Jong pa by myn doodgeskiet

Burger Botes. Foto: Facebook

Burger Botes. Foto: Facebook

Burger Botes (30) word vandag begrawe nadat hy verlede week by ʼn myn aan die Oos-Rand doodgeskiet is.

Kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Botes en ʼn kollega het verlede Vrydag die gebied by Gold One se Modder-Oos-goudmyn in Springs gepatrolleer. Twee beweerde onwettige mynwerkers het op Botes en sy kollega, veiligheidsbeamptes van die myn, losgebrand.

Volgens Ramphora is een van die verdagtes in hegtenis geneem terwyl die ander een ontsnap het. Die polisie is steeds op soek na hom. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Nelius Botes, Burger se broer, het op Facebook geskryf: “Kan dit nie verwerk nie. Broer jy was so sterk en nou in God se arms nog sterker. Lief vir jou broer ons gaan jou baie mis. En ons sal mooi na Ann en Su kyk. Jou dogter sal weet watse fantastiese pa jy was. Sien jou daar bo.”

Botes laat sy vrou Ann-Louise, en tweejarige dogtertjie Sumari, agter. Sy begrafnisdiens word in die Hervormde Kerk Midpark in Helikonpark gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ladybug ·

so pragtige jong lewe … brand die trane nou in my oë …

Sterkte aan die wat agter moes bly …

Christine ·

Rus in vrede, Burger. Mag die Here jou geliefdes troos en bewaar.

Wayne ·

Sterkte Ann,hoop hul kry die gemors,want hul kom mos weg met alles. Julle is in ons gebede

boer ·

Hoekom word daar niks aan hierdie “onwettige myners” gedoen nie? Hulle is niks anders as terroriste nie!!!!

Hulle is onwettig in die land, het onwettige wapens en ammenusie, en hulle is n gevaar vir ons mense. Stuur die weermag, in om hulle te neutraliseer (nie dat hulle veel werd is nie, die een id dikker as die ander een deesdae)

Pierre Celliers ·

Pragtige jong man, toegewyde pa en man, uitgewis sonder rede!
Wanneer gaan hierdie onsinnige moorde end kry en die woestaards aan die pen ry?!
My innigste simpatie met die familie, ek voel saam met julle.

Janine de Klerk ·

BURGER – So young to have lost your life, our prayers and thoughts are with your family may God give them the strength to get through the sorrow and the weeks to come.

Attie, Janine, Tammy and Raymond,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.