai of skip die rooi robot om regs te draai. Baie keer ry hulle voor iemand in dan wat reguit oor ry. Ek dink die ou op die motorfiets het seker reg oor… Lees meer »