Jong pa in veiligheidskompleks doodgeskiet

Chenelle en Thinus Herbst. Foto: Facebook

Chenelle en Thinus Herbst. Foto: Facebook

Die pa van ʼn eenjarige baba is koelbloedig in sy huis in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Thinus Herbst (28) is twee keer in die bolyf geskiet deur rowers wat by die gesin se huis in die veiligheidskompleks Parklands Estate ingebreek het. Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het toegang tot die huis verkry deur ʼn skuifdeur oop te breek.

Mngomezulu het gesê die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie. Hy kon nie bevestig of enigiets uit die huis gesteel is of hoeveel verdagtes by die inbraak betrokke was nie.

“’n Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Thinus se broer, Johan, het op sy Facebook-profiel ʼn huldeblyk aan sy broer geskryf en gesê hy het sy lewe vir sy familie opgeoffer. “Dankie Thinus vir die 28 jaar wat jy vir jou grootboet kon gee. Hierdie land se misdaad het jou van ons af weggeruk, maar jy sal altyd in ons gedagtes wees. Ons sal jou nooit vergeet nie.”

Maroela Media verneem Thinus en sy vrou, Chenelle, het ʼn babaseuntjie genaamd Dustin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Leeutjie ·

Weereens ‘n sterfte wat my magteloos laat voel, nog ‘n ouer wat huil, nog ‘n gesin sonder ‘n pa en ek sidder as ek dink, waar gaan dit eindig??

neelsie ·

Woorde raak op as ons sulke nuus hoor…die sinnelose uitmoor van ons mense.
Nog n kind wat nie sy pa sal ken nie!
Mag ons God julle toevou met Sy liefde.

Debs ·

Nog ‘n koelbloedige moord!!!! Nog ‘n person wat op die misdaad statistiek kom en so so jonk. My hart huil vir die jong vrou en ma en om nie eers van die klein kind te praat nie. Ek ken daardie gevoel van moord. Hoe moet mens aangaan, hoe moet mens net bly oorsien aanvaar en vergete….. dit raak net erger en erger….. Ek bid vir die land wat eens so so mooi en lekker en veilig was …. al die wiele het nou op die grond geval en dit rol alle rigtings in.

carel ·

en nou wil Zuma ons wapens wegvat?

Vir die wat my nie verstaan nie dit beteken skurke gaan wapens he en ons nie.

Zuma jy moet gaan kyk meeste van die moorde word met jou veiligheids magte se wapens gepleeg (lees die nuus z88 en R5 gewere – dit is deel van al die wapens wat SAP nie voor kan account nie?)

Lettie ·

Zuma lag nie net nie, dis deel van sy plan!! My innige simpatie met die familie, mag God julle berusting gee.

Freddie ·

Asseblief , spandeeer elke bietjie geld aan ekstra veiligheid vir julle en jul families , dit gaan nie ophou , net erger word. Veligheidskomplekse is nie velig , ons het 4 huis invalle gehad die laaste 2 maande in ons kompleks.

Sumari ·

Waar gaan die land heen? Dit wat ek nou sê bedoel ek glad nie lelik nie,maar ek dink nie om vir die land te bid gaan help nie,want die duiwel is los. Ek wens net hulle wil die wat dit doen vang en vir baie lank wegsluit,maar nee hulle word nie gevang nie en dan doen hulle dit maar net weer aan ander families.

CHRISTA ·

Sumari, gebed is hoe ons met die liewe HERE kommunikeer. Ons moet terugdraai na Hom, want ons volg Hom nie meer soos voorheen nie. Met Hom aan ons sy hoef ons nie die duiwel te vrees nie, want Hy het die duiwel verslaan!!! Hou net aan Hom vas!!!

tina ·

Eerstens ..my innige simpatie aan die geliefdes. Ons is almal hartseer oor jul verlies.Mag die Here jul krag en genade gee, om die ondraaglike te dra. Woorde skiet ver te kort om te troos en ek glo elke Maroela Media-leser bid vir jul vir krag en sterkte.
Nietemin moet ons hierdie as is ‘n sielkundige oorlogvoering van die oorheersende party sien, om mense geestelik en fisiek te breek, te manipuleer en te indoktrineer, sodat die oorgang na ‘n algehele marxistiese regering onafwendbaar is.
Ons MAG nie in sak en as sit nie, mense. Die duiwels kan nie ons geloof in die Here stilmaak nie en AL antwoord wat ek ken, IS OM TE BID tot lig deurbreek…waaksaam te wees en verstandig te wees,kennis wysheid en insig te bekom…met ander woorde : laat dit nie LIPPETAAL wees maar DAADWERKLIK : KEER TERUG TOT GOD…dan SAL Hy ons genadig wees. Sy Woord leer ons immers : -‘nie deur krag of geweld, maar deur my Gees’.

susan ·

Tina ek kon dit nie beter se nie. Sterkte aan daardie familie. Ons bid vir julle.

pjkruger ·

Tina ek stem saam. Ons moet eenvoudig verenig in gebed. Ek en my vrou bid elke aand 9uur vir ons land, sy mense en leiers. Kom ons doen dit asb almal. Dis al wat ons gaan red in SA.

LEON ·

DOODSTRAF DOOOOOOODSTRAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!MAAR ONGELUKKIG GAAN 90 PERSENT VAN ONS MINDERBEVOOREGTES HANG

K Swanepoel ·

Sjoe, wat gaan aan met SA?
Martinus het saam met my gewerk. Daar moet sekerlik kameras op wees by Parklands Estate?
Mag die honed wat dit gedoen word gevang word, hulle hoort nie agter tralies nie, hulle hoort in die grond.

Dave ·

Maroela…, jul lesers is lief vir julle maar stry dikwels met julle oor woordgebruik. Dit is weer so – moet asseblief nie moordenaars beskryf as rowers nie. In Suid Afrika is dit moordenaars wat inbreek en roof want hulle is wreed en gereed om te moor. Hulle is nie mense nie maar gewetenlose monsters.

Natasha Brittz ·

Pateties. Wat nou Mnr die President wat van hierdie land n wapenvrye land wil maak. Nog n onskuldige WIT man wat se lewe geneem is, en jy vertel die misdaad in ons land is onder beheer.

Liewe lulu ·

Dagvaar die MRK. Hulle moet verantwoordeliklheid neem, want ons geniet geen beskerming nie

tina ·

pjkruger, dit is wonderlik om te weet dat mense bid vir ons mooi land. Dit is ook dan die opdrag uit die Woord van God aan Sy kinders. ‘Bid vir die redding van jou regeringshoofde en hulle ondergeskiktes (1 Tim.2:1-4).
Hieruit is dit tog duidelik. Geloof is nie ‘n ‘kwik fix’ nie. Geloof EN hoop, loop hand aan hand..die een kan nie sonder die ander..Ons moet VOLHARD in gebed. Vrede vir al Maroela Media lesers en SKEP MOED.

Liza ·

Ek stem saam met jou Christa, dit is weer tyd dat almal GOD in hulle lewens toelaat

Piet Pompies ·

Ek glo soos baie ander mense hier bo dat ons land se oplossing vir die geweld en al die ander probleme in ons geloof lê. Die huidige regering het bewys dat hulle dit nie kan doen, die oposisie partye is net te klein om die groot verskil te maak. As ek elke aand bid voor my God vir my gesin en ons mense en die land, dan weet ek dat net Hy ons kan help.

Michiel ·

Dave, ja, mense moet regtig probeer sinvolel kommentaar op die berig self lewer of stilbly. Verder dink ek as mense raad het om jouself te beskerm – engiets moet mens daaroor gesles. Ek weet as dit’n oormag ishetmens ampers nie kans, maar daar moet dinge wees. Byvoorbeeld Sondagaand op Carte Blanche toe hulle weer ebrig oor die polisiemanne van edenvale wat mense aanval ens het iemand gepraat van ‘n app wat mens kan aflaai wat jy dadelik kan “recordings” stuur van wat geberu aan iemand wat kan kom help. Het ongelukkig niemooi geluister maar as mense weet van so iets, VERTEL vir almal. Iets wta jy in ‘n oomblik kan doen! Daar wa sop ‘n kol ‘n baie goedkoop selfoon met groot knoppies ne goed spesiaal soos vir oumense en as jy in die nood is druk jy ‘n nommer, jy hoef nie eers te bel en ek dink iets soos 5 mense kry onmiddellike sms/oproep dat jy in die nood is. Dit was ‘n swak foontjie, maar daardie was wat my betref ‘n fantastiese funksie vir enigeen in nood! Sekerlik kan mens vra dat ander mense soos Nokia ens ook so iets kan instel op hul fone – ek dink mens moet VRA vir so iets.

Dave ·

Stem saam Michiel. Ek is self daaraan skuldig om somtyds uiting aan persoonlike menings te gee en dit dien dikwels geen werklike doel. Dit is dan wanneer ons soos papegaaie agter mekaar praat en dieselfde dinge met verskillende woorde sê. So jy nou hier sê sal dit sinvol wees indien ons mekaar wenke kan gee. Ek het netnou voorgestel dat ‘n sementstrook aan die binnekant van die heining van ‘n woonkompleks gedoen word. Ek sê male sonder tal aan mense om veiligheidshekke in hul gange wat na die slaapkamers lei, aan te bring. Dìt is die tipe kommentare wat nodig is.

HENNA ·

SIMPATIE aan Chenelle en hul kindjie en die familie.
En al die kommentaar is dit n-o-d-i g om mekaar nou
so aan te val ??

Johannes Meintjes ·

Tragies, – en nog geen aanduiding van die onderlinge wil tot verbeterde nasionale buurt en plaaswagstelsels nie. Gebed en geloof sonder aksie in beide noodweer en pro-aktiewe verandering is net so dood soos die groeiende getal dooie blankes in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.