Jong man wil eers rus ná staptog vir boere

Siya Simelane-Swart se staptog om vir boere te bid, eindig na vyf maande (Foto: Facebook/Nicholas Jaco Swart)

“Dit is so lekker om tuis wees. Alle eer gaan aan God.”

Só sê die 19-jarige Siya Simelane Swart nadat hy sowat ʼn maand gelede sy staptog al langs die Suid-Afrikaanse kus om vir mense te bid, in Kaapstad voltooi het.

Dié jong man kon op 18 Augustus uiteindelik ná vier maande sy stapskoene uitskop en terugkeer huis toe.

“As ek terugkyk op my tyd op die pad was daar meer seëninge as uitdagings omdat ek weet dat God elke tree saam met my was,” sê Simelane.

Simelane se pa, Nicholas Swart, het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê dat hulle harte oorloop van dankbaarheid vir die publiek se ondersteuning tydens hulle seun se staptog.

“Weldoeners en vreemdelinge het ons oorval met aanbiedinge van verblyf, reiskoste, kontantbydraes en algemene ondersteuning en bemoediging. Ons is oorweldig deur al die hulp van die publiek. Ons is baie dankbaar. Ons land se mense is wonderlik en ons wil nêrens anders as in dié land bly nie,” sê Nicholas.

Siya se geloof het om gehelp om vas te byt (Foto: Facebook/Nicholas Jaco Swart)

Maroela Media het vroeër berig dat Simelane in April besluit het om van Ermelo in Mpumalanga al met die kus langs die roete tot in Kaapstad te voet aan te pak met die doel om vir elke plaasboer en sy plaasgrond wat hy verbygaan te bid – vir reën, veiligheid en voorspoed. Hy wou met sy reis hoop bring vir mense wat hy op sy reis raakloop deur vir hulle te bid en hulle te inspireer met sy storie.

Simelane het talle uitdagings teëgekom en is ongelukkig ses keer langs die pad beroof. Hy erken hy het by tye vir sy lewe gevrees. Snags moes hy meestal langs die pad op die harde grond slaap. Ondanks dié uitdagende omstandighede het sy geloof hom gehelp om vas te byt.

Simelane vertel opgewonde dat hy en sy pa eerskomende Vrydag na Mosambiek vir ʼn uitreik saam met hul gemeente se jeug vertrek. “Maar voor dít wil ek net eers rus,” sê Simelane.

Hoewel die pad vorentoe nog steeds onbekend is vir dié jong man, weet hy dat hy sy hele lewe lank die goeie boodskap van God wyd en syd wil versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Leser ·

Dit is ‘n pragtige storie. Lekker om te sien daar is sulke mense ook nog in die wereld. Prys die Here!!!

Wonner ·

Sjoe wat ‘n gelowwige besonderse jong man. Wel gedaan! God seen jou.

Patat ·

Well done!! Ek is trots op Simelane… baie dankie vir jou bereidheid om vir die boere te bid en dat jy gestap het, jou lewe gewaag het vir n goeie doel!!

CK ·

Hoe ongelooflik is hierdie nuus nie. Dat ‘n jongman so ‘n rit aanpak met net sy geloof. Wel gedaan jong man.

leser ·

dankie jong man vir jou geloof en staptog van hoop, gebede, voorspoed en genade en om ‘n verskil aan mense se lewens te maak en die boodskap van God oor te dra

Zettie ·

Dis mos nou hoe ons moet wees. Nederig en gelowig. Ek het baie respek vir dié jong man.

Adel ·

Pragtige storie, dankbaar vir al ons medeburgers wat hulle harte en deure oopgegaan het vir die jongseun. So hartseer om te lees dat hy wraggies 6 keer geroof is, maar gelukkig laat ñ christen hom nie so vinnig van stryk bring nie.

CN ·

Kry ek sommer knop in my keel. Wel gedaan jong man – wat ‘n voorbeeld is jy nie vir almal van ons nie

Gesiggie ·

Jy is n yster… Well Done Siya ons as SA is baie trots op jou, mag God saam jou die pad loop elke dag en dankie dat jy omgee vir jou medemens. Jy moet nou jou ruskans geniet… daai voete moet baie moeg wees”’ en as jy dan Mosambiek toe gaan baie sterkte op jul reis… en rus maar so bietjie langs die see. Jy is n voorbeeld vir baie ander…..dankie vir wat jy doen.

Marinda ·

Baie trots op jou jongman. Met geloof in jou hart het die liewe Heer jou beskerm om die struikelblokke te oorkom. Jy het gewys jy gee om en vir baie weer hoop gegee! Seenwense op jou pad vorentoe!

Michelle leR ·

Dankie Siya, wat ‘n mooi getuienis.
Dalk is daar tog hoop vir die toekoms!

hercu ·

well done Simelane and the Swart family

“The Lord bless you, and keep you [protect you, sustain you, and guard you]; The Lord make His face shine upon you [with favor], And be gracious to you [surrounding you with lovingkindness];  The Lord lift up His countenance (face) upon you [with divine approval], And give you peace [a tranquil heart and life]” – Num 6:24‭-‬26 AMP

Fanie Kemp ·

Baie dankie vir hierdie Geloofsdaad en Getuienis Siya.
Vir my as boer gee dit nuwe moed en versterk ook my Geloof.
Dankie Here vir sulke jongmense.

Adam ·

Wonderlik om te sien hoe een jong man soveel mense se lewens kan aanraak. Inspirerend!!!

MFP ·

Ek is trots op jou Simelane en ek glo dat die HERE baie trots is op jou. Sterkte voorentoe. Jy is my broer in die HERE.

Michelle ·

Simelane may God bless and protect you on your journey. May you always stay humble thank you we are very proud of you.

Jacoba ·

Wel gedaan Siya. Jy is ñ voorbeeld vir ander. Mag die Here jou ryklik seën.

Julie Jansen van Rensburg ·

Pragtig, jongman! Hierdie land het duisende meer soos jy nodig om menseverhoudings te herstel en die land in die proses te herstel. Seënwense, seun, en doe so voort!

Bekkie ·

Amen, jy is awesome jongman, en ons dien ‘n Awesome God. Hy sal jou nooit verlaat nie. Jy is voorbeeld vir baie van ons !! You will be Blessed !!

Hanlie ·

Sjoe, wat ‘n getuie vir GOD!!!!! Wat jy gedoen het Siya is ongelooflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.