Jong man wat by Vaaldam verdwyn steeds spoorloos

Byna ʼn week nadat die 19-jarige Bradley Coetzee in die omgewing van Oranjeville by die Vaaldam gaan visvang en toe spoorloos verdwyn het, is daar steeds geen teken van hom nie.

Coetzee het Vrydagaand met ʼn kanoe op die dam gaan roei en is omstreeks 23:00 dieselfde aand as vermis aangemeld toe hy nie na die oewer teruggekeer het nie.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur en die bootjie asook een van sy skoene is intussen gevind.

“Die familie is buite hulself en om nie te weet [waar hy is] nie is geweldig swaar vir hulle. Met die krag van sosiale media en gebed kan ons hom vind,” het ʼn vriendin van die familie op Facebook geskryf.

Lede van die NSRI Vaaldam, polisieduikers, die honde-eenheid én reddingspanne het die naweek die dam en omliggende gebied gefynkam op soek na Coetzee.

Konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê polisieduikers soek steeds na Coetzee. Die polisie se ondersoek fokus op dié stadium nog op die omgewing by die dam waar Coetzee laaste gesien is.

Enigeen met inligting kan ao. Mofokeng bel by 082 301 3004.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karen ·

Wil ni meer koerante lees ni , dit vreeslik hoe di mense wegraak…..sterkte aan di familie

Hartseer ·

Die bootjie en een van sy skoene is gevind, is daar nie dank krokodille nie?

Anoniem ·

Ek dink nie dis veilig nie. As die wind opsteek daar, maak daai dam BRANDERS.. My skoonma is 5’8″ lank.. jare gelede het ons met die motorboot gery en sy het regop gestaan op die boot.. .Die branders het bo-oor haar kop gegaan terwyl hulle gery het. My neef het een nag gaan roei, en sy kanoe het omgeslaan.. Hy het vir lewe en dood aan die kano gehang die hele nag. Hy het amper-amper verdrink. Ek het groot ontsag vir die Vaaldam of enige groot dam for that matter.

Gesiggie ·

Ek kan net dink waardeur die ouers en familie moet gaan… ons bid dat die seun veilig sal wees, en ek hoop dat daar opvolg stories sal wees indien hy gevind is, asook die man wat na sy besoek by hospitaal verdwyn het. My gebede gaan uit na sy Familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.