Jong pa vir twee selfone op kleinhoewe vermoor

Nico Ras en sy seun Dean . Foto: Verskaf

Nico Ras en sy seun Dean . Foto: Verskaf

ʼn Jong pa van Pretoria is Vrydagaand op ʼn kleinhoewe buite die stad deur ʼn bende van nagenoeg agt mans koelbloedig vermoor vir twee selfone.

Nico Ras (31) was Vrydagaand omstreeks 23:00 buite ʼn kommunehuis op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Wes besig om ʼn sigaret te rook toe hy deur die gewapende mans oorval is. Hy is eers met die kolf van ʼn geweer op sy oogbank geslaan waarna hy so hard in sy ribbes geslaan is, dat dit gebreek het.

“Hy was besig om terug na die huis te struikel toe hulle hom in sy rug geskiet het,” het Ras se gebroke vrou, Antoinette (36), Maandag aan Maroela Media gesê. Hulle het bly skiet en hom twee keer in die maag en ook in die sy getref.

Sy het gesê hul vriende, JJ Venter (25) en sy verloofde, Marlise Jacobs (22), en nog ʼn gesin woon ook in die kommune. Altesaam vyf gesinne en twee enkellopendes woon op die kleinhoewe.

“Dit het soos ʼn oorlogsone geklink. Ek het minstens tien skote gehoor,” het Jacobs aan Maroela Media gesê. Sy en Venter was tydens die aanval in hul kamer saam met Jacobs se vierjarige dogter, Abigail. Venter het opgespring om hulle in hul kamer te beveilig, maar is van buite af deur die venster geskiet. Hy is in sy rug geskiet.

Intussen het een van die aanvallers toegang tot Antoinette se eenheid bekom deur ʼn badkamervenster oop te breek. Sy en Nico se seun, Dean (wat oor twee maande twee jaar oud word), was tydens die aanval in die kamer. Nico was ʼn veiligheidsbeampte en Antoinette kon sy pepersproei in die hande kry en ʼn aanvaller daarmee afweer.

“Skielik het iemand anders wat ook op die kleinhoewe was, twee skote afgevuur en daarna het almal gevlug. Sover ons kon vasstel is net die twee selfone, wat Nico by hom gehad het, gesteel,” het Antoinette bygevoeg.

Nico het van buite af om hulp geroep en gesê: “Bok, kom help my, ek is geskiet”. Sy het haar man ingehelp en sy wonde op hul bed met Dettol behandel. “Hy het vir my gesê hy is lief vir my en dat ek hom moet vergewe as hy ooit iets verkeerd gedoen het.”

Paramedici van Best Care-ambulansdienste was 15 minute later op die toneel en het met Nico en Venter na die Kalafong-hospitaal gehaas. Nico het Saterdag omstreeks 02:30 in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Venter is gestabiliseer en is Maandag reeds ontslaan. Antoinette en Jacobs het gesê hulle gaan nie terugkeer na die kleinhoewe nie. Antoinette en Dean woon nou by Nico se familie in Filadelfia Ark, ʼn plaas in die omgewing waar talle behoeftige mense en gesinne gehuisves en versorg word.

Antoinette het gesê Dean roep nog na sy pa en dat die twee onafskeidbaar was. “Nico was ʼn wonderlike man en ʼn fantastiese pa. Hy het baie omgegee vir ons en was altyd opgewek en vol grappe. Dean was altyd soos ʼn stertjie agter sy pappa aan as Nico nie gewerk het nie. Hy het Vrydagaand wakker geword toe ek Nico op die bed behandel het. Hy het Saterdag- en Sondagoggend wakker geskrik en geskree ‘Pappa eina, Pappa eina’,” het sy bygevoeg. Antoinette het nog nie toegang tot ʼn berader gehad nie, en sê sy fokus nou net om reëlings te tref dat Nico begrawe kan word.

Nico was die enigste kind. Buiten sy vrou en seun laat hy sy ma en stiefpa, Antoinette en Jimmy Reed, agter.

Jan Nel, die voorsitter van die Hercules sektor 4-gemeenskapspolisiëringsforum, het aan Maroela Media gesê daar is ʼn bende in die gebied wat al die afgelope twee jaar ʼn skrikbewind in die omgewing voer. “Hulle slaan toe op die weerloses op kleinhoewes en informele nedersettings. Hulle val nie net wit mense aan nie, maar ook swart inwoners en hulle steel gewoonlik kleiner items soos selfone, kontant en skootrekenaars,” het Nel gesê.

“Hulle is uiters gevaarlik en sal nie huiwer om te skiet nie. Donderdagaand was daar twee aanvalle skaars ʼn kilometer van waar Nico en JJ geskiet is. Tydens een voorval is ʼn Nigeriese dokter drie keer geskiet en beroof. Ons verneem dat hy stabiel is, maar steeds in die hospitaal.”

Nel het gesê die inwoners van die omgewing hou Dinsdag ʼn noodvergadering en hulle hoop dat ʼn verteenwoordiger van die Hercules-polisie hulle sal kom toespreek. “Ons het baie vrae vir die polisie.”

Kapt. Thomas Mufumadi, polisiewoordvoerder van die streek, kon ná verskeie pogings nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Willie ·

Waar gaan die eindig? Dit lyk nou soos moor vir moor spelletjie… maak n witte dood en wen n Datsun? Mense die tyd is hier om saam te staan… ons volkie word vermoor, ling en regs…

schalk ·

Waar gaan dit eindig? Die dag as alle witmense vermoor is. Dan sal hulle mekaar begin uitmoor.

Theresa B ·

Jip – En daar val ek weereens uit die bus met my kommentaar. Ek het nie eers gevloek nie maar seker omdat ek die woord rassis gebruik het. Maar hierdie klomp mag alles skryf en uitskreeu!!

PJ ·

Vra ek weer waar is de klerk en kie met al wysheid teewigte wigte en al Bach gaan seker nou weer vra of ek nie aan iets anders kan dink nie want my kommentaar aangaande de klerk raak afgesaag seker so maar feite bly feite en die waarheid maak seer

m ·

Dit lyk al hoe meer of hierdie mense in groot getalle nou op die plase en kleinhoewes toesak, dis lankal nie net 3 of so nie . Dis maak mens bekommerd want wie kan teen soveel veg en hulle weet dit al te goed??? Sterkte aan hierdie familie.

Jakes ·

Hulle weet al van die bende se bedrywighede vir 2 jaar , dis vrotsig , kan nie ñ bende in 2 jaar vang nie , pateties

Hannelie ·

Ja Jakes dis ‘n patetiese sekuriteit wat hul na 2 jaar nie kan vang nie.

Michael ·

Die mense wat so afgesonder bly moet hulself bewapen en paraat bly hulle kan nie op die bende in blou of die narre in bruin van hierdie piesang republiek vertrou vir beskerming nie.

Irene ·

Gomgatte dit is gewoonlik wanneer meer as een persoon jou aanval kan dit nie alleen doen nie. Seker malema se trawamte wat dit gedoen het

KP ·

Mense ons word deur terroriste geterorriseer en die regering gaan niks daaromtrent doen nie. Bewapen julle met enigiets wat jy jouself kan me verdedig en moet nie die polisie vertrou nie. Ons is in guerilla oorlog gewikkel waar almal wat weerloos is
aangeval word, veral as jy wit is, so wees bedagsaam.

Gesiggie ·

Ag nee dit maak my siek… hoe kan jul vir 2 selfone n onskuldigge Pa van so n klein seuntjie se lewe neem…Hierdie arm Dean nou sonder sy Pappa groot word… hul is ….. n mens het nie n naam”’ Ek voel bitter jammer vir jou Antionette … hierdie is nie maklik om te verwerk… ek hoop hierdie Moordernaars word vinnig gevang? Dit is beter kom so gou as kan weg van daai plek af” want jy sal vir die res van jou lewe terug kyk na die gebeure” Sterkte aan jou en jou Seuntjie… Mag God jul vertroos.

Uit die Ooste ·

Lees my kommentaar by Tzaneen plaasaanval.
Hulle maak jou dood vir 2 selfone. Waar gaan dit eindig . Julle bly in n siek land.
Sterkte.

Maggie van Zyl ·

Nee !! Hy en niemand anders word vermoor vir ‘n selfoon of 2 nie. Dit is net suiwer moord op die blankes, Maar hulle is slim, hulle sit en wag vir ure vir die witmense / boere om tuis te kom, vermoor hulle wreed, en vat dan ‘n selfoon of iets dergeliks, dan word dit roof met verswarende omstandighede…. 10 skote… dis net sommer lekkerkry skiet… Hulle is wreedaardig.

Hannelie ·

Julle hulle het gekom om ons blankes uit te roei! Ons moet ons voorberei daarop, want elke liewe dag lees ons in die koerante van blankes wat vermoor word. As jy die berigte lees, kan jy agterkom hulle wil ons dood!!! om 10 skote te vuur en nog die man se slaan. Een van die dae tel ‘n boer sy geweer op, o ja, hy sal seker sit.

Sarie ·

En daar kry nog ‘n span van die arme bloetjies dit reg om mense te dood en te moor net vir twee selfone. Dankie tog niemand het opgetree teen hulle nie want dan sou daardie betrokke persoon wat glo in reg en geregtigheid nou in die tronk gesit het. Twee of meer families sonder hul naasbestaande beteken niks vir ons “Wonderlike” staat nie. Die bloetjies wat so moor en steel moet ons mos nou eintlik jammer kry want ag shame – hy het probleme. Hy kan nie help hy is mos so nie. Dit is mos die bevoorregte persoon se skuld dat hy mense doodmaak. En die beste van alles – die statistiek word opgeskryf as roof en nie as moord nie. Hoekom gaan beroof hulle nie Nkandla nie – daar is baie plek om te bly?

Elgeraine ·

Skokkend. Mens weet nie meer rerig hoe om te reageer op hierdie berigte nie. Ek dink almal het al alles gese wat ons elkeen voel! Dis so onnodig, vir wat tog, 2 simpel selfone??

vierkleur ·

hierdie aanval het nie oor steel gegaan nie. Hierdie is almal behoelftigge mense wat hier bly ,so hulle het niks om te steel nie. Hulle is maklikke teikens , dit is die geval.

Dit gaan lankal nie meer oor steel nie,maar om te moor ,want ons het mos alles by hulle gesteel.
Nou moet n klein baba groot word sonder sy pa

Sarie ·

Kommentaar vir “Uit die Ooste” op hierdie berig van toepassing asook die Tzaneen plaas aanval. Ons bly nie in ‘n siek land nie – ons het siek mense wat in ons land woon. Dit is die mens wat siek is – nie die land nie. Ek is trots op my land en hardloop nie na ander lande toe na groener weivelde nie. My oupa en ouma grootjie het baklei vir ‘n stukkie van die land en het my trots groot gemaak om te bly in hierdie land. Daar was samewerking met ander kleuriges, maar ja – daar was die “siek” mense wat net als wil hê. Dit is waar die moord en roof vandaan kom. Andries Pretorius het dit op die harde manier geleer.

talitha brown ·

Sarie, oor jou kommentaar van “ons hardloop nie nie ander lande en soek groener weivelde” wil ek die volgende se. Ons was ook geraak deur misdaad. My man is deur sy bors geskiet en was baie gelukkig om te oorleef. Wanneer stop dit. Die werklikheid is dat dit net erger word. Ons het n keuse gemaak om n beter toekoms vir ons kinders te soek. Dit vat meer “guts” om alles wat jy gewoond is agter te laat en na n vreeemde land te gaan en oor te begin as om the bly. Die maklikste is om te bly!!!! Ons expats is nogs steeds trotse Suid Afrikaners. Ons harte bloei vir die mense by die huis. Ja die “huis” want dit sal altyd ons huis ook wees. Ons is daar gebore. 13 jaar later kyk ek en weet al die opofferings wat ons moes maak was die moeite werd. My 2 dogters word groot in n normale land en het n blink toekoms. Voor jy weer so n opmerking maak weet net dat ons wat getrek het nie vingers wys na die mense wat agter gebly het nie. In teendeel ons harte bloei vir julle. Groete uit Kanada

Uit die Ooste ·

Sarie – ons wat weg is uit SA het nie weg gehardloop nie. Ons het net besef daar is n beter toekoms vir ons op n ander plek. Ongelukkig is die meeste mense daar siek baie siek.
SA was n pragtig land om in te bly. Lees en kyk na die nuus. Wat is goeie nuus ? Niks !
Jy en ek weet dit gaan nie verbeter nie, dit gaan nog net erger raak.
Lees Talita Brown se kommentaar van 2 ure gelede. Dalk sal jy n beter begrip kry van hoekom sy, ek en baie ander SA verlaat het.

Eli ·

En die DA kla n witman aan en voer heksejag uit op enige witte wat durf die K woordjie gebruik..maar die kaap is hollands as einstes wie hul voor veg wittes moor links en regs…
Dis nie n normale lewe en land dié nie!!

Uit die Ooste ·

Talitha Brown – baie goeie kommentaar (redes) hoekom jy, ek en baie ander SA verlaat het. Sarie besef dat sy en baie ander daar in SA nou woonagtig is in n land waar daar nou chaos heers.
Ek woon al lank hier in die Paradys wat genoem word die Ooste.
Groete uit Thailand – Suratthani.

Huidiglikdisadvantaged ·

Dit is duidelik dat hierdie regering ons nie in die land wil he nie. Die oplossing is eenvoudig…as die regering my genoeg geld gee om ‘n bestaan in ‘n ander land te kan voer dan trek ek gister.
Daar is niks meer wat my in die land hou nie. Ek wil nie meer hoor hoe mense soos ons geweldadig uitgemoor word nie.

Liewe heksie ·

Ek het 3 van die trawante se fotos deur ons sektor op wa ontvang dit is die gemors wat oor ons grense net kan inloop en kom moor en die selfone was maar net n bonus vir hulle ons moet verklarings en papierwerk en goedgekeur word om oneself te bewapen hul kry soma onwetige revolvers en kom skiet dood en dan is sapd te slapgat om hul te vang natuurlik gaan sapd nie reageer nie hulle staan saam die skurke vuilgoed

david ras ·

Ek het die vraag al soveel maal gevra—-was dit moord met die doel om te roof, of roof met die doel om te moor ?
Soveel maal was ‘n selfoon of selfone die enigste buit by sulke misdade…

Wat is kosbaar of belangrik aan ‘n selfoon ? Of is dit net dalk ‘n geval dat ‘n selfoon maklik is om te vervoer, en as daar oorlewendes is kan hulle nie hulp ontbied nie…

Of is dit dalk werklik koverte terrorisme wat as gewone misdaad paradeer ?
Val mense aan, moor en steel net ‘n selfoon of twee–wat terloops die status van die daad–verskuif van terrorisme na” gewone misdaad”-a la die SAPD….
Dit raak darem nou baie dik vir ‘n daalder…….!

Dan ·

Julle laat dit klink asof hy vir die selfone vermoor is, nee my maat die fone was net n bysaak.

Thinus ·

Daar is nie n ander woord vir al sogenaamde misdaad as terroriste.

Joann ·

Dit is hoekom daar destyds van ons ons vuurwapens moes minder maak en inhandig. Wat het van die wapens geword??? Die slinkse mense is nie dom nie nee net slu. Maar hul ga surprise word. Mark my words

Anita ·

Duidelik selfde modus operandi as in Zimbabwe… so maak die sommetjie wie se trawante dit is … soos iemand bo gese het hul stap net oor die grense… kom niks oor nie… vry om te moor… met toestemming.

Hannes marais ·

Al julle vlugtelinge in die buiteland..kom terug suid afrika toe en kom help die witvolk..hierdie chaos is n roepingstaak om te veg vir jou volk.maar as julle nie weer terug wil kom nie bly Dan da in julle Thailand’s en kanadas…as die land weer beskaaf is..moenie trug kom nie.julle wou nie veg nie…

Vicus ·

Ag nee man, teen wie wil jy veg? Seker nie eens in die weermag gewees nie? Nee, ongelukkig is daar net een opsie en dit is om te emigreer. Moenie dat julle emosies met julle weghardloop nie!

Liewe Heksie ·

Hoekom kom stel Garte Blance nie ook hier ondersoek in nie Diens is uiters swak by Hercules polisiestasie en as ons gelukkig is het ons een sapd kar wat wel in ons omgewing kan diens lewer en dit is dan n geval hul is altyd te besig om diens te lewer en met skofruiling is daar geen diens in my omgewing nie of moet ek hier se ons kan nie kla oor diens nie want daar is nie diens nie

Johannes Meintjes ·

Weereens uiters betreurenswaardig! Hoop dat die burgers in Kameeldrif Wes sal wakkerskrik en die respektiewe verantwoordelikheidsvlakke tussen SAPD, GPF en Buurtwag inisiaitiewe effektief onder die knie sal kry.

Connie ·

Daar word ‘n ou kleinseuntjie sonder sy pa groot. Mpho Hani, hoop jy sien dit. Nee, jy gaan nie, want jy kan nie Afrikaans lees nie.

Gemsbok ·

Ons is ‘n ongewilde minderheid wat daagliks daarvan beskuldig word dat ons die oorsaak van swart-Suid-Afrika se probleme is en dat ons witheid ons inherent slegte mense maak waarsonder die land ‘n beter plek sal wees.

Daarmee saam maak ons onsself uiters kwesbaar deur goedkoop swart arbeid te gebruik, yl verspreid oor die hele land te woon, maar ook altyd naby aan arm swart woonbuurte te wees.

Die goedkoop arbeiders leer ons huise en ons routines ken. Hulle weet wat gebuit kan word en hoe ons uitoorlê kan word tydens ‘n aanval. Ons woon te ver uitmekaar om mekaar by te staan of vir mekaar te werk, tog kan ons maklik bereik word deur rampokkers.

Die uitbou van Orania is die enigste oplossing wat al bogenoemde probleme aanspreek. Verkoop jou huis of plaas terwyl jy kan en begin ‘n nuwe lewe in Orania terwyl jy en jou geliefdes nog jul lewens en gesondheid en geesteskrag besit. Maak gebruik van die internet om produkte aan die hele wêreld te lewer en word vry in Afrikaans

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.