Jong mense sterf toe motor teen muur bots

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee mense is dood en nog twee beseer toe die motor waarin hulle was teen ʼn muur gebots het in Golf Club Terrace in Floridapark aan die Wes-Rand.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die motor het vroeg Sondagoggend teen ʼn huis se muur gebots. “Die bestuurder, in sy 20’s, sowel as ʼn jong vrou wat agter in die motor gesit het, is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Bodasing het die 18-jarige vrouepassasier wat voor langs die bestuurder gesit het kritieke beserings opgedoen. ʼn Vierde passasier, ook ʼn vrou, het matige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

Kom ons raai. Vroeg oggend ure…..nie ‘n tyd om op die pad te wees nie. Bestuurder 20 jaar oud….total onervare. Waarvandaan vroeg op ‘n Sondag oggend? Heel moontlik ‘n partytjie. Bestuurder se reaksies moontik nie so skerp nie…..want hy’t heel moontlik nie geslaap van Saterdag oggend af nie. Hoe hard moet ‘n mens in ‘n muur vas jaag dat twee van vier insittendes op die toneel sterf? Daar is ander strate in Roodepoort en Krugersdorp waar dieselfde gebeur….naweek na naweek na naweek. Verlede Vrydag in Robert Broom….dieselfde situasie, gelukkig het almal oorleef. ‘n Kar is nie ‘n speelding nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.