Jong pa van Alberton ‘gekaap, bedwelm’

Dewald en Luciel Bala. Foto: Facebook

Dewald en Luciel Bala. Foto: Facebook

Dewald Bala (33) van Alberton aan die Oos-Rand is na bewering Donderdagoggend naby sy huis gekaap waarna sy vermeende ontvoerders hom glo bedwelm en vir ure met hom rondgery het voor hulle hom naby Parys in die Vrystaat afgelaai het.

Konst. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Bala se vermeende ontvoerders het hom op die N1 naby Parys afgelaai. Bala het glo op die R59-pad na Parys gestap om hulp te soek. ʼn Verbyganger het Bala na die polisiekantoor in Parys gevat.

Nicci Bala, Dewald se skoonsuster, het aan Maroela Media gesê die kaping het by ʼn verkeerslig op die hoek van Atmore- en Vermootenstraat in Brackenhurst plaasgevind. Sy het gesê daar was ʼn week gelede ook ʼn poging om Dewald te kaap.

Volgens Nicci het die kapers Dewald gedwing om pille te sluk. Hy het glo vir nagenoeg vier ure rondgedwaal nadat hy naby Parys afgelaai is. Dewald se vrou, Luciel, is omstreeks 22:00 Donderdagaand meegedeel dat haar man veilig gevind is.

“Ons prys die Here dat hy veilig gevind is. Ons gebede is gisteraand beantwoord, want ons weet in 99% van sulke gevalle word mense erg seergemaak of vermoor. Dit is ondenkbaar dat enige mens deur so iets moet gaan,” het Nicci gesê. Dewald en Luciel se seuntjie het in Februarie sy eerste verjaarsdag gevier.

Nicci het gesê Dewald is reeds terug by die huis en is deur ʼn dokter ondersoek. Hy het ʼn wond aan sy gesig opgedoen nadat die kapers hom glo met ʼn vuurwapen geslaan het. Nicci het die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums in Alberton bedank vir hul hulp.

Konst. Ntsika het intussen bevestig dat Bala se motor, ʼn silwer Golf 6 TDI, nog nie gevind is nie. Sy selfoon en beursie is ook gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

9 Kommentare

Pestelensies ·

Verskriklik, maar net NOG EEN! dit gaan net erger word!!

Rensche ·

It is good knowing about these things happening, but please when you write for the media, check your spelling and grammer before publishing.

Rensche ·

Now that is not what I wrote! What is wrong with your website?
Dit is mos nie wat ek geskryf het nie? Wat is fout met jul webblad?

Rensche ·

Now that is not what I wrote! What is wrong with your website?
Dit is mos nie wat ek geskryf het nie? Wat is fout met jul webblad?

Esther ·

Het die spelling nou ENIGSINS iets met die article gehad??? Ai nee man… Wees liewer dankbaar dat die man VEILIG by sy gesin is!!!!!!

Esther ·

Het die spelling nou ENIGSINS iets met die article gehad??? Ai nee man… Wees liewer dankbaar dat die man VEILIG by sy gesin is!!!!!!

V ·

Liewe genugtig wat stres jy so oor die spelling en wat jy geskryf het.Praat van Afr en Eng meng.Is jy Afr of Eng?Die belangrikste hier is n jong pa wat gekaap en bedwelm is,die gemors worry glad nie deesdae wat hul met ons maak nie.

lizette ·

More redaksie- kan ons meer nuusberigte kry asb. Ek geniet maroela maar vergeleke die ander webblaaie, kort julle nog nuus en meer gereeld “update” deur die loop van die dag.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.