Jong Oos-Kaapse paartjie saam vermoor

Jacqueline Miller. Foto: Facebook.

Jacqueline Miller. Foto: Facebook.

Die Oos-Kaapse polisie volg talle leidrade op nadat die liggame van ʼn jong paartjie, Jacqueline Miller (20) en Carl George (20), van Mthatha Sondag in ʼn dam buite die dorp gevind is.

Lt.kol. Mzukisi Fayela, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium, maar alle leidrade word opgevolg om die paartjie se moordenaar of moordenaars op te spoor.

Fayela het gesê die paartjie het glo Saterdag vermis geraak.

Carl George. Foto: Facebook

Carl George. Foto: Facebook

“ʼn Plaaslike inwoner het Sondag die polisie ontbied nadat hy die twee se liggame, wat glo naby mekaar in die Mthathadam gestort is, opgespoor het,” het Fayela gesê. “Polisieduikers van die honde- en soek-en-reddingseenheid het hul liggame omstreeks 18:30 uit die water verwyder.”

Fayela het gesê ʼn motor wat aan een van die slagoffers behoort, is later in KwaLink opgespoor. Nie een van die slagoffers woon in dié gebied nie.

Daar word vermoed dat die paartjie met ʼn stomp voorwerp geslaan is, aangesien hulle wonde aan hul bolywe opgedoen het. Daar was nie sigbare koeëlwonde aan hul liggame nie.

“Ons wil nie nou oor die motief vir die moorde bespiegel nie,” het hy gesê. Na wat vasgestel kon word, word slegs George se klere en selfoon vermis.

Die vermoede bestaan dat die paartjie Saterdagmiddag ontvoer is en elders vermoor is voordat hul liggame in die dam gestort is.

Joy Marnitz, Miller se tannie, het Maandag in ʼn Facebook-inskrywing geskryf dat haar hart swaar is. “Die trane wil net vloei, maar ek moet sterk wees. Die gedagte dat ek my susterskind op so ʼn wrede manier moes verloor, breek my hart. Ek kan nie verstaan hoe ʼn mense met soveel boosheid gevul kan word om so iets aan die jongmense te doen nie. Twee families is nou in rou gedompel. Rus in vrede.”

Yvette George, George se ma, het gesê: “My kinders julle is op ʼn baie slegte manier van ons weggevat, maar ek weet God hou julle hande vas. Mag jul onskuldige siele in vrede rus.”

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jacques ·

Gaan ons in die land maar net sit en lees oor almal wat vermoor word en wag tot dit ons beurd is?

snip ·

Nou kom dan Jacques, staan op dat ons jou kan volg, anders sal ons maar almal net hoor en lees van alles en wag soos “sitting ducks”.

Andre ·

Oms mense vertrou dat niks met ons sal gebeur nie. Ons sal moet onsself en geliefdes leer om weerbaar op te tree en altyd uit te kyk vir gevare. Ons mans wat weermag opleiding het sal moet die voortou neem en ons families weerbaarheid leer. Moet nooit dink dat dit nie met jou of jou gesin kan gebeur nie.

Lee-Roy Adkins ·

She was my mothers 1st cousin Charmaine adkins. Jacqueline was my aunt i never met rest in peace Jacqueline and carl. Gone but never forgotten

Lee-Roy Adkins ·

She was my mothers 1st cousin Charmaine adkins. Jacqueline was my aunt i never met rest in peace Jacqueline and carl. Gone but never forgotten!

Theresa ·

So hartseer en so bitter onnodig. Baie sterkte aan die families. Hulle is wreed van julle weggeruk, maar nou op die beste plek wat ons wat nog agterbly net kan droom. Daar is hulle veilig en sonder enige bekommernisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.