Jong onderwyseres deur bus doodgery

Maretha en Diviniis van Dyk (Foto: Aglow Photography/Facebook)

’n Jong onderwyseres van Melkbosstrand is vanoggend deur ’n MiCiTi-bus in Kaapstad doodgery.

Maretha van Dyk (29) was ʼn gr. 4-onderwyseres aan die Laerskool Van Riebeeckstrand.

Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het Van Dyk se afsterwe aan Maroela Media bevestig.

Volgens Richard Coleman, woordvoerder van die Stad Kaapstad se verkeersdienste, het die voorval tussen 09:00 en 10:00 op die R27 naby Sunset Beach plaasgevind.

Die presiese besonderhede rakende die voorval kon nie in die stadium bevestig word nie.

Personeel van die skool het vanmiddag berading ontvang en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Volgens Merton sal die skool Maandag verdere berading ontvang.

Medelye stroom sedertdien in vir Maretha se gesin wat oorspronklik van Upington in die Noord-Kaap kom.

Maretha se broers, Cobus en Jasper Wiese, speel professioneel rugby vir onderskeidelik die Stormers en die Cheetahs.

Maretha was getroud met Diviniis van Dyk, broer van Nicolaas Maks van Dyk wat tans vir die Franse rugbyklub Toulouse speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

c ·

Sterkte aan man, ouers en skool so hartseer so jonk ,hoe gebeur so iets.

Yankee, ·

Hoe op dees Aarde gebeur sulke ” ongelukke” oor en oor!! En waarom? Sal daar vrae wees, sal die wat die oorsaak daarvan was aan die pen ry. Of sal almal net aanvaar die Here het sy mooiste blom kom pluk. Glo my, die dame wou geensins n blom op daardie tyd wou wees.

HARTSEER ·

Ai so hartseer. Sterkte aan al die familie en persone wat geraak word hierdeur.

Melkbosser ·

Verskriklik tragies. Innige simpatie met die famile en vriende van Maretha.

Gerzelda ·

Dis so tragies. Martha was ‘n kind van God. Die mooiste omgee mensie wat ek al ooit ontmoet het. Sy was my ma se buurvrou hier in Melkbosstrand toe sy net hier kom skool gee het. My dogter was mal oor haar.
RIP liefste Maretha Sterkte aan haar ouers, broers en Diviinis (haar man) xxx

Landie ·

My innige simpatie aan almal wat geraak word deur die dood van die pragtige jong onderwyseres, vrou, dogter en sister. Mag julle vertroosting vind in die moeilike tyd met julle verlies. Rus in Vrede.

Anoniem ·

Wel ek is nie verbaas nie. Die myCiti busse jaag verskriklik vinnig in paaie met 60km p/u spoed beperkings.

Medelye aan die naasbestaandes

Gesiggie ·

Soveel vrae? hoe en waarom, ons is menslik en het die reg om te weet wie verantwoordlik was en hoe presies dit gebeur het.. antwoorde kan verligting bring, maar sal nie die lewe van die jong prag van n mens terug bring. My innige meegevoel aan Maretha se ouers, aan haar familie en haar man, mag Jesus jul dra in die tyd van rou en mag die wat skuldig is betaal vir hierdie vrou se dood.

Deloris ·

Ons mag nie vra hoekom Here hoekom sy… RIV mooie kind… Mag God die familie optel en dra in hierdie verskriklik hartseer tyd.

Rika ·

So jammer om oor julle verlies RIV vrede pragtigtige mens sterke aan die familie sal julle in my gebede hou.

Marzelle ·

Baie sterkte vir die familie en vriende, dit is verskriklike hartseer.

Maree ·

Ek het die tragiese ongeluk aanskou en voel nie die arme bus bestuurder wat ook met die trauma sit moet nou sleg gese en blameer word nie, veral nie as julle nie bewus is van wat die omstandighede was nie, my innige simpatie gaan uit aan die familie x

Anoniem ·

Wel ek is net su jamme vi die viloor van daardie juffie… Sag rus juffrou…
Ek wil net aan die mense se wie die bus drivers vekleineer,se…Ons ry i bus en dis ni maklik om i groot vevoer tot stilstand te kry ni met dai 18 tot 20 ton in ons busse ni… Su baie jammer aan die familie van die juffrou… Sterkte ❤️❤️

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.