Jong pa tydens plaasaanval vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Jakes van Deventer (35) is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn plaas naby Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo vermoor.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vier verdagtes het die man en sy gesin omstreeks 01:00 in hul huis oorval. Hulle het glo toegang tot die huis verkry deur die kombuisdeur en veiligheidshek oop te breek.

“Die verdagtes het die slagoffer in sy slaapkamer aangeval en met skerp voorwerpe gesteek. Hy is op die toneel dood. Die verdagtes het die vrou aangerand, maar sy kon die aanvallers afweer en het glo een van hulle met ʼn mes gesteek,” het Otto gesê.

Die verdagtes het twee televisiestelle, ʼn handsak en ʼn vuurwapen gesteel en van die toneel af gevlug.

Na wat verneem word, is die vrou se vingers onder meer gebreek.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê sy is na die St. Vincent’s-hospitaal in Bela-Bela geneem vir mediese behandeling.

Die paartjie se drie kinders en hul ouma was tydens die aanval in die huis. Na wat vasgestel kan word, is hulle erg getraumatiseer.

Die polisie het reeds van die klere en die televisiestelle teruggevind.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie is op die toneel om met die hulp van spoorsnyers en die honde-eenheid na die verdagtes te soek.

Lees ook die opvolgberig: Foto’s: Warmbad-plaasaanval: Ma veg verbete terug, verdagte later vasgetrek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

KAG ·

Waar de hel gaan hierdie eindig….. Nog ‘n dag, nog ‘n boer dood.. Vermoor deur satanskinders. Nee wat, hierdie land is ‘n gemors.

boer ·

Hoor,Hoor!!!. Dis die enigste uitweg vir ons volk. Nog n jong man en boer weg geneem
van sy geliefdes.

Ek is g@tvol!!!!!!

nig ·

Jinne mens moet behoorlik met oop oë slaap. Het honde nie geblaf en het niemand dan gehoor toe vieligheidsdeur ens gebreek word nie? Dit moes seker tog raas? Ek dink mens moet ook maar deesdae allerhande “traps” stel, bv sit ‘n leë koekblik voor deure dat dit omval en geraas maak as iemand inkom, allerhande goed waaroor hulle struikel en val by deure en so – ja dis dalk moeite en klink miskien simpel, maar enigiets is beter as niks. Hoe meer geraas gemaak word hoe gouer kan mens dalk reageer, almal toesluit in ‘n vertrek en hulp ontbied.

Dalleen ·

Nig, dit raas heelwat minder as wat mens sou dink. Daar is so ‘n paar Desembers terug by ons huisie ingebreek (bly in kompleks – bo) en nie een van ons bure het enigiets gehoor toe hulle ons hek en deur oopgebreek het nie. Later gesels ons met ander mense en hoor dat so iets ook nog baie vinnig gebeur. Een oomblik dink jy jy is veilig en die volgende oomblik staan hulle in jou huis … En die skelms struikel en val lankal nie meer in die donker rond nie – hulle sit die ligte aan! Nou pak ek maar elke aand my ‘fortifications’ teen die voordeur – plastiekstoele tussen die deur en die bank ens.

nig ·

Dalleen, ek hoor jou. Ek glo egter aang eraasmakers en goeters oral rondpak, al si thuld ie ligte aan moet hul nogtans om dit beweeg en dit alleen kan jou redding wees. Ek stem vir stoele pak teen die voordeur – kom basies op dieselfde neer. Maar waar was die honde of het hulle nie? Ek weet honde kan vergiftig word maar kry ‘n keffertjie wat in die huis slaap en gou alarm sal maak. Dis baie erg en mens moet doen wat jy kan. Mens kry allerhande infrarooi alarmogies wat jy oral onopsigtelik kan insit en wat alarms afgee – ‘n ou moet maar doen wat jy kan met wat jy kan. Ons moet self na onsself kyk – burgerbandradio moet dalk terugkom, selfone word gou gesteel en sou mens se vingers gebreek word sal jy dalk eerder emt radio kan werk as probeer bel.

EMK ·

Om ‘n deur EN veiligheidsdeur oop te breek moet TOG raas. Mense moet regtig hulself beveilig. Ek stem vir ‘n kefferhondjie. Kry ook meer as een tipe alarmstelsel. Hoe meer dinge hul toegang belemmer hoe meer tyd het mens om aksie te neem. Baie jammer vir hierdie jong gesin.

Dave ·

Honde iin die huis nig en dit geld vir Dalleen ook.Laat ‘n keffertjie in die huis slaap wat jou sal waarsku as die brakke daar is. En ‘n traliedeur tussen die slaapkamer en die res van die huis.

Eliza-beth ·

Dave – stem saam. So raasbekhondjie gee mens ty dom iets te doen. Honde buite ook nog. Mense moet net leer om te reageer as hul diere blaf. Ongelukkig blaf sommiges se honde aanmekaaar en vir niks omdat hul nie reg geleer is nie, dus “hoor” eienaars hulle nie meer nie. Ons honde blaf regtig NET as iets snaaks gebeur (eenkeer ‘n veldbrand wat naby ons plot was en een keer toe ‘n tater nog dink hy kon hier inkom)en ons het spesiale skakelaars wat ons net ‘n knoppie druk en onmiddellik gaan vloedligte aan. Ons het ook ‘n alarmstelsel wat ons onmiddellik kan druk – alles dinge wat hul laat skrik en jou die nodige paar minute gee om iets te doen. Mens moet weerbaar wees. Niemand gaand it VIR ons doen nie, mens moet maar self planne uitdink.

Dave ·

Dit is lekker lees Elizabeth, om te sien hoe voorbereid julle is! Soos jy sê, ‘n raasbekhondjie gee jou tyd om wakker te word en vuurwapens te gryp en om ‘n oproep te maak. Julle het veel verder gegaan met beskerming, Soos jy sê, ons is op self aangewese.

scalla ·

Dit kan mos nie so aangaan nie, owerhede kan mos sien dit gaan net oor moord en doodslag, vier lafaards, sterkte aan die gesin.

Elizabeth ·

Wanneer word daar opgetree teenoor die plaasmoorde daar word net gepraat daaroor en niks gebeur nie hoeveel moet nog vermoor word voordat daar opgetree word bring die doodstraf terug

Natasja ·

Wil nou tegnies raak.. DIT WAS NIE N PLAAS AANVAL NIE!!!

kyk wat gebeur het is regtig vreeslik hardseer! en daar is 4 kinders nie 3 nie, so dis nou 4 kinders sonder n pappa! Volgens die groepe hier in warmbad is daar 1 vewrdagte vanoggend vas getrek… dink daars n paar manne wat n tydjie aleen met hom wil he!!

Fritz Botes ·

Die doodstaf is te maklik. Gee hom ‘n pil sodat hy stadig die pyn deur sy liggaam voel.

Jean ·

Wel daar was n aanval en dit was op n plaas….1+1=? ek wil ok nie nou tog tegnies raak nie maar regtig jy was sarkasties ne? Wel ek hoop so…regtig.. Ag en jul hoof dit ok tog nie te post nie…

Anoniem ·

Jakes rest in peace. Sal jou lewensvreugde mis.
Sterkte aan gesin en mag Jesus se hand oor julle waak.

Alta ·

Dit is regtig verskriklik. Die mense van hierdie land het geen gevoel vir ander mense. Wette hoef nie nagekom te word. Dit is amper onmoontlik om jou kinders nog tussen reg en verkeerd te leer. Dit wat by jou mond uitkom en dit wat hulle sien en ervaar is so verskillend. Ons leer dat getuienis die beste middel van leer en onthou is, so wat beteken jou waardes, liefde en geloof nog. Ek weet nie eens of daar nog enige iets is wat ons van ons kant af kan doen nie. Vrye spraak is ook nie eens meer regtig vrye spraak nie. Ons hande is afgekap, ons land gaan ten gronde en niemand erken dat hy skuld daaraan het nie nee eerder gee ons die of dat die skuld. Dit is onmoontlik om saam te staan, so wat nou. ek weet wat ek kan doen, en sal baie ander aanraai om dit ook te doen. Ek glo in my God, my enigste Vader in die Hemel en weet dat ek moet gereed wees vir die dag van my vetrek na Hom. Hier op aarde is niks meer wat ek kan doen nie, net bly glo en vertrou en te bid vir almal wat onder die druk is van aardse gebeurtenisse.

pop ·

Is daar nie n nuusstasie waar al die moorde oor en oor kan uitgesaai word nie, tot siekwordens toe oor. Soos die minister wat nou op die pad gesterf het. Dis soveel keer herhaal al dat ek wil skreeu. Nouja ons mense word vermoor. Saai dit ook al om die halfuur uit. Die wereld sal dalk dan kennis neem dat hier n slagting erger as in n oorlog aan te gebeur is.

Gina Slabbert ·

Kyk nou net- Die ANC gaan nou aan hou oor hierdie duurbare swart man wat die naweek in n ongeluk dood is, MAAR wie gee om oor die gesin wat agter bly, wat nou. Vir die staat is dit niks nie maar vir ons boere is dit hel op aarde. Dis tyd mense dat ons moet opstaan, maar hoe? Teen die Magte en boos doeners daar buite. Ekkan net bid dat GOD nou sal begin intree. Vir die familie kan ek net sê-jammer? maar dit gaan hom nie terug bring nie, maar ek voel jul pyn en hartseer en sterkte vir julle

Theresa ·

Sinneloos en onnodig. Elke dag moet jy van dit hoor en lees. Mens raak nou al by gatvol verby hoor! Maar die regering voel ‘n veer. Daar word net altyd “gepraat” en verdomp niks gedoen nie.

ladybug ·

Ek dink ons moet die bordjies verhang en by hulle begin inbreek, moor en roof …

BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Elize ·

Daar is net 3 kinders 5,3, en 4 maande oud en n ouma. Weet iemand dalk wat is plaasmoorde se statistiek vir die 2 maande en 17 dae van die jaar? Mens hoor bykans weekliks van n plaasmoord. Ek wens net die owerhede wil agterkom dat meeste kriminele dade deur onwettige immigrante gedoen word, en dat parool te vinnig en strawwe te lig is, ek stem saam bring die doodstraf terug.

Ria ·

Ons moet begin om bymekaar te kom. Elke dorp en streek. As daar mense is wat al aangeval was moet hulle deel met hoe die barbare optree en enige inligting wat kan help. As daar iemand is wat kan demonstreer hoe om selfverdediging toe te pas en iemand wat idees gee hoe om “booby traps” te prakseer. Daar is baie maniere hoe om hand wapens te maak, ons moet begin terugveg. Ons kan nie die wet in eie hander neem nie, maar ons kan ons self verdedig en seker maak die barbare maak dit nie tot die polisie opdaag nie. Ons moet net begin bymekaar kom.

Manie ·

Ja die Afrikaner wil versoen maar die res vermoor hulle op byna daaglikse ritme.
Zimbabwiers word meesal verbind met die dade. Was dit hulle doel van die begin af toe hulle in groot getalle die land binne gestroom het?

*Chris van Lill ·

Ek is stom geslaan. In Namibie is dieselfde stadig besig om plaas te vind. Die dorp Mariental is ‘n jong vrou ingewag deur haar booswig. Hy het haar prober verkrag en vermoor maar sy het terug baklei soos ‘n tierwyfie. Die buur tannie het die Nam Pol gebel, en dis nou 2 tot 4 dae later en die het nog nie opgedaag nie. Bure het later gaan help en die blikkiesdorp het ongelukkig weggekom.

Jani ·

Ek wil net almal reg help wat so baie vinnig “half beskuldigings” rond gooi, daar was 4 kinders in die huis (2seuntjies en 2dogertjies) die jongste is maar 4maande oud!! Hulle het niks gehoor nie omdat die skelms goed gespuit het sodat hulle nie moes wakker word nie!! En ja hulle het honde maar dit het nie eers gehelp nie!! Die man wat oorlede is is my man se neef hy is in sy slaap aangeval. Die ouma en 2 van die kleintjies was in die spaarkamer gewees toe dit gebeur het. En dit was op `n klein hoewe net buite kant Bela Bela.

Eliza-beth ·

Jani, dankie dat jy dit opgeklaar het. Ek dink nie iemand het half beskuldig nie, mens wonder net en leer dan (met jou inligting) wat kan gebeur dat mense nie hoor nie. Ek dink mens moet maar allerhande dinge probeer om veilig te bly en mense moet asb raad uitdeel oor dinge wat probeer kan word. Ons almal voel beslis BAIE jammer vir hierdie jong gesin, wees verseker.

Kaaiman ·

Die mense wat so pleit dat die “doodstraf teruggebring” moet word, kan maar vergeet daarvan. Hierdie land se regering is behep met menseregte en die “barbaarse” manier van straf deur die dood. Dit gaan nie gebeur nie. Die ENIGSTE weg is selfbeskerming – opleiding, wapens, alarms van alle soorte (o.a spreiligte wat self aangaan) wat ‘n helse lawaai maak, honde, noem maar op. Spandeer geld pro-aktief, eerder as om agterna vertroosting te soek. Wees voorbereid, ons leef eintlik in ‘n oorlogsone. Dis nie ‘n geval of jy (of jou mense) aangeval gaan word nie, dis ‘n geval van wanneer. “Mark my words”.

Louw van Deventer ·

Innige simpatie aan die gesin.Die VAN DEVENTER familiebond betreur die moord op een van ons vangenote en sterkte aan die familie.Wat was Jake se doopname en geboortedatum?

Tom Theron ·

Versoening is ‘n twee-rigting straat, wat effektief deur pres. Zuma en die meerderheid van die land se inwoners van die hand gewys word.

Afrikaner-bewegings moet hierdie werklikheid as feit aanvaar, hoe lank gaan daar nog “gehoop” word dinge sal beter gaan? “Bring terug die doodstraf” ?…jy mors asem en energie. Vergeet van enige inisiatief van regeringskant en werk aan werklike oplossings. Eie instellings, eie banke, eie besighede. Bou brue met buiteland (ook ander Afrika-lande), waardeur Afrikaner-besighede se klientebasis uitgebrei kan word, onafhanklik van die plaaslike ekonomie. Eie universiteite en skole – dankie Solidariteit vir die voortou hier.

Daar is nog baie meer om te doen – dink oplossingsgerig, nie onwerklike verwagtings van die regering se optrede nie!

Jean ·

Regtig tragies en heeltemal onaanvaarbaar, my gebede en innige simpatie aan die familie en almal geraak deur nog n barbaarse rassistiese daad. Die regering het n verantwoordelikheid om sy burgers te beskerm! Die versuim hy geheel en al deur moedswilligheid en onbevoegheid.. Dis waar die skrif is aan die muur, as die blankes eenigsins nog n bestaans reg wil he in Suid Afrika sal daadwerlik opgetree moet word en binnekort want die blanke Afrikaner word geteiken en uitgewis… So een vir een moord kom hul daarmee weg. Druk moet op die regering geplaas word om op te tree, die buite land moet weet van die gruwel dade van n volksmoord wat gepleeg word sodat die wat regtig daarvan verantwoordelik is verantwoording kan doen. Massa blanke optredes en optredes wat die land sal beinvloed word benodig, magtig man is daar dan geen invloedryke blanke Suid Afrikaners oor nie of te minste n paar slim koppe wat bymekaar kan kom om te sien wat gedoen kan word nie??. Hopelik met optredes kan die blankes die buitelandse oog gevestig kry op wat werlik hier aangaan… Miskien met buitelandse druk kan die sukkelende ongevoelige regering n doel begin dien en sy werk begin doen om al sy burgers te beskerm. Om heeltyd te skreeu bring die doodstraf terug gaan nie help nie want die regering VOEL VERE MENSE VERE!!. Die blanke Afrikaners verwag die situasie om te verander maar niemand wil regtig betrokke raak nie…..al wat daar is is net tydelikke frustrasie en dan vergeet ons maar weer tot n volgende keer………ek wet jul volgende week praat ons maar net weer oor dieselfe tema maar n ander vermoorde blanke persoon…

blom ·

Ek het al gedink ons moet oorsese koerante en media se email adresse kry. Dan al die berigte vir hulle aanstuur. Ook moet ons mense aanmoedig om hul eie persoonlike stories wat nie die nuus haal nie, na die oorsese koerante en media stuur. Wanneer die nuus oorsee oorweldig word met alle Suid Afrikaners wat hul stories deel en berigte aanstuur, dan behoort daar dalk iets gedoen word. Miskien dan sal ons hulp kry. Oorsese media word nie so beheer soos hier nie. En daar is baie “aktiviste” wat by hulle president sal wil weet hoekom daar niks gedoen word nie. Ons moet veral die Duitse en nederlandse koerante target. Ons moet die wereld inlig wat hier besig is om te gebeur. Die afbreek en afbrand van geboue oor gesteelde elektrisisteit? En dit nogal ‘n Kliniek?

Dave ·

Suid Afrikaners van oor die wêreld lees daagliks dieselfde koerante as jy en die nuus is beskikbaar oorsee. Vra húlle waarom hulle dit nie doen nie en dit sal jòu baie moeite spaar.

Carol Behr ·

My innige simpatie aan Jakes se naasbestaandes. RIP Jakes.

jacques ·

Baie jammer om te hoor ja wat ek eintlik graag sou wou se sal hulle elkgeval nie kan post nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.