Jong pa in hof ná dood van baba

Eugene Plaatjies Maandag in die hof. Foto: Catherine Rice/ANA

Eugene Plaatjies Maandag in die hof. Foto: Catherine Rice/ANA

eugene-plaatjies1Eugene Plaatjies (25) het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn in verband met die dood van sy drie maande oue babadogtertjie.

Waarnemende regter Nolita Kose het egter sowat ʼn uur later gesê die hof is nie gereed om met vonnisverrigtinge te begin nie. Die saak is tot 16 Augustus uitgestel.

Plaatjies is vroeër skuldig bevind aan moord, kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Sy dogtertjie, Anthonique, is op 13 Junie 2014 in die Rooikruiskinderhospitaal dood, ʼn dag nadat sy in die hospitaal opgeneem is.

Die forensiese patoloog wat die nadoodse ondersoek op Anthonique gedoen het, het tydens die verhoor getuig dat sy veelvuldige kneusplekke, veelvuldige frakture, erge hoofbeserings, veelvuldige skedelfrakture, ʼn laserasie aan die lewer, frakture van die ribbe en ʼn kneusing van die longe opgedoen het.

Die patoloog het getuig die veelvuldige skedelfrakture is waarskynlik veroorsaak deur die baba se kop teen ʼn muur te slaan of haar teen die kop te skop.

Louise Alkaster (30), Anthonique se ma, het aan die begin van die verhoor skuldig gepleit op aanklagte van kindermishandeling en het opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf gekry. Alkaster het tydens die verhoor getuig dat sy die dag voor haar baba se dood met huistakies besig was toe Plaatjies haar geroep en sy gesien het Anthonique kry stuipaanvalle.

Anthonique is in die Montagu-hospitaal opgeneem waarna sy na die Rooikruiskinderhospitaal oorgeplaas is. Sy is die volgende dag breindood verklaar. Volgens Alkaster het Plaatjies haar twee dae ná Anthonique se dood met ʼn mes gedreig en aangerand. ʼn Buurman het tot haar redding gekom en die polisie is ontbied.

Alkaster het aan die hof gesê sy het nooit aanklagte teen Plaatjies aanhangig gemaak nie aangesien sy bang, maar tog lief was vir hom.

Lees alle vorige berigte oor Eugene Plaatjies op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marianne ·

Slaan of skop hom totdat Hy ‘n skedel breuk het, sodat Hy kan voel waardeur sy onskuldige en hulpelose babatjie moes gaan.
Daardie man is ‘n ondier en verdien die doodstraf!
Maggies die DA en Ander Partye moet werklik ‘n coalition form en reg en geregtigheid laat seevier!

Syd ·

Sy dag sal kom in die tronk as dit uitkom wat hy aan sy kind gedoen het. Hy sal dan gedeeltelik dieselfde pyn deurgaan wat sy kind moes verduur het voor hom/haar se dood.

Stef ·

Lees ek reg??? Ma n op geskorte vonnis? Hkm appeleer die staat nie teen so n ligte vonnis nie.o ja hul besig om Oscar Pistorius te ry dis skandelik man waar is ou groot bek Gerrie Nel nou???

Jakoba ·

Stef daardie deuntjie is regtig nou afgesaag. Wat het Oscar Pistorius se saak met die baba se dood te doen. Dit is heeltemal twee verskillende sake. Hy is in die tronk en die pa is oppad tronk toe. Hou nou op kerm oor die Oscar saak, mens is keelvol vir die konstante kinderagtige opmerkings.

Anoniem ·

Jacoba en Piet, lees asb mooi. Stef kla nie oor die pa se straf nie, maar wel oor die ma wat net ‘n opgeskorte vonnis gekry het. As mens dink sy is die enigste persoon wat tussen die baba en die pa (moes!) gestaan het, dink ek ook sy behoort gestraf word. Sy het beslis nie haar verantwoordelikheid as ma nagekom nie. Ek voel ook dis meer korrek om van Eugene Plaatjies as die “sperm donor” te praat, want daai monster is wraggies nie die titel “man” of “pa” werd nie.

Karma ·

@Jakoba (onder) – ek dink Stef tref dié vergelyking in terme van die ligte tronkstrawwe wat deesdae gegee word vir moord. Dit is asof daar nie meer respek vir die lewe is nie en asof mense maar kan moor en voortgaan: die jurisdiksiële proses is net eenvoudig nie sterk genoeg om ordentlike strawwe toe te dien en af te dwing nie. In (sekere state van) Amerika sal só ‘n oortreding summiere doodsvonnis opgelê word of lewenslank, sonder die moontlikheid van parool – en by hulle bedoel hulle LEWENSLANK as hulle sê lewenslank. Ja, Oscar is in die tronk – hy het maar ses jaar gekry, waarvan hy omtrent so drie jaar sal uitdien. Hierdie “ma” van die arme dogtertjie kry ‘n vyf-jaar opgeskorte vonnis en haar kind – wat sy moet beskerm het teen hierdie spermskenker – is dood. Volgende jaar is daar al weer ‘n kleintjie, en die jaar daarna weer en daarna weer. Nee kyk, sy moet plan maak vir haar SASSA-gelde!

Elaine ·

Maroela Media, ek wens julle wil die opskrif verander want die vieslike gemors verdien nie om ‘n pa genoem te word nie.

Piet ·

Jakoba ek kan ook nie sien wat het Stef se opmerking met die prys van eiers uit te waai nie. Wat ook al in die saak die vonnis is, dit kan nie swaar genoeg wees nie.

Blom ·

Onmenslik. Ek hoop hy kry die straf wat hy verdien en hom toekom, die MONSTER!!!!

Donovan ·

Stel meer mense aan om die sake vinniger af gehandel te kry… vergelyk koste met die sloerdery teenoor gekwalifiseerde mense aan te stel om sake vinniger af gehandel te kry…

N ·

Ek stem saam. Doen ALLES aan hom wat hy aan daai onskuldige baba gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.