Jong mense nié die verlore generasie, sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa aan die woord tydens Jeugdag.

Jong mense in Suid-Afrika is nie die verlore generasie soos sommiges beweer nie, het pres. Cyril Ramaphosa Sondag gesê.

“Die land se jong mense is ver van die verlore generasie. Hulle woon in ’n land met enorme geleenthede en die regering help hulle om van dié geleenthede gebruik te maak,” het Ramaphosa tydens die Jeugdagviering by die Peter Mokaba-krieketklub in Polokwane in Limpopo gesê.

“Ten spyte van moeilikhede en daaglikse probleme glo baie jongmense dat hulle nog ’n plek onder die Suid-Afrikaanse son het.”

“Om jou potensiaal te bereik, begin by opvoeding. Die regering is op ’n pad om die ekonomie te laat herleef in ʼn tyd van groot tegnologiese vooruitgang. Jong mense benodig gereedskap vir hierdie voorskotte. Ons prioritiseer dus wetenskap, tegnologie, die kunste en wiskunde in ons onderwysstelsel,” het die president in sy toespraak gesê.

Volgens Ramaphosa bly werkloosheid onder die jeug steeds ’n nasionale krisis. Daarom het hy ’n beroep op die private sektor gedoen om jong mense geleenthede in sakeondernemings te gee. Hy het beklemtoon dat werkervaring nie ’n voorvereiste behoort te wees vir diegene wat die arbeidsmark betree nie.

Deur Jeugdag en Junie as maand van die jeug te vier bring Suid-Afrika hulde aan die jeugaktiviste tydens die destydse Soweto-opstande, spesifiek dié een van 16 Junie 1976 teen die verpligte onderrig van Afrikaans in skole.

“[Dié jeugaktiviste] was dapper en moedig en het verklaar dat hulle die land vry wou sien. Die nuwe geslag jeugdiges het die stryd om ekonomiese vryheid, toegang tot grond en gratis onderwys aangewend. Die jeug is ons nasionale gewete,” het Ramaphosa gesê.

Die president het in sy toespraak gesê dat hy voor die afgelope verkiesing die geleentheid gekry het om met verskeie jong mense te gesels – jong mense wat moedeloos is oor die gebrek aan werksgeleenthede in die land.

“Hierdie stories herinner ʼn mens aan die harde werklikheid dat die sosiale en ekonomiese marginalisering van die jeug ʼn vlek op ons land se gewete is. Te midde daarvan het ek ook stemme van hoop gehoor – dié van jong mense wat teen wil en dank ʼn sukses [van hul lewens] maak en hul talente inspan om vir hulle ʼn staanplek te verseker,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa het ook na positiewe stories verwys wat hy teëgekom het. Hy het gesê dié stories is ’n herinnering daaraan dat “die vlam wat in 1976 helder in die jeug gebrand het, nie verdof het nie. Dit brand voort. As ’n nasie moet ons daartoe meewerk dat dit al helderder en helderder skyn.”

Verskeie ministers het dié Jeugdagviering bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

41 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sieg

Shame en hoe gaan jy dit verbeter met jou bose planne?

Johan

Om Afrikaans destyds af te dwing was ‘n groot fout. Maar deesdae word Engels op ons afgedwing. Dít is óók verkeerd….

Keelvol

Mnr die president word wakker.
Die vlam brand al hoër vir julle maar dit is nie regtig ‘n vlam van hoop nie maar infrastruktuur wat in vlamme opgaan.
Meskien is dit julle manier van werkskepping. Alles wat afbrand moet weer herbou word.
Party maak vuur en ander bou.
Probleem is net die geld om te herbou en nuut te bou het is ‘n paar mense se sakke beland.

Andreas

Cyril, lees gerus hierdie boodskap wat dr. Drik Hermann verlede Dinsdag vir die volgende generasie Afrikaanssprekendes gehad het, maar dit lyk my jy dit reeds gelees en toe daaruit inspirasie vir jou toespraak geput:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/tegnologie-skep-hoop-vir-die-volgende-generasie-afrikaanssprekendes/

Bartel Zaayman

Wonder waar pas die jeug in op Soweto dag.
Waar is ons arme vrouens en kinders wat in die konsentrasie kampe moes oorleef. Kom ons herdenk hulle geskiedenis ook