Jong moordverdagte moet nou tuisonderrig kry

Leon Keith Vermeulen (40). (Foto: Facebook)

ʼn Sestienjarige seun wat beskuldig word van die moord op Leon Keith Vermeulen, moet voortaan tuisonderrig ontvang.

Vermeulen (40) se liggaam is in Maart vanjaar in ʼn veld in die Schmidtsdrift-omgewing in die Noord-Kaap aangetref. Vermeulen het ʼn enkele skietwond aan die kop gehad.

Die seun is twee dae later in verband met die moord aangekeer en het vroeg in April in die landdroshof op Douglas verskyn waar hy op borgtog van R500 vrygelaat is.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, het by navraag gesê die seun, ʼn gr. 9-leerder by ʼn hoërskool in Kimberley, se betrokkenheid by die saak het eers bekend geword nadat hy reeds by die hoërskool begin skoolgaan het.

Die departement het aanbeveel dat die seun tuisonderrig ontvang tot die saak teen hom afgehandel is en dié aanbeveling is gevolg.

“Die leerder woon nie meer die skool by nie en slegs as sy onskuld bewys word, sal hy toegelaat word om na dié skool terug te keer,” sê Van der Merwe.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Elmarie ·

Waar kry ‘n 16 jarige ‘n vuurwapen? Onverantwoordelike berging van vuurwapens

Peach ·

Johan, neem aan jou bronne is betroubaar, anders is jou opmerking onvanpas maar, indien jy in jou stelling glo, verklaar die skuldiges by OPOD.

Catherina ·

Jonk genoeg om te moor………vir wat word hy nie in tronk gestop tot hy skuldig bevind word.

Peach ·

Catherine, ons regstelsel is geskoei op die “onskuldig tot skuldig bevinding” beginsel. Neem aan jy was nog nooit valslik beskuldig nie.

Perdeby ·

Al gehoor jy mag slegs in die tronk wees as jy 18 jr en ouer is. Dit is nog al die jare die wet, want hy is nog ‘n kind.

Anoniem ·

Sjoe, 5 maande later en nog geen vonnis nie. R500 borgtog en vrygelaat. Is dit nie erg nie.
Hy is reeds 16 en het ‘n moord gepleeg. Sy naam word nie bekend gemaak nie. Hierdie onregverdige
regstelsel moet end kry. Die media kon nie genoeg publiseer en tekere gaan oor die seun van Griekwastad nie maar die meneertjie se identiteit word beskerm.

Peach ·

Swerwer, elke saak het sy eie unieke omstandighede en word op onderskeie meriete hanteer.

Perdeby ·

Hy is minderjarig daarom word sy identiteit verhou van die publiek. Dit kan eers op 18 bekend gemaak word volgens die wet en kinder wet. Gewoontlik wat sulke sake baaaaie lank. So wees maar geduldig.

Willem Wikkelspies ·

.. so het ek dit reg? Sien die regter dat Leon se lewe R500 werd was .. hoekom die borggeld nie na waarde maak van die daad eerder as na die finansiele toestand van die beskuldigde nie ..

Perdeby ·

Die kind werk nie, en sy ouers is verantwoordelik vir hom, so hulle sal ook dan nie geld he vir borg van R10 of R20 duisend rand nie.

Prikkie ·

Dan bly hy in aanhouding Toetie, want dit is waar hy hoort.

Perdeby ·

As dit jou dink was dan was jy 100 % volgens wet verantwoordelik vir hom. Sou jy dalk die geld gehad het vir borg? Ek vra maar net, want ek sou nie.

Johanna ·

Daar MOET gevolge wees vir Dade.
Mens maak NIE iemand dood nie. Die slagoffer moet seker ook n Familie en naasbestaandes gehad het. Moordenaars hoort agter tralies totdat hulle onskuldig bewys word.
Weereens dankie Here dat jou kind nie die moordenaar.is nie. Sterkte vir al die ouers en Familie

Peach ·

Janine, wat dalk vir jou ‘n druppel in die emmer is, is vir andere die emmer self.

Perdeby ·

Ek neem aan jy sou meer kon betaal het as jou kind was, want die kind is minderjarig en die ouers is verantwoordelik vir sy borg. So word maar naar en kom daaroor. Niemand stem saam nie, maar dit is hoe die wet werk. Die dink is minderjarig en mag nie in ‘n tronk aangehou word nie.

Casper ·

Hy is reeds geïdentifiseer as verdagte dan moet daar mos bewyse teen hom wees.Gedra jou soos ‘n grootmens en word gestraf as ‘n grootmens nie as minder jarige nie.

Toy ·

Om te dink hy het iemand vermoor, presies geweet dit is verkeerd, nou kan hy by die huis gaan sit en tuisonderrig kry wat hy in elk geval nie gaan doen nie. Waar kry hy die vuurwapen?

Moedeloos ·

Ek is besig om die Griekwastad boek te lees. Hierdie laat my dink aan die twis tussen Grey, die pleegsouers en hof oor die reg om skool te gaan. Jy is onskuldig totdat jy skuldig bevind word. Maar nou ja vir die kind se eie beswil is tuis onderhoud seker die beste opsie.

Werner ·

Hy was Groot genoeg om die daad te doen sit hom tussen die grootmanne hoekom die spesiale toegewing

Perdeby ·

Hy is minderjarig!!! Op 16 dink alle kinders hulle is grootmense, maar ongelukkig bly jy as ouers verantwoordelik vir sy dade en moet hulle maar betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.