Jong mans weer groep huisrowers af

Die verdagte wat tydens die aanval aangekeer is. Foto: SAPD

Die verdagte wat tydens die aanval aangekeer is. Foto: SAPD

ʼn 24-jarige huiseienaar en sy vriend het Dinsdagaand ʼn aanval deur sewe gewapende mans by hul woonstel in Bloemfontein afgeweer.

“Die man en sy vriend was alleen in hul woonstel in Henrystraat,” het kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, Donderdag gesê. “Hulle was omstreeks 20:30 besig om televisie te kyk toe die groep mans met klapmusse en messe by die woonstel ingestorm het.”

Van die verdagtes het die mans met messe aangehou terwyl die res die huis geplunder het. ʼn Geveg het tussen die slagoffers en die verdagtes uitgebreek. “Die huiseienaar het om hulp geroep en sy bure het reageer.”

Een verdagte is aangekeer en aangehou totdat die polisie by die toneel opgedaag het. Die res van die groep kon daarin slaag om met twee selfone en ʼn skootrekenaar te ontsnap.

Die verdagte (26) is na die Parkweg-polisiestasie geneem. Hy moet na verwagting Vrydag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van huisroof.

Die polisie is warm op die spoor van die verdagtes wat ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wynand ·

Ek wonder hoekom dink die swart mense steeds dat hulle ‘n slag sal slaan om by witmense te roof. Meeste van ons kan nie eens meer versekering bekostig nie.

Knersus D ·

Geldige punt Wynand. Kom ons kyk hoe lank jou kommentaar gaan verskyn voor Maroela dit afhaal

Peet Schabort ·

Theresa, die verhouding 7:2 is bykans korrek. Moes eintlik 8:2 gewees het. Dis mos hul modus operandi om ten minste ses te wees. Dit is ‘n span wat dan kan roof en moor.

Theresa ·

My kommentaar is hier OOK nie geplaas nie!! Amazing – En ek vloek nie eers nie ??!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa

Jou kommentaar verskyn wel op hierdie berig? Ons het nie jou kommentaar verwyder nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa,

Volgens die tegniese span is dit moontlik dat die webwerf nie vinnig genoeg “cache” nie. As jy dus nie jou kommentaar sien direk nadat jy dit gepubliseer het nie, druk gerus die F5-knoppie, dan sal hy die bladsy herlaai.

Dankie vir jou aktiewe deelname op Maroela, ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam!
Groetnis
Suné

scalla ·

laat die een wat gevang is sing soos n kannarie en sy comrades uitbring, of weet die gereg nie hoe om dit te doen nie?

KEith Barnard ·

Dit is hul manier as jy ontspan dan slaan hul toe tipies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.