Jong pa se skieter skuldig bevind

Mohamed Dangor (Foto: Facebook)

Confidence Sekgoro (39) is Donderdag in die rondgaande hof in Klerksdorp, Noordwes, skuldig bevind aan die moord op Mohamed Dangor.

Die 31-jarige Dangor was ʼn getroude pa van drie.

Sekgoro is ook op twee aanklagte van poging tot moord skuldig bevind rakende die voorval wat op 11 November 2019 by Speedy Car Sales in Klerksdorp plaasgevind het.

Die hof het Sekgoro se weergawe dat hy in selfverdediging opgetree het, verwerp nadat beeldmateriaal van die skietery aan die hof voorgelê is. Die regter het die staat se weergawe dat Sekgoro se lewe nie in gevaar was nie, aanvaar en ook saamgestem met adv. Rieke Krause, vir die staat, dat Sekgoro met voorbedagte rade opgetree het.

Henry Mamaothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Sekgoro is vroeër op borgtog vrygelaat, maar dit is teruggetrek nadat hy skuldig bevind is. Vonnisverrigtinge sal op 11 en 12 April plaasvind.

Sekgoro het in April 2019 ʼn motor by Speedy Car Sales gekoop. Hy het later gekla dat daar fout was met die motor en het dit teruggeneem na die handelaar. ʼn Inspeksie het gewys daar is niks fout met die motor nie en Sekgoro moes vir die vervoer van die motor betaal voordat hy die motor kon terugkry. Sekgoro het ʼn hof genader in ʼn poging om sy motor terug te kry, maar sy aansoek is van die hofrol verwyder.

Sekgoro is op 11 November 2019 terug na die handelaar om sy motor te kry. Daar is egter weer vir hom gesê om eers die betaling te doen voordat hy sy motor kon kry. Sekgoro is hierna na ʼn kantoor waar hy op Dangor en Yusuf Ally (61) losgebrand het. Hy het uit die kantoor gestap en toe op Mebs Soomra (36) in die vertoonlokaal losgebrand.

Dangor is op die toneel dood verklaar. Soomra en Ally is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Sekgoro het ná die voorval aanwysings na die naaste polisiestasie gevra en hom aan die polisie oorgegee. Hy is later op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Mohamed was die seun van Farouk en Shameema Dangor, bekendes in Klerksdorp se sakekringe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jr

Nou nie meer so Confident nie

Marius

Ek kan nie glo die gespuis kry borgtog nadat hy mense doodgemaak het nie.

Diline

Gooi hom in die tronk en gooi die sleutel weg! Hoop hierdie skurk sit lank. Dis nie die wilde weste waar hy mense kan skiet oor hy ongeluukig voel nie. Tipiese gedrag van “our people”

marius

Tand vir ‘n tand . Dis al .

casper

Bring terug die doodstraf !!