Jong mans in hof oor Levubu-plaasmoord

Louis en Ina Cloete (Foto: Twitter)

Twee jong mans, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, het Maandag in die landdroshof op Vuwani verskyn in verband met die onlangse moord op Louis en Ina Cloete op hul plaas in die omgewing van Levubu in Limpopo.

Die bejaarde egpaar is Woensdagaand in hul plaashuis oorval en vasgebind voordat hul plaashuis aan die brand gesteek is. Die egpaar se verbrande liggame is later in die huis ontdek.

Engetelo Advance Sambo en Mukhethwa Goodman Magoma het Maandag in die beskuldigdebank verskyn voordat die saak tot volgende maand uitgestel is vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê Sambo en Magoma is die dag ná die moord by hul huis in die Hasani-nedersetting opgespoor en in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoeke wys dat die beskuldigdes na bewering verskeie items, waaronder vuurwapens, tydens die voorval gesteel en in die Cloetes se voertuig gelaai het. Hulle het toe die huis aan die brand gesteek voordat hulle op die vlug geslaan het.

’n Verbyganger het egter glo die twee vreemdelinge op hul vlugtog gewaar. “Die twee was op die punt om die perseel in die boer se voertuig te verlaat, maar het besef hulle is raakgesien. Hulle het toe te voet van die toneel gevlug en die voertuig vol gesteelde goedere agtergelaat.”

Maroela Media het vroeër berig ’n plaaslike buurtwaglid het rook in die lug naby die egpaar se plaas gewaar. Hy het na die plaas gery en die huis in vlamme aangetref. Die egpaar se liggame is vasgebind in die huis gevind nadat die vlamme geblus is.

Fanie Havinga, ondervoorsitter van TLU SA Noord en voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou-unie, sê verskeie boere en ander belanghebbendes het die hofverskyning bygewoon “as blyk van meelewing en ordelike protes teen plaasmoord”.

“Ons sal beslis poog om getuienis aan te bied tydens ’n moontlike borgtogaansoek om te verhoed dat hulle enigsins vrygelaat word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Die boere wat die kos op ons tafels sit word wreedaardig vermoor en dit is totaal onaanvaarbaar. Wat gaan gesê word as boere die wat hul aanval en wreed vermoor dieselfde hanteer. Dit sal nooit ongesiens verbygaan of deur die regering ontken word nie.

Harley Davidson ·

Ons het te beskaaf geword die boere verloor hierdie oorlog ek glo nog steeds ons moet onself beskerm met die nodige geweld ongeag die nagevolge.

Wondermaarnet ·

Op hul ouderdom weet hulle wat is reg en verkeerd. Bring terug die doodstraf. Dit sal beslis die moordsyfer laat daal.

Surfer ·

Weet jy hoeveel stemme gaan die ANC dan verloor agv die hoeveelheid wat die straf gaan kry. Tot die VP sal dan wen. LoL.

Dries ·

Advance en Goodman? Hulle ouers het hoë verwagtinge gehad.

Kaal Keiser ·

As hul net kan besef deur te moor en te vergeld gaan niks aan hul situasie doen nie – dit gaan eintlik net erger wees…

Papsak ·

Bring terug doodstraf hoekom nie laat hulle les leer waarvoor is hulle bang vir doodstraf

maruis ·

Ek pleit dat hierdie gemors deur ‘n BUNDU hof verhoor word – asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.