Jong onnie, oudleerders van skool sterf in botsing

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Vyf jong mans het die naweek in ’n gru-botsing tussen Ugie en Mthatha in die Oos-Kaap omgekom.

Unathi Binqose, provinsiale woordvoerder van die departement van vervoer, het Maandag aan Maroela Media gesê die mans, almal tussen 20 en 25 jaar oud, is Saterdag in die vroeë oggendure dood nadat die VW Polo Vivo waarin hulle was teen ’n vragmotor op die R142 gebots het.

Al vyf mans is op die toneel dood verklaar. Die twee insittendes van die vragmotor het ongedeerd daarvan afgekom, het Binqose gesê.

Die oorledenes is intussen deur die Ugie High School as Phindokuhle Toli, Phumlani Fombo, Nalin Hendricks, Xola Ngqoshana en Cameron Groom geïdentifiseer. Toli, Fombo en Hendricks was oudleerders aan dié skool en Ngqoshana was in matriek.

Cameron Groom (Foto: Facebook)

Groom was ten tyde van die ongeluk ’n onderwyser by die skool.

“Die Ugie High School-familie is diep geskok en hartseer deur die skielike afsterwe van ons kollega en voormalige leerders. Elkeen van hierdie energieke jongmense sal gemis word,” lui ʼn inskrywing deur die skool op sosiale media.

Maroela Media wag tans op kommentaar van die skoolhoof, Kota Bruwer.

Binqose verduidelik dat ’n voorlopige ondersoek daarop dui dat spoed moontlik tot die botsing bygedra het. “Ons kan egter nie sê dat spoed die enigste oorsaak van die botsing was nie.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

RH ·

Sjoe dis baie erg! Condolences to all their family and friends! I know the pain of losing a child and no parent should go through that. Weet net dat God alleenlik in beheer is van alles. Sterkte aan almal. So jonk! RIV/RIP young ones.

Marinda ·

Ai dis hartseer.

Condolences to the family members and friends of the deceased.

SuidkusTannie ·

Net die gedagte aan die hartseer in daardie families se huise breek my hart. Ek is so jammer!
Ek raak woedend as ek selfs om die hoek van my huis ry, want daar is geen gesag vir padreëls nie! Jy waag jou lewe as jy in jou motor klim. Dit gebeur elke liewe dag! Wanneer gaan hierdie nuttelose gejaag en wetteloosheid op ons paaie stop? Daar sterf verskriklik baie mense op ons paaie. Ai tog!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.