Jong mense op Gauteng-plaas aangeval

Argieffoto

ʼn Man is erg aangerand en met ʼn steekwond in sy rug gelaat nadat drie aanvallers op ʼn plaas in Hekpoort in Gauteng toegeslaan het.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Donderdagaand net ná middernag plaasgevind. “Daar was twee mans en ʼn vrou. Hulle het stemme buite in die erf gehoor. Hulle het op hulle geskree en dit het stil geraak; hulle het gedink die verdagtes het gevlug,” het Masondo gesê.

Die slagoffers het hierna ewe skielik gehoor hoe begin die verdagtes die veiligheidshek afbreek en dadelik die paniekknoppie gedruk. Volgens hom is dit nog onduidelik waarmee die verdagtes die deur afgebreek het.

“Drie verdagtes het die huis ingekom. Een slagoffer kon daarin slaag om weg te hardloop. Die ander man is erg aangerand en in die rug gesteek met ʼn mes. Hulle wou die vrou verkrag, maar gelukkig het beamptes van die veiligheidsmaatskappy daar aangekom en die verdagtes het op die vlug geslaan met selfone,” het Masondo gesê.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 21-jarige man het erge beserings aan sy gesig opgedoen, asook ʼn steekwond in sy rug. “Die vrou is aangerand, maar het geen sigbare beserings nie. Hy het probeer om haar te verkrag, maar nie daarin geslaag nie,” het Magoro gesê.

Volgens Magoro is die man in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal vervoer.

Masondo het gesê die polisie ondersoek sake van huisroof, poging tot verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hettie ·

Hoeveel aanvaller word gevang na plaas aanvalle ?
Hulle word nie gesoek nie

Cvh ·

Ja want hulle soek eerder die mense wat mense by KFC slaan…….

Amore ·

Janee maar almal kerm nog oor apartheid. Wanneer gaan hierdie goed aangespreek word? Apartheid word nou al vir 24 jaar aangespreek, maar plaasmoorde word al van 1994 af geignoreer? Die oorsese lande het sanksies teen SA toegepas en gereeld hulle monde uitgespoel jeens rassistiese SA, maar nou dat die bordjies verhang is en ONSKULDIGE mense elke dag aangeval en vermoor word, nou is die oorsese lande TJOEPSTIL, nou hoor ons niks van sanksies en hulle afkeur aan wat in SA gebeur nie. Die plaasgemeenskap word letterlik GESLAUGHTER in SA maar die wereld kyk toe en die regering sit rustig agteroor en drink nog ‘n glasie MOéT! Dit word mos as ‘gewone misdaad’ bestempel terwyl almal kan sien dit is georkestreerde aanvalle op die plaasgemeenskap wat ook nou uitbrei na dorpe en stede.

Cherokee ·

So waar wat jy sê. Herhaal dit elke keer wanneer kommentators vra dat wat hier gebeur aan die buiteland bekend gemaak moet word.

Daan ·

Apartheid is sterk in Sa dit word nou BEE genoem waar daar gediskrimineer word teen wit mense oor hulle velkleur en die media neem die voortou om dit te verberg onder die vaandel van polities korrek wees

Siek en sat ·

BEE is die nuwe regering se naam vir apartheid. Hulle sal dit net nooit erken nie want hulle het dit nie in hulle om iets te erken nie.?

Darksider ·

Hoe kan ons staan teen sulke blatante HAAT? My medelye…

Alida ·

As die veiligheidswag gesien het sy is amper verkrag was hy te treurig om die vark te vang of wat. Het hulle ook soos die polisie gestaan en kyk. As dit gewapende reaksie was hoekom skiet hy hom nie.

Dissie ·

Huisroof…wat van poging tot moord??? !!! Hy is met ‘n mes gesteek!!

Frik ·

Was die oortreder wit dan was die aanklag poging van moord. Met verwysing na die doodskis sage, kan mens wonder of die uitspraak en aanklag nie n rassistiese onder toon het nie?

Wilmerie ·

Goeie middag Maroela lesers. Die man wat aangeval is, is my ouer broer.
Ek werk tans vir Oostermoed beskermingsdienste. Ons is hulle sekuriteitsmaatskappy
Ons het nie gedink so iets sou gebeur nie. Asb wees versigtig
Die sekuriteits deur was oop gebuig van onder af.
Verander julle roetines.
Lekker dag verder

thinus ·

Baie dankie Wilmerie dat jy skryf maar hoe moet ons roetine verander as ons wil gaan slaap? Die huis en veiligheidsdeure is gesluit, wat nou verder?

Daan ·

Dit is n rasistiese ding aanvallers is swart en rand wit vrou aan wat as dit omgekeer was?

Gesiggie ·

Nog n Boer… nog n huis gesin aangeval, vermoor , beroof, vir die dood agter gelaat…. dit is wat n mens elke dag moet lees””en dan kom die meeste weg, niks word verder omtrent die saak gedoen?? gaan hierdie Plaas aanvalle en Moorde nooit end kry? ek wens hul wil net vat wat hul wil… maar die mense se lewe nie verwoes of hul moor… n mens se lewe is meer werd as aardse goed””en ja ek stem saam Dissie…. hy het die man met n mes gesteek”’ Poging tot Moord….geen versagte omstandighede

Andrea ·

@Thinus
My suster, haar dogter en kleinseun boer alleen op n afgeleë plaas. Sy is 70. Hulle slaap in skofte en maak só beurte om wag te hou. Dit breek my hart dat hul só moet lewe.

Cherokee ·

Dìt Andrea, is oorlewing. Ons lewe in Afrika. Die deel van Afrika wat verlig was totdat die JA-Stemmers, die PFP (lees DA) en die anc die ligte afgeskakel het. Nou moet jou sussie, haar dogter en kleinseun mekaar aflos om te oorleef. Ek hoop die een wat aan diens is, het nie net ‘n alarm of telefoon nie maar ook ‘n kanon met knaldemper (want hy mag nie die rus van sy venote verstoor nie).

AJ ·

Los die praatjies en werk saam met Buurtwagte en Plaaswagte.

Dis oorlog!

Verdedig jouself en jou familie, jou bure!

… of gaan onder!

Theo ·

Natuurlik sal hulle nie gevang word nie. Die polisie werk saam met hulle.

anton ·

Mense vra…..wanneer gaan die aanvalle op ons ophou?
Mense, dit gaan NOOIT ophou nie!!! Weet dit maar as n Feit.
Hulle het die blankes in die res van Afrika ook so vermoor en uitgemoor. Gaan lees maar die geskiedenis.

Siek en sat ·

Dis waarom ek weer herhaal. Begin eise instel teen die Regering en laat hulle betaal.

PJC ·

As hierdie mense bewapen was kon hulle hulself verdedig het en sou die uitkoms heel anders gewees het.

Irene ·

Wie sit agter al hierdie dinge kry daardie persoon in tronk het mos gese ons gaan grond vat kill the boer bring die gemors eers tronk toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.