Jong pa ‘het gelewe vir sy vrou en dogtertjie’

Schalk en Chantel Louwrens. Foto: Facebook

Schalk en Chantel Louwrens. Foto: Facebook

ʼn Jong pa is doodgeskiet toe hy sy vrou en dogtertjie probeer beskerm het.

Schalk Louwrens (26) het Donderdagaand omstreeks 21:30 saam met sy vrou, Chantel (26) en hul 16 maande oue dogtertjie by hul huis op ʼn plot in Rhenosterfontein, naby Raasblaar buite Rustenburg, stilgehou.

Volgens Louwrens se suster, Chantelle, het Chantel uit die motor geklim om die hek oop te maak. “Nadat hulle ingery het, het hulle ʼn man gesien en nog drie het hierna oor die heining gespring. My boetie het hulle dadelik gevra om asseblief net sy vrou en kind uit te los.”

Volgens Chantelle het een van die verdagtes aan haar skoonsuster begin ruk. “Schalk het haar probeer beskerm. Twee van die verdagtes het weggehardloop en dit het ook gelyk asof die ander twee wou vlug. Een van die verdagtes het omgedraai en my broer geskiet.”

Schalk is in sy skouer en onder sy arm geskiet. “Chantel het in die huis ingehardloop om iets te kry om die bloeding mee te stop, maar toe sy buite kom was hy dood.” Chantel het intussen hulp van die bure gekry en paramedici en die polisie is ontbied.

Volgens Chantelle het haar broer altyd gehelp waar hy kon. “Hy was ʼn regte grapgat en het absoluut gelewe vir sy vrou en dogtertjie. Hy was liefdevol en saggeaard en sou hom self te na kom om ander te help.”

Schalk was mal oor musiek. “Hy het klank gedoen by verskeie kuierplekke in Rustenburg waar kunstenaars opgetree het.” Volgens Chantelle is begrafnisreëlings nog nie getref nie.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die voorval bevestig. Sy het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die verdagtes het met twee selfone gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Mvs ·

Sterkte julle. Sal liewer nie sè wat ek dink in di meeste se harte is. Mense word wakker hul altyd 1 stap voor mt moord en loop vry rond.

Marinda Ferreira ·

Hoekom gebeur hierdie dinge. Al ons biere word uit gemoor. Geen woorde vir hierdie mense nie. ? Sterkte aan die familie.

Netekke ·

Ek wonder of iemand ooit in hegtenis geneem gaan word omtrent hierdie moord want dit is mos maar net nog ‘n blanke ……… Net soos met plaasmoorde, dinge word onder die mat ingevee want ons is mos in die minderheid……..

JRB ·

Jy misgis jou, Sarie. Hulle het gekom om te moor en het in die proses twee selfone “gescore”.

Chrisjan ·

Baie van die sinnelose moorde is inisiasie toetse vir lede van bendes en sindikate. Deel van die misdaad tradisie.

al ·

Dis voorbedagte moord. Dis tyd dat ons standpunt inneem teen die rassehaat misdade teen ons.

rudi ·

Ons standpunt moet TAX wees. Met geld kan ons die swakes beskerm. Hoekom staan ons nie saam? e-toll is ‘n perfecte voorbeeld. Hoeveel boed moet vloei?

John ·

So hartseer! Plotte is uiters onveilig. Die boere op plase is meer georganiseerd as diegene op plotte nader aan dorpe en stede. AfriForum help asb met planne.

Michael ·

Soos veiligheid binne en om die huis opgeskerp word, verander hulle taktiek. Hulle wag nou buite die hek. Hierdie mense was dopgehou en die aanvallers het hulle ingewag. Neem asseblief kennis mense.

Tracy ·

Totally senseless. Life is worth nothing where criminals are involved. My heart goes out to Chantel, their little daughter, family and friends.. How aweful to have witnessed this brutal killing. RIP Louwrens.

Weskus bokkom ·

Dis nie kriminele nie. Dis sluipmoordenaars. “Guerilla-vegters”.

Rose ·

Dit klink soos stories wat my man my vertel het voor hulle destyd uit Zabia uit is met letterlik net di nodigste goed..di witmense was net so vermoor.

JvS ·

Hulle het altyd die verrassingselement aan hul kant! Hoekom moet ons in vrees lewe? Net omdat daar geen wette en geen gepaste straf vir moordenaars is nie!!! Hoe verwerk mens die seer net so voor Kersfees? Sterkte Chantel. Ons bid vir jou.

bella ·

Hoe lank nog? Hoeveel nog? Ons word uitgewis. Vader net U kan hierdie monsters stop. Wreek ons asb. Amen.

Colleen ·

Nou moet daardie arme kindjie sonder haar pappa grootword.
Mens mag ook niks leliks van die moordenaars sê nie, want dan word jy geblock want jy tas mos hulle menseregte aan.

verslae ·

Vader…die wraak kom U toe asb. Omvou asb hierdie vroutjie en baba en geliefdes in U arms. Net U kan nou die nodige krag gee…..ons weet U slaap nie en plaas asb U dienende engele rondom ons mense wie so geteiken word en elke dag en nag. Bewaar en beskerm asb soos U en U engele alleen kan doen. Baie dankie Heer en vir wat U gaan doen.

Lance ·

Hoe die polisie al die sake kan ondersoek en iemand nog kan vervolg gaan my tebowe …daar is net SO baie !

Karin ·

Lance , ek het vir jou ‘n antw … hulle doen nie .. hulle staan liewer in die donker en trek blankes van die pad af en dreig hulle en soek geld … hulle doen nie hulle werk nie …. hulle is net in die polisie om te skep … ek is kwaad want hulle hang in ons omgewing rond om geld te vra en doen nie wat hulle moet nie Dis skandelik

thys kotze ·

Siener van Rensburg het gese Ek sien emmer bloed omval in Rhodesie en daardie bloed spoel oor SA

JC de Koker ·

Ja dinge verloop heelwat anders as wat Siener voorspel het. Dis net ‘n klomp nonsens wat uit die duim gesuig word vir geldelike gewin. Selfs die Suidlanders vra maandelikse geld dan kry jy kastig koordinate vir ‘n punt waar hulle jou na veiligheid gaan begelei. Nou wat van die arm blankes wat dit nie kan bekostig nie. Aan wie se kant dink julle is die Here. Die opportunistiese geldmakers of die weerloses?

LB S ·

JC, ek het ook aan Suidlanders behoort en al rede hoekom ek dit gelos het is omdat ek vrou alleen saans vergaderings toe moet gaan, my man en ander familie stel net nie belang nie. Maar ek verseker jou hulle het nie een enkele keer van my verwag om te betaal nie. Dit is heeltemal vrywillig. En ons almal was heeltyd ingelig oor al die bymekaarkompunte, hoe, wanneer, ens.
Ek dink net dat dit bietjie oordoen is ook. Maar nogtans haal ek my hoed af vir daardie mense wat navorsing doen en alles doen om mede Afrikaners te help.

Dan ·

JC de Koker laat weet ons welke dinge anders verloop as wat voorspel was deur Siener. De Klerk se verraad, oorname van ons land, die ys wat smelt, die oorstroming van Europa deur Afrikane – alles is deur hom voorspel en het so gebeur. Ons wag.

pieter ·

En geen Politieke Party se iets nie almal op verlof. Terwyl ons mense uit gemoor word.

AndreK ·

Sterkte. Net jammer daar is soveel simpatie met die betreder wat in ‘n kis geprop is as wat ekonomiese bydraers afgemaai word en kinders die voorreg ontneem word om met ‘n vader groot te word.

Elsabe Augoustides ·

Inwoners op kleinhoewes moet hulself beveilig. Wees gewapen. Wees opgelei. Wanneer n persoon n vuurwapen op jou rig, skiet jy hom dood. Daar is geen ander manier nie. Innige meegevoel aan die familie. Onbeskryflike leed.

Nita ·

Plaas asb by die berig my kommentaar wat nie geplaas is ivm met moord van man in die Kaap. Dit geld honderd persent vir hierdie wreedheid ook.

Paula ·

Chantel, Wilna en die res van die gesin, my hart is so seer vir julle verskriklike verlies. Ek bid julle vertroosting toe in hierdie hartseer tyd. Woorde ontbreek….. :-(

M'Lady ·

So staan ons almal in die ry. Weet net nie wie volgende gaan wees nie.

Rina van Pretoria ·

O Vader – Net U kan ons die wysheid en beskerming gee teen al hierdie misdadigers… Here gryp bo-natuurlik in en soos gister gebeur het met Zuma se optrede…..waar U die wind gestuur het en vinnig ‘n einde daaraan gemaak het- laat hul vlug soos al die grootkoppe gister – want DIT het hul geweet – HIERDIE is die Christen se God wat praat. …..Here laat U krag en Gees ook die wind verder oor al die booshede stuur en vernietig… Ons bid en vertrou op U – ons vra dit vir al ons onskuldige mense wat vermoor word – U is getrou…

3kie ·

Bloedrivier se mense was ook min …. hulle het n gelofte gemaak en God het hulle gehelp …… nog n gelofte en nog n monument sal nie skade doen nie net nader aan God ….. Hy alleen kan die bose uitwis ons is te swak ….. Hy het die doodsengel in baie gevegte vir Israel ingestuur sonder dat hulle ooit n wapen hoef op te tel ……

Cornelius ·

My innige simpatie… dit ruk ‘n mens daagliks om te lees van hoe families in die donker land verwoes word. Feit is ons as mense sal moet onsself bewapen om ons families en onssf te beskerm. Ek is bitter jammer maar wanneer skrik ons mense wakker? Of ons dit wil weet of nie ons is midde ‘n oorlog. Mens gaan nie sonder ‘n wapen na ‘n oorlog nie.

Nita Roos Wilson ·

En as ons nou almal ”wakker geskrik” het Cornelius; wat stel jy voor doen ons dan? Dink jouself in die mense se plek in: hulle kom huis toe en dan word hy geskiet. Glo my, nie eens ñ vuurwapen sou hom gered het nie. Hulle sou dan salk die hele gesin uitwis. My hart bloei vir hulle en vir ons land.

Andre ·

Vader wees asseblief met hierdie mamma en dogtertjie. Here asb maak U self bekend aan ons volk dat ons 2 Kronieke 7: 13- 14 sal verstaan. Dat as ons wat reeds in U glo onself werklik sal verootmoedig, bid, en U aangesig soek, dan sal U van die hemel af hoor, U sal ons sondes vegewe en U sal ons land heelmaak. Indien dit U wil is.

Hercu ·

wat my pot se deksel is, is dat 1000de se iets MOET gedoen word

doen iets en laat my weet!!

Ina ·

Hoe absoluut tragies.Ek bid dat God hierdie jong vrou en dogtertjie sal vertroos en bewaar.

Richard ·

Catch ’em and hang ’em.

It’s the only way to stop senseless killings.

Well done for protecting your family. RIP legend.

manie ·

Kan iemand vir ons asb. die volgende statistieke bekendmaak,
1.Hoeveel blankes deur anders kleuriges vermoor in 2016.
2.Hoeveel anders kleuriges deur blankes vermoor in 2016.
Dan sal almal kan sien wat is rasse moord.

MissDemeanor ·

As die moordenaars die selfone by hulle het dan behoort die polisie hul mos maklik op te spoor. Vuilgoed!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.