Jong mans 3 jaar ná skoolvoorval hof toe gesleep

Juané Slabbert. Foto: Facebook

Die Gautengse departement van onderwys gaan ingryp by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria in verband met ʼn voorval in 2015 wat nou daartoe gelei het dat 26 oudleerders deur ʼn jong vrou gedagvaar word.

Juané Slabbert (20) dagvaar die oudleerders in verband met ʼn WhatsApp-groep waarop sy glo gedreig en verkleineer is. Die groep is glo gestig nadat ʼn foto die lig gesien het van Slabbert wat ʼn Affies-pet by ʼn partytjie gedra het.

Dit is glo Affies-tradisie dat dié pet net deur leerders en oudleerders van die skool gedra mag word. Sanja Bornman, ʼn prokureur van Regslui vir Menseregte wat namens Slabbert optree, het aan Maroela Media gesê die saak gaan oor geslagsgelykheid, boeliegedrag en uiteindelik geweld teen vroue.

“Dit gaan oor individuele verantwoordbaarheid en om instellings waar toksies manlike chauvinisme bestaan, te bevraagteken en uit te daag.” Slabbert eis onder meer R100 000 vergoeding, onvoorwaardelike verskonings van al die jong mans en ingryping by die skool.

Slabbert was 17 jaar oud toe die voorval plaasgevind het. Sy is op ʼn WhatsApp-groep bygevoeg waar sy glo met geweld gedreig en vuil taal teen haar gebruik is.

Rapport het die naweek berig Slabbert is glo as ʼn “f****n t**f” uitgekryt en iemand het gesê: “Ek sal haar met die kop d***”. ʼn Skikking is vroeër met een van die seuns bereik. Die besonderhede daarvan is egter vertroulik.

Volgens Bornman het Slabbert uit vrees vir haar veiligheid haar matriekvakansie gekanselleer weens die voorval en het haar skoolwerk daaronder gely. “Die skool het van 2016 af die saak teengestaan en geweier om te erken dat enigiets verkeerds gedoen is of enige aanspreeklikheid vir die voorval te aanvaar. Noudat die saak in die media is, blyk dit hul posisie het verander en ons voer wel gesprek vir ʼn bevredigende uitkoms.”

Die skool het intussen in ʼn verklaring gesê hy distansieer hom geheel en al van die beweerde optrede van die seuns en enige vorm van geweld, veral teen vroue en kinders. “Hierdie soort gedrag word ten sterkste afgekeur. Die skool beskou die saak in ʼn baie ernstige lig en dit word op die hoogste vlak deur die beheerliggaam en bestuur hanteer, in oorleg met ʼn topregspan wat die skool aangestel het,” het Peregrine Joynt, adjunkhoof van dissipline, gesê.

“Die skool sal die saak op die regte tyd en forum op ʼn gepaste wyse hanteer met inagneming van al die tersaaklike feite. Ons beraadslaag reeds met die regspan van die klaer om ʼn opbouende pad vorentoe te bespreek. Besluite oor die volgende stappe sal geneem word met inagneming van hierdie en ander gesprekke.”

Die Gautengse departement van onderwys gaan intussen afgevaardigdes na die skool stuur om ondersoek in te stel na die kultuur by die skool. Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het aan JacarandaFM gesê sielkundiges sal die skool se gedragskode nagaan en die seuns oplei rakende geslagskwessies. Maroela Media kon ondanks verskeie pogings Mabona nie vir kommentaar bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Liks ·

Dis reg! Daai laaitjies moet reggeruk word, duidelik geen respek vir vrouens nie, hul ouers moet hulle doodskaam vir hulle.

Anoniem ·

Ek voel baie jammer vir die dogtertjie. Sy ruk alles uit verband. Dalk moet sy net wag dat die seuns haar kant van die storie ook vertel. Is sy regtig so onskuldig wat sy nou voorgee? En op 17 in ‘n kroeg rondhang???? As opvoeding by die ouers begin soos soveel kommentare sê, waar was die ouers toe.

Iemand ·

Ja Anoniem, blameer die meisie… tipies van iemand wat moreel toondoof is. Dis belaglik man! Wat maak dit saak of sy in n kroeg was of nie…dit was verkeerd dat 26 seuns haar gevloek en gedreig het. Niks wat sy gedoen het regverdig dit nie.

Se maar net ·

Die oorspronklike gedrag van die skool is niks nuut nie. Senior bestuur by skole het nog altyd hul kop soos ‘n volstruis in die sand gedruk en niks “gehoor, gesien of gesê” nie. Noudat daar ‘n saak aanhangig gemaak is, word daar gesê hulle distansieer hulself van sulke gedrag en dat die saak ondersoek word. Met hulle stilswye die eerste keer het hulle hulself reeds deel gemaak van die situasie. Hul stilswye in die eerste plek het hulle net die teenoorgestelde bewys. Stilswye kan ook as goedkeuring of aanvaarding gesien word.

Zukof ·

So, volgens jou stelling, as iemand wat geboellie word, en dan stilbly daaroor, keur dit dan so goed.

Jaco ·

Opvoeding begin in die ouerhuis, nie by die skool nie. Om die skool nou te roskam oor iets wat oud leerlinge teenoor n dame gedoen het is ook nie heeltemal geregverdig nie. Die skool se waardes is een van die bestes in die land maar kan nie blameer word vir leerlinge se opvoeding nie.

Ag asb tog ·

AGNEE hoe moet die skool nou verantwoordelikheid aanvaar vir wat seuns op ‘n WHATSAPP groep se? Een van die min skole met goeie dissipline, maar hulle vat nie nonsens van kabouters nie.

CSI ·

Seker ‘spog’ leerinstellings laat my dink aan hierdie liedtjie…

Little boxes on the hillside,
Little boxes made of ticky tacky,
Little boxes on the hillside,
Little boxes all the same.

And the people in the houses
All went to the university,
Where they were put in boxes
And they came out all the same,
And there’s doctors and lawyers,
And business executives,
And they’re all made out of ticky tacky
And they all look just the same.

Eps ·

Baie soortgelyke gebeutenisse het plaasgevind by baie skole. Dit was gelukkig of ongelukkig voor sosiale media waar die gespekke vir ewig gestoor kan word. Weereens wys dit mens hoe versigtig jy moet wees oor wat jy kommunikeer op sosiale media.

Selfone is Big Brother wat jou dop hou.

Penellope Jones ·

Ek stem 100% saam met jou stelling dat mense en hul selfone soos BB mense oral dophou, afneem, opneem, wat ookal.
Dis amper meer ‘n euwel as ‘n kommunikasie-toestel.

Ai tog! ·

Dit het 5 jaar terug gebeur dit het mos niks met die skool te doen nie, dis oudleerders.

D ·

Hulle was almal leerlinge van die skool toe dit gebeur het, dis hoe lank die saak al sloer. Die seuns het die skool betrokke gemaak toe hulle die skool se uniform as verskoning gebruik het om die meisie te viktimiseer.

snoefie ·

met ander woorde, dit gaan alweer daaroor om die wit man te verneder. as die dametjie bewus was van die affies tradisie en tog besluit het om die pet te dra is sy skuldig aan uittarting. BOELIE kom nie daarin nie. as sy nie op die groep was waarf die beledigings geplaas was nie, ploeg sy met iemand anders se ossies en is dit benewens wederregtelike gebruik ook net HOORSÊ.

Anoniem ·

Die seuns het haar doelbewus ‘n lid van die WhatsApp groep gemaak om haar te verneder. Dit is goed dat sy opstaan daarteen en die saak verder vat, dis nonsense dat hulle daarmee wegkom wat sy gedoen het was om ‘n pet op haar kop te sit en hulle reaksie was skandalig verby

MJ ·

Snoefie, jy is seker ook ‘n oud-Affie ne?
Kom ons redeneer met bietjie meer logika… As die tradisie kamstig so sterk is, hoekom laat ‘n Affie seun toe dat die meisie die hoed dra in die eerste plek? Maak dit nie meer sin dat hy dan eerder dadelik die hoed sou terug neem het en vir haar van sy sogenaamde kosbare tradisie vertel het nie? So duidelik is nie elke Affie geheg aan die simple tradisie nie, tog vind hulle dit goed om ‘n meisie aan te val oor hul eie nalatigheid? Kan jy nou dink hoe sulke seuns (nou mans) eendag gaan reageer as iemand regtig iets verkeerd teenoor hulle doen?

Jack Klok ·

“As die dametjie bewus was van die Affie tradisie” …. Twak. Tradisies het geen regsgeldiheid nie. Om tradisie te verhef tot ‘n norm getuig van hoogmoed en snobisme. As dit so belangrik is dat geen nie-Affie ‘n Affie pet mag dra nie moes hulle ondersoek gedoen het aan wie die pet behoort het en daardie persoon aangtree het omdat hy nalatig was om iemand wat nie daarop “geregtig” was sy pet te laat dra. Verder moet die skool al die pette inneem aan die einde van leeerlinge se skoolloopbane om hierdie tipe van kleinlikheid te voorkom. Beledigende gedrag en swak maniere teenoor ‘n jong dame pas nie by die beeld wat Affries graag wil uitdra nie.

Iemand ·

Nee Snoefie. Jy sit die pot mis. Dit gaan daaroor dat ‘n meisie geviktimiseer is. Dink jy dis OK om iemand te mishandel as hul jou “uitlok”? Sjoe. Weet jy wat ordentlike jong mans sou doen? Hul sou haar op ‘n beskaafde manier van hul tradisie ingelig het, en dan die saak daar gelaat het. Hul het nie die reg om haar so te vernede nie. Hul het nie die reg om haar met geweld te dreig of haar te beledig nie. As jy dink dis OK om mense te dreig en te vloek dan is daar fout met jou. Ek hoop dat jy nie jou vrou en kinders slaan en dreig nie.

Andries Visagie ·

Sulke goed gebeur te gereeld. Mense hoor net nie van als nie. Sogenaamde “spogskole”, waar almal “integriteit” en “karakter” preek, maar ego en oordrewe selfbeeld soveel kere bo ware waardes seëvier.

Jacobus ·

Toe ek die woorde “toksies manlike chauvinisme” lees toe weet ek die feministe is weer betrokke by die saak.

Affies moet nou seker na ‘n seun en dogter dubbel medium skool verander om die “toksies manlike chauvinisme” te beveg.

Ek dink ook toe sy die kep gedra het, het sy reaksie gesoek want nie eers ek as man sal dit doen nie uit respek vir die skool tradisie.

As mans respekteer ons vroue en behandel hulle as ons gelykes maar vrouens moet nie kla as mans hulle werklik en ek bedoel werklik as gelyke begin behandel nie.

Dalk moet ons as mans begin aandring dat die vroulike toksies feminisme ook onder skoot kom, dit bedreig tog die veiligheid van die manlike bevolking of hoe?

Rupert Ashford ·

Baie geluk, jy lees met insig en gebruik jou verstand.

Leser ·

Kyk, ek is ‘n vrou en ek kan die feministe nie verdra nie. Maar is dit moontlik dat sy dalk nie van die tradisie geweet het nie? Dit is self die eerste keer wat ek daarvan hoor?!
Dit voel ook maar vir my asof iemand nou net ‘n punt wil bewys. Dis eintlik half onnodig..
En R100 000?

GM ·

Zukof, lees asseblief ‘sê maar net’ se kommentaar ordentlik, voor jy iets sê wat nie sin maak nie. Hy/sy praat van die skool se stilswye. Daar is ‘n groot verskil tussen wat jy sê (Deur stil te bly as jy geboelie word, beteken dat jy die boelie se gedrag goedkeur) versus wat Zukof (Naamlik dat die skool wat net anderkant toe kyk, boeliegedrag indirek goedkeur). Die een wat geboelie word was dalk bang vir verdere intimidasie, of dalk te skaam om daaroor te praat. In die geval is sy geïgnoreer en het die skool gehoop die probleem gaan net weg.

Prof ·

Weet jy hoe lank n saak kan vat om voor te kom? Daar’s sake wat 5+ jaar vat.

MJ ·

As jy die berig mooi lees sal jy sien dat die skool reeds van 2016 af die saak teenstaan, wat beteken dat sy al in 2015/2016 stappe geneem het. En die Wet gee jou 3 jaar tyd om ‘n eis in te stel, niks daarmee fout nie.

D ·

Volgens ‘n Sondag koerant wou die skool haar prokureurs nie help om die betrokke leerlinge se inligting te kry sodat sy hulle kon dagvaar nie. Daarom moes sy eers die hof se toestemming kry om hulle per Whatsapp, in koerantadvertensies en op kennisgewingborde rondom die skool te dagvaar. Dit het ook bygedra tot die hoeveelheid tyd wat verby gegaan het.

Anti enkel geslag skole ·

Good for you, Me Slabbert!

Enkel geslag skole – veral sommige Affies Seuns- is niks gewoond nie. Dis net ongesond om enkel medium skole te he. Punt. Kweek distorted waardes

Koos ·

Belaglik man, as die nie n vrou was nie, sou dit nie eers nuus gewees het nie!
Wag, as dit n seun was, sou hy dit nie gedoen het nie!!!
Respekteer iemand se tradisies! Maak nie saak WIE jy is nie!

D ·

As jy die storie in die media gevolg het sou jy geweet het dat die meisie saam met oud-leerders van Affies by die partytjie was toe sy die pet aangehad het. As dit dan so ‘n vreeslike tradisie is hoekom het haar partytjie metgeselle haar nie daarop gewys nie? Alhoewel die whatsapp groep uit meer as 90 lede bestaan het dagvaar slegs 25 van die jongmanne omdat hulle haar met vuiltaal en geweld gedreig het.

Ore ·

Alles oor ‘n pet? Ag asseblief,daar is meer belangrike kwessies in SA as ‘n pet.”small things ammuses small minds” Kom nou Affies,julle is seker groter as dit? Waarom die dame so vloek en tekere gaan? Gister op RSG geluister na SMSe wat deur leerders gestuur is,sies,iemand moet julle monde uitspoel en aandag aan julle opvoeding gee.

Jaco ·

Ore, opvoeding begin in en by die ouerhuis, nie by die skool nie

christa ·

Blommie ek stem saam met jou. Laat my gou ‘n staaltjie vertel wat ek jare gele self gehoor en aanskou het. Ons was in die Kaap in ‘n dubbelverdieping bus en ‘n vrou het ingeklim in die oorvol bus en in die gang gestaan toe sy kla en skel omrede mans nie vir dames opstaan nie. Die man se toe, as jy vloek soos ‘n man, rook soos ‘n man, jou gedra soos ‘n man, dan staan jy soos ‘n man. Dit het my nogal laat nadink oor ons vroue geslag

Ore ·

Jaco,jy is 100% reg,dit is my bedoeling.Is sekere skole se leerders verhowe bo ander?

Disselboom ·

Dis bietjie kommerwekkend dat dit so groot groep Affie-seuns was, asook die skerpte van die geskel in die WhatsApp-boodskappe; en die onbegrip dat as jy jou so gedra soos van hierdie seuns, jy blykbaar baie trots is op die eer van die pet dra, terwyl jy jou skool verneder en in die skande steek met jou gedrag? Die pet-draertjie het nie respek vir die Affie-tradisies nie, reg genoeg, maar die leerders se gedrag laat dit lyk of “die skool” dalk “waardes” het, maar dat dit in “die skool” sit en nie in sy mense nie – weer eens: dit was nie net een of twee meneertjies wat in die WhatsApp-groep was nie, en daar is nog nie getuienis dat hulle mekaar vermaan het tot beter maniere nie.

Blondie ·

As iemand my vloek en beledig oor ‘n hoed, sou ek ook die gereg nader. Dis geestelikke mishandeling.

Muurprop ·

Nee “Se maar net”. Stilswye kan nooit gesien word as goedkeuring of aanvaarding nie. Daar kan gaan postitiewe of negatiewe afleiding van ‘n persoon se stilswye gemaak wors nie. Daar is reeds regspraak op die punt S v Thebus. Waarna jy probeer verwys is skulderkennede handelinge, en van nooit in die omvang van stilswye nie. Gaan lees ‘n boek.

ai ·

En ja… wil ek byvoeg – dis asof niemand wat die dame hier oordeel enigsins voel dat die taalgebruik van die ou rammetjies totaal onaanvaarbaar is nie. Hulle mag haar maar slegsê soos hul wil omdat sy gedurf het om die heilige petjie te dra.

DakWaaier ·

Niemand keur die seuns se gedrag goed. As hul die meisie uitgetrap het omdat sy iets gedoen wat sy nie mag nie, of om hul tradisies te beskerm dan is daar niks daarmee fout nie. As die seuns haar gedreig het of hul mekaar geroep het om haar te dreig met geweld, dan is dit beslis onaanvaarbaar. Hoe dit ookal sy, die punt wat hier gemaak word, is dat as sy so gekrenk was deur die hele situasie sou sy dit lankal openbaar het en dit kon intern opgelos wees deur haarself, haar ouers, die seuns en die skool. Deur so lank te wag en dan summier regstappe in stel is te toevallig om werklik gewig te dra. Die bedrag aangemaan is ook belaglik onder andere. Dit blyk te veel na ‘n geldgryp storie op die advies van ‘n ambulans jagende “cow-boy” regsadviseur.

Sarel ·

Kinders se gedrag oor die algemeen swak vandag. Gaan kyk na die ouers

Sarel ·

Kinders oor die algemeen disrespekvol vandag. Gaan kyk na hul ouers

Tanya de Kock ·

Vandag se mans het net absoluut geen respek vir vrouens nie. Dit begin by die ouer huise, hy sien hoe sy pa sy ma behandel en doen dan dieselfde. Ek skaam my vir die mans van vandag. Hulle wil die koning in die huis wees maar stel geen voorbeeld nie en verwag dan respek. Siestog respek word verdien. Dis omdat daar ook nie meer ‘n army is wat hulle in regte mans verander en dissipliene leer nie. Die generasie mans van vandag is regtig ‘n disgrace. Ek sien al in die Hoërskole hoe hulle meisies behandel, dis skokkend. Ek sit met 2 dogters en sidder om te dink waar hulle eendag ‘n ordentlike man sal kry wat hulle met respek behandel. Die mans generasie het iewers hulle pad duister geraak

Jacobus ·

Tanya, dit is maklik; vra die 3rd generasie Feministe die vraag.

Vrouens wil tot vervelens toe gelyk wees aan mans; ons as mans het geen probleem daarmee, ons is tog in ‘n moderne tydperk en erken die vrouens se reg tot vervulling, maar ons trek ‘n streep wanneer vrouens meer as gelyk wil wees; onthou u nog die refrein uit die boek Animal Farm “four legs good, two legs better”.

U het ‘n punt dat dissipline by die deur uit is maar moet nie net die ouers beskuldig nie, die wetgewing van vandag, finansiële en sosiale omgewing en die liberales/sosialiste/Politieke Korrekte’s ens. het baie te doen met die swak dissipline.

Ek was in die Weermag gewees met diensplig en daar was baie ongure karakters ook in gewees wat nie eens die Weermag kom regruk.

Hoe meisies op skool behandel word het ook baie met die gedrag van die meisie te doen; as sy haar uitgee vir ‘n “Chappie” sal sy gekou word soos een.

U sit met dogters en wonder waar hulle goeie mans gaan kry, weet u hoe baie ouers sit met seuns en wonder waar hulle goeie vrouens gaan kry.

Die meisies van vandag is glad nie skaam of onskuldig nie, dit is ‘n teken van ons tyd so ook met die seuns.

U is ook reg dat die mans die pad byster geraak het, maar so het die vrouens ook maar die pad byster geraak en JA, respek word verdien.

Annie ·

Die vaders stel die voorbeeld en die seuns volg getrou in hulle voorspoed. Dis ‘n bose kringloop wat nooit eindig nie! Praat van ondervinding

JP ·

Dit verbaas my dat so baie van julle “manne” okay is met dié.

Julle het duidelik nie die ander berigte gelees van wat spesifiek die meisiekind genoem is en wat hulle haar alles gesê het op daai groep nie.

Onder geen omstandighede, GEEN kan enige iemand die afjakkery teenoor dogter, seun of medemens regverdig nie.

Ek sê jou wat, ek en my pêlle gaan ‘n groep stig waarop jou naam gesit word omdat jy nie op aandag gestaan het toe jy die laaste keer die volkslied gehoor het nie. Wat…. ? jy het gebreek met tradisie en as gevolg daarvan verdien jy die volgende! Ons gaan jou naam in die groep inboender of jy nou daar wil wees of nie sodat jy elke slegte dingetjie wat ons van jou wil sê kan lees. Ons wil jou name noem, beledig en dreig so sit nou stil, bly stil en vat dit soos dit kom moet net nie durf iets doen daaromtrent nie.

Ek wet jou jy is al klaar de hel in vir my net omdat ek dit noem….

Nee wat, gee hulle almal gas meisiekind, die wiel draai.

M ·

Dis onaanvaarbare gedrag van die seuns…. skei dit van die skool…. MAAR die dame kan mos die groep verlaat en hul ‘blok’ …. maar sy bly op die groep en lees als om hul later hof toe sleep en geld te eis… sjoe… :(

OP ·

So sy moes “leave” en “block” sodat die outjies se dade nie gewys word nie? Nope, sy’s 100% reg, nou moet hulle die lot tough manne se fotos ook publiseer.

Thys ·

Haai Tanya, ek stem nie saam met jou nie. Mans moet deesdae “mans” wees wanneer die inbrekers instorm en net daarna mag hulle nie meer “mans” wees nie, want dan neem hulle nie ander se gevoelens in ag nie. Wat moet ons dan nou wees? Net soos Moeders in die huis moet die Pa’s ook meer as een rol vervul. En weet jy wat? Baie van ons kry dit reg. Ek hanteer my vrou, my ma, my suster en alle vroue om my met die nodige respek en agting. Dit geld vir die mans in my vriendekring en familie ook. Ja, daar is altyd die uitsondering, maar moet asseblief nie veralgemeen nie. Die seuns het nie reg opgetree nie, maar nou skaam jy jou vir ALLE mans.

Slimmie ·

In elke skool kry mens sekere tipe kinders, die varke, die baie oulikes, die vettes die mooies. Elke mens kan self besluit op watter kinder hy/sy wil fokus.

Belinda ·

Tot 3 jaar gelede get ek nie geweet van doe sogenaamde Affie tradisie nie, en het ek in n gesprek oor die pet dit te goe gekom. Hoekom het dus Affie eerstens vir haar die pet gage of toegelaat day sy dit dra as dit dan so ‘n erge sonde is? Die dra/nie dra van ‘n pet is vir die Affie seuns van meer belang as hoe hulle optree teen ‘n ander person. Dis is jammer dat ‘n dooie voorwer verhef word tot ‘n status bo ‘n men’s. Will my nogal last dink gaan ‘n goue kalf en Israeliete

AgFoetsek ·

Hoe weet jy iemand kom van Affies af? Hy sal dit vir jou sê…. lmga

:-)

tradisies ·

Ek is bly dat die seuns trots op hulle pette en skooldrag is – hou so aan en vergeet van die meisie wat so aandag soek. Ek is ook trots dat julle trots op julle tradisies is. Baie skole en universiteite het tradisies wat geeer moet word.

Snowball ·

Hierdie seuns het nie tradisie beskerm nie; hulle het inteendeel glad nie enige iets verpersoonlik of bewaar van dit waarvoor hierdie skool staan nie; hulle gedrag het egter afbreuk gemaak aan ‘n pragtige skool met baie goeie waardes. Wat ‘n jammerte!!

PJC ·

Hierdie onbesonne optrede is ń groot bonus vir die Gautengse departement van onderwys. Ene mnr. Lesufi kan nie wag om betrokke te raak by die skool en sy eie agenda op hulle af te dwing nie. Ek hoop alle betrokkenes besef dit terdeë.

Jack Klok ·

Baie ware woorde.
En om te spog dat “tradisies” jou die reg gee is nou eers onnosel. Dis water op Lesufi se meul. Hy gaan julle “grind”.

Hennie ·

Heeltemal verkeerd en opgeblaas om te meen hulle het ‘n “topregspan” aangestel. Dis gladnie meetbaar hoe “top” hulle regspan is nie, die term word slegs gebruik om krag te gee daaraan dat Affies nou skielik wakker skrik. Baie ander lede wat ‘n regspan kan beman, kan ook “top” wees, en watter span is nou “meer top”? Belaglik!

SêNet ·

Ek dink hierdie hele stories is belaglik. Die seuns was verkeerd, hulle is gestraf deur die skool, maar vir die dame en haar ouers was dit nie genoeg nie. Wat die seuns buite skool tyd doen het die skool nie beheer oor nie.

CG ·

Ek is verstom dat mense die seuns se gedrag probeer regverdig. Van waar die arrogansie om jou tradisie of reël op buitestaanders te probeer afdwing? Van eaar die arrogansie dat “manne” dink hulle so op ‘n meisie kan vloek. As jy “man” genoeg is om dit te doen, wees dan man genoeh om die gevolge te dra. Tragies dat Afrikaanse onderwys nou weer gaan pakkry oor sulke arrogansie. Hoop hierdie “manne” word goed in die bek geruk! Ons het sulke gemors regtig nie nodig nie.

Jacobus ·

Niemand probeer die seuns se gedrag regverdig nie, al kom dit dalk vir u so voor. Ek dink almal is voorstanders dat hulle gedissiplineer word maar nie ten koste van hulle toekoms nie.

Die tradisie word geregverdig en daar is niks mee verkeerd nie, almal het tradisies waaraan hulle vasklou en wat hulle identiteit is.

Landswette kan gesien word as ‘n “tradisie of reël”; is dit arrogant om dit op buitestaanders af te dwing,

As tradisies gerespekteer word sal dit ook nie nodig wees om dit af te dwing nie.

Kon die seuns anders opgetree het, ek glo ons almal dink so maar ons weet nie werklik wat die omstandighede was nie.

Ek het al genoem dat ek die motief agter die storie wil weet, dalk is dit soos u sê om Afrikaanse onderwys pak te gee, dit is die maklikste en vinnigste manier om ‘n Afrikaanse skool te verengels deur te sê dat jy die swak dissipline en wit Afrikaanse tradisies wat uitsluiting bevorder wil verbreek.

2sent ·

Kan nie glo mense probeer sulke gedrag regverdig nie. Klink amper soos n “firepool” storie. Haal my hoed af vir die meisie.

Koos ·

Affies se toon man. Hulle het hul tradisies maar is die gedreig en vloekery ook deel daarvan?

Karkas ·

Die skool het wel die seuns 3 jaar gelede gestraf so vêr as wat die onderwys wetgewing toelaat. Van die seuns kon nie die skool klok lui op hul laaste dag nie en enige persoon wat die Affie tradisie ken sal weet presies hóé ‘n groot straf dit vir hom moes wees. Dis absoluut vergelding en wraak wat hier gesoek word en nie om reg te laat geskied nie. Die seuns wat nou in Affies is verdien nie hierdie sensasionele snert storm wat nou midde in hul eksamen om hul woed nie. Hierdie seuns se respek en maniere teenoor verál vrouens is ongeëwenaar elders. Dis ‘n strategiese, slim beplande media aanval op ‘n Afrikaanse baken en niks anders nie. Hierdie jong dame is nou ‘n voortvarende regstudent wat vir haarself wil naam maak en gebruik nou huidige sensitiewe kwessies om haar doel te bereik. Vergewis jouself van die feite vóór jy jou opinie lewer oor sensasionele halfgebakte waarhede.

Mac ·

Stem saam met CG as jy mans genoeg is om n meisie so te vloek wees mans genoeg om die gevolge te dra

Abraham ·

As jy mans genoeg is om n seunskool se tradiesies te bespot moet jy dalk mans genoeg wees om deur daai manne verkeineer te word. Sonder haar opsetlike uittarting sou daar geen van hierdie gehuilery van haar gewees het nie.

OP ·

@Abraham, en wat van die tradisie om vrouens te respekteer? SO as een van latte haar fisies geslaan het sou dit ook met jou OKAY wees, omdat sy hul “getart” het. Snaaks dat die Affies wat saam haar was, niks gese of gedoen het oor dié “tradisie” nie.

Karin ·

So @abraham, as iets teen jou “tradisie” is, dan mag jy maar skel en dreig? Waaroor moan die afrikaners dat as die regering taal en monumente wil vervang, dis dán ook teen hul tradisie, en volgens jou, is dit 100% reg.

Objektief ·

Interessant hoe mense se reaksie beinvloed en moontlik gemanipuleer word deur hoe ‘n saak gestel word in die media. (Gedryf deur sekere partye se agenda??)

Daar is drie kante aan hierdie saak en ek wonder wat sal die kommentaar wees as die ander kant(e) ook gestel word.

Anoniem Lafaart ·

Lekker gryp die Afrikaners mekaar aan die strot en raak verstrengel in die detail. Op ‘n afstand staan iemand sy lippe en aflek – sy genot kom van die wete dat niemand hom sien nie of besef dat hulle almal gaan verloor nie, maak nie saak aan watter kant hulle baklei nie. Gaan lees weer PJC se kommentaar – hy kop dit.

Erika ·

Jy behandel ander soos wat jy self behandel wil word Jy maak keuses -Jy is Eerste n Mens bo man/vrou ongeag. As dit dit is wat AFFIES se kultuur verteenwoordig.Om n vrou so te behandel om jou Masculinity te bewys meneertjie.. ..Die ou patriagale Generasie Sommiges is bekend daarvoor dat hulle nie die vrou as gelyk beskou nie -Sy moet mos haar plek ken ..en vrou probeer domineer..Hulle is tipies bedreig as n vrou iets kan doen wat net n man in die ou dae mag gedoen het….Houtwerk ou antieke kas pragtig restoreer en nog steeds vrou is gelukkig getroud met haar man wat haar liefhet en repekteer

Santjie ·

Hoekom HET sy dan die pet gedra as dit al vir jare so is dat slegs die skoliere en oudskoliere die pette dra? Hoekom ook nie dadelik met dagvaarding begin toe die insident plaasgevind het nie?….. maar dit maak ook nie dit wat die seuns gedoen het reg nie. Dit kon anders hanteer word.

D ·

As jy die storie in die media gevolg het sou jy geweet het dat nadat haar pa die betrokke skoolhoof gaan sien het om hulp in die aangeleentheid te vra en toe afgejak is omdat “niemand hom gaan vertel hoe om sy skool te bestuur nie” het sy wel dadelik begin met ‘n hofsaak maar die skool wou haar prokureurs nie help om die inligting van die betrokke seuns te kry om hulle te dagvaar nie. Daarom moes sy eers die hof se toestemming kry om hulle per Whatsapp, in koerantadvertensies en op kennisgewingborde rondom die skool te dagvaar. Verder het sy die “trotse Affiespet” by ’n partytjie sáám met oud-Affies gedra. As dit so ‘n vreeslike tradisie is hoekom het nie een van hulle haar daarop gewys nie? Al ooit gewonder waar sy die pet gekry het om daarmee by die partytjie gesien te word?

John Ellis ·

My oudeste Seun graad10 is die vierde generasie op Affies en ek moet se ek kry baie skaam vandag. Wat hierdie Seuns gese het op die die whatsapp groep is walglik en ek is jammer ek noem hulle NIE mede Affies NIE ! want hulle toon geen respek vir vrouens nie ! Ek vra sommer namens hulle onverskoning vir hulle opterede teenoor die Dame dit is baie teleurstelled. Ek stem saam met baie van die kommentaar hier bo dat daar meer as een kant van n saak is maar ek is jammer jy sal om geen omstandighede so met n vrou praat NIE ! .Ek stem ook saam respek en gedrag teenoor jou mede mens word by die huis geleer en dit is jammer dat Affies se naam deur die modder gesleep word.

Fanie ·

Respekteer n vrou en hanteer n saak op beskaafde waardes die manier wat hulle dit op hanteer het het maar net bewys dat hulle self geen menslike waardes het nie en die tradiesie van die pet spreek boekdele

Kryger ·

Ek is self ‘n oud leerling aan Affies en my persepsie is juis dat seuns van seun skole meisies met meer respek behandel – dit geld vir Boys High, Paarl Boys and Grey. Hierdie was duidelik ‘n vrot kol en hulle is ordentelik gestraf.
Dit is duidelik dat die onderwys department hulle tentakels by Affies wil inkry en ons Afrikaners speel heel in hul kraal. Mense, hou tog op om Beeld en Rapport te lees – hulle vat julle vir ‘n aap.

André ·

Ek self ook our Affie, my seun het nou daar begin. Ek stem saam met jou siening.

Saarkie ·

Ek kan nie glo seuns tree so op nie! Dis vieslik en as my seun by so iets betrokke is, sal hy ernstig gestraf word. Dis vir my hartseer hoe die hele skool en hul kultuur nou sleggemaak word.

Mrs H ·

So telleurstellend dat ons in vandag se tye hierdie aan ons eie mense doen in ons minderheid. So onnodig, ongevraagd, en onvolwasse sonder insig of wysheid hanteer wat ons nie kan bekostig nie. Daar word so mooi van ons gevra om dinge buite die howe te skik. Wat nog meer telleurstellend is dat ons met volwassenes en ouers rondom hierdie kinders sit, en die hof as ware oplossing vind?! Sekerlik is daar meer wysheid in ons bestaan sisteem. Ek is self n ouer en glad nie blind vir my kroos se foute en te kort kominge nie, want hulle is nog immers “people in the making”, of as jy wil “work in progress”…. Nie volmaak, nie ten volle ontwikkel, nie ervare met geensins enigge iets nie. Hierdie is n groot leer kurwe van mens wees vir kinders, en ouers moet dit so hanteer. Hof toe hardloop asof die doringtjies gaan val?! Hier is waar hierdie kinders ware praktiese betekenis van deurnis, bedagsaam, aanvaarding, tolleransie, inagneming, vriendelikheid ens. moet leer en verstaan en die redes hoekom dit belangrik is. Om van howe gebruik te maak, leer ons hulle tog net die kultuur van “ek sal jou kry”. Dis n bitter kultuur, senutergend, negatief en n ongesonde omgewing van blootstelling, veral vir jong mensies wat nog gevorm en opgebou moet word. Seuns kan n meer gepaste leer kurwe en straf deur werk, wat meer effektief en langdurigge positiewe verskil sal maak as die volwassenes en ouers rondom die kinders dit wyser hanteer.

Johann du Toit ·

Ek besef haar ontsteltenis gaan oor geslagsgelykheid, boelie en wreedheid teenoor vroue maar ek kan nie help om te voel sy staan nie onskuldig in die onsmaaklike gebeurtenis nie. Het die meisie regtig gedink ‘n skoolpet sal aandag trek op ‘n tienerpartytjie? Tensy sy wou spog met ‘n kêrel in die spesifieke skool of was sy daarop uit om reaksie uit te lok. Ek sien geen ander redes waarom sy ‘n skoolpet as modebykomstigheid sou wou dra nie. Sy is ‘n pragtige meisie en daarom weet ek glad nie hoe sy kon dink die skoolpet (ontwerp, kleur en tipe materiaal) komplimenteer haar voorkoms of haar partytjiedrag nie.
Ek gee toe pette bly in die mode. Modebewustes dra dit saam met jeans en deursigtige toppies vir ekstra woema . Daar is ‘n verskeidenheid ontwerpe, materiale en kleure om van te kies maar nie een van hulle lyk naastenby soos ‘n oudmodiese skoolpet nie. Ek probeer nie die Affies-pet afkraak nie want as deel van ‘n uniform werk dit goed maar beslis nie as ‘n mode-bykomstigheid nie.

Casper Labuschagne ·

Belaglik. Sy het die pet gedra waarop sy nie geregtig was nie en toe word sy so verontwaardig deur die teistering dat sy haar vakansie moes kanselleer. Immer die slagoffer dagvaar nou die ‘oortreders’ terwyl sy klaarblyklik self niks ooit verkeerd gedoen het nie. Dit is ‘n ou tradisie dat instellings hul simbole (soos pette) sal verdedig.

Sou sy maar net verskoning gevra het, heel in die begin, het dit dalk nooit sover gevorder nie. Het sy ook verskoning gevra en versoek dat die aangeleentheid agter almal geplaas word, of was sy altyd reg en maar nie die onskuldige slagoffer? Want al wen sy hierdie hofsaak, sal sy nie wat teen haar gesê word ongedaan maak nie, inteendeel…

Oom Kalahari ·

Moenie ‘n vooruitstrewende Skool met eeue lange waardes kom benadeel vir hierdie tipes van aandag soekery nie. Die seuns se optredes was dalk foutiewelik en kras, maar so ook jou uitdagende houding. Plaas dit agter jul en beweeg aan en stop hierdie feminisme ego.

Anner Anton ·

Klink vir my soos dieselfde tipe bedorwe brokkies wat elke jaar op Plett gaan uithang met Pappie se geld en op fotos poseer soos ou suipers op hul “matriek hool partytjie”

Buffel ·

Ja nee Anton daar som jy hom reg op. Lewe in ‘n “soap opera” met ‘n nuwe mikrodrama wat elke 15 min afspeel……..en dis al haar drie na die ongelooflike traumatiese ervaring.

Anner Anton ·

Ai waar is die ou SAW wanneer ons hom die meeste nodig het?

F. T. ·

Interessant dat die opskrif is ‘Jong mans hof toe gesleep’, en nie ‘Jong vrou verneder’ nie.

Robert ·

Ek sou graag wou hoor dat die dametjie uitgestyg het en na drie jaar stewig oppad is om haar graad te verwerf, of moet een of ander feministiese ingryping haar rekeninge vir die res van haar lewe vir haar betaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.