Jong pa tronk toe na moord

Romano Blaauw in die hof. Foto: Raahil Sain/ANA

ʼn Drie‑en-twintigjarige man is Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy dogtertjie se ma.

Romano Blaauw het skuldig gepleit op die aanklag dat hy Millesem van Dyk in Augustus verlede jaar vermoor het. Sy is verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Blaauw het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarna die staat talle ander aanklagte, waaronder aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging, teen Blaauw laat vaar het.

Blaauw het in sy pleitverduideliking aangevoer hy het Van Dyk meer as 15 jaar terug ontmoet en dat hulle in die tyd elke nou en dan in ʼn verhouding was. Sy het in 2016 swanger geraak met hul dogtertjie.

Volgens Blaauw was hy in die tyd al vir sowat drie jaar aan tik verslaaf en het hy Van Dyk gekonfronteer nadat sy aan hul dogtertjie geboorte gegee het aangesien hy bekommerd was dat sy ook dwelms gebruik het. Hy het gesê Van Dyk was al voorheen aan kokaïen verslaaf en dat sy geen kontak met haar ander twee kinders gehad het nie as gevolg daarvan.

“Sy het begin om ons kind te verwaarloos en vir tot twee weke op ʼn slag net te verdwyn. Sy sou ons dogter by haar suster los sonder kos. Sy het uiteindelik erken dat sy tik gebruik het aangesien sy nie meer kokaïen kon bekostig nie.”

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het later die kind uit die ouers se sorg verwyder. Volgens Blaauw was daar dikwels spanning tussen hom en Van Dyk en het hy haar probeer oorreed om haar dwelmgebruik te staak sodat hulle hul dogter weer in hul sorg kon kry.

Blaauw het in die tyd nie ʼn werk gehad nie en kon nie vir sy dogter sorg nie. Hy is later vir ʼn ander misdaad in hegtenis geneem en was sewe maande in die tronk.

Blaauw se pa het intussen sy kleinkind in sy sorg geneem. Op die dag van die moord is Blaauw na Van Dyk se suster se huis. Volgens hom het hy Van Dyk gesmeek om op te hou dwelms gebruik. “Sy het nie normaal opgetree nie en dit het gelyk of sy onder die invloed was. Sy het my met ʼn beker wat in haar hand was, geslaan.”

Volgens Blaauw het hy baie kwaad geword waarna hy haar verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Hy erken in sy pleitverduideliking dat sy optrede “totaal onnodig” was en dat hy uit woede en nie selfverdediging nie opgetree het.

Blaauw is al voorheen aan aanranding en diefstal skuldig bevind. Hy het gesê hy wil sy lewe omkeer en dat hy sy tronkstraf sien as ʼn manier om homself te rehabiliteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Abe ·

Penellope Jones,
Ek kry die indruk dat wat ookal van die arme kind gaan word, sy nie maklik slegter daaraan toe sal wees as in die sorg van enigeen van die ouers nie.

Natalene Visser ·

Dit is n hartseer geval vir my. Kry die indruk dat hy totaal eerlik is oor homself en aanvaar dat hy tronkstraf moet kry. Mag hy die gevangenesdiens se opheffingsdienste gebruik en eendag n beter mens daar uitstap. Glo dat dit sy pa is wat by hom in die hof staan. Foeitog, n hartseer gesig. Bid vir hulle.

anita ·

Bring doodstraf terug. Dis al hoe tronke leeg gaan bly en minder moorde

Niklaas ·

Die misbruik van daardie Tik dwelms lei altyd tot vreeslike voorvalle van geweld of moord. Diegene wat dit verkoop moet ook soos moordenaars swaar strawwe kry. Geen genade moet betoon word nie.

Pitty ·

En die feit dat die vrou elke keer haar kind in ander mense se sorg plaas bewys vir my dat by dwelmgebruikers na die eerste baba n sterelisasie moet plaasvind. Nou is daar drie kinders vir wie ander mense moet sorg.

Kwaad ·

Tik vernietig baie gesinne, ook blankes sn. Die kinders word dan sonder n ma of pa groot. Weereens beskerm die regstelsel die die krimineel en kry hy staatshulp om homself in die hof te verdedig. Gee dwelmsmouse die doodstraf, soos in sommige ander lande!

ek se net uit ervaring ·

@pitty al is jy verslaaf aan wat ookal en hoe wreed die persoon ookal is hulle stereliseer nie sommer net nie jy moet of n sekere ouderdom wees of jy moet n mediese rede he.

Wie weet ·

wel jy het nou 20 jaar om jou lewe reg te ruk dis net jammer dis in die tronk an daar is omtrent almal op drugs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.