Jong pa voor gesin aangerand ná botsing met koedoe

Kneusplekke aan Frans Kleynhans se bolyf. Foto: Verskaf

Kneusplekke aan Frans Kleynhans se bolyf. Foto: Verskaf

ʼn Jong man van die plaasdorpie Derby in Noordwes is erg getraumatiseerd nadat ʼn botsing in ʼn twee uur lange nagmerrie ontaard het en hy ten aanskoue van sy pa, swanger vrou en tweejarige dogtertjie aangerand is.

Frans Kleynhans (29), ʼn bestuurder van ʼn kettingwinkel in Rustenburg, het aan Maroela Media gesê hy pendel gereeld met sy Hyundai Tibia op die R30 tussen Derby en Rustenburg.

“Ek was verlede Woensdag omstreeks 21:50 op die R30 op pad na ʼn vulstasie. Ek het om ʼn draai gegaan toe daar skielik ʼn koedoe voor my ingespring het. Ek het die bok getref, beheer oor my voertuig verloor en in die aankomende verkeer ingery,” het Kleynhans gesê.

Hy het gesê hy het ʼn Mercedes Sprinter-minibustaxi, met Oos-Kaap-nommerplate, teen die kant getref. Kleynhans se motor is erg beskadig en hy kon nie verder ry nie. Dit taxi het sowat 100 m van die ongelukstoneel tot stilstand gekom met skade aan die kant van die voertuig en die linker agterwiel wat pap was.

Frans se skraapwonde. Foto: Verskaf

Frans se skraapwonde. Foto: Verskaf

“Ek het geen beserings opgedoen nie en uit my motor geklim. Ek het na die taxibestuurder geroep om te hoor of almal oukei is. Daar was ook niemand met beserings nie.”

Die koedoe het ná die trefslag in die veld in verdwyn, maar hare van die dier was duidelik sigbaar waar die motor dit getref het.

Kleynhans het gesê daar is nie goeie selfoonopvangs in die gebied waar die ongeluk plaasgevind het nie en dat hy ná ʼn groot gesukkel uiteindelik die polisie kon bel. “Die polisie het gesê hulle kom nie uit na ongelukstonele waar niemand ernstig beseer of dood is nie en dat ons self na die naaste polisiestasie [in Rustenburg] moet gaan om die ongeluk aan te meld.”

Aangesien sy motor nie in ʼn werkende toestand was nie, het hy sy pa probeer ontbied. Hy het naderhand op sy motor se dak gestaan om sein te kry om sy pa te bel.

Intussen het die taxibestuurder glo aangedring om dadelik betaal te word vir die skade aan die taxi. Kleynhans was erg geskok en het probeer verduidelik dat hy nie dadelik die geld sal kan gee nie. Intussen het van die insittendes aangesluit en die situasie het gespanne geraak.

“ʼn Swart motoris het verby gery en gesien wat aangaan en het tevergeefs probeer om die situasie te kalmeer. Die taxibestuurder het my begin rondruk. Ek was in ʼn stadium deur sowat 15 mense omsingel, waarvan vier my vasgehou het.”

Toe sy pa daar aankom het dinge handuit ruk toe hy probeer ingryp het. “My swanger vrou en tweejarige dogtertjie het in my pa se bakkie gesit en dit magteloos aanskou. Ek is voor hulle aangerand, rondgepluk en gewurg toe ek om hulp probeer roep het. Ek kon in ʼn stadium nie asem kry nie. My pa wou my red, waarna hulle hom op die grond gegooi en geslaan het om hom te verhoed om by my uit te kom.”

ʼn Ander taxi van dieselfde taxivereniging het intussen by die toneel stilgehou en iemand het begin om die taxi wat in die botsing was se band te vervang.

“Hulle het my op die teer gesleep en in die taxi ingeboender en my as gyselaar aangehou. Daar het hulle vir my gesê hulle soek al lankal ʼn wit boer se kop. Hulle gaan my saamvat, doodmaak en langs die pad uitgooi. My lewe het voor my oë verbygeflits en ek het gedink ek gaan nooit weer my gesin sien nie.”

Kleynhans se pa het met die groep probeer onderhandel dat hulle hom moet vrylaat. Die taxibestuurder het aan sy pa gesê hy gaan Kleynhans self na die polisiestasie op Derby neem, maar daar is egter nie ʼn polisiestasie nie. Kleynhans is vas oortuig hulle wou hom dalk beroof en vermoor. “Ek het self in my toestand ook met die drywer probeer praat, maar al wat hy vir my gesê het, is ‘today I’m gonna kill you’.”

Die polisie het uiteindelik net ná middernag by die toneel opgedaag nadat iemand hulle weer ontbied het, waarna die situasie onder beheer gebring en Kleynhans vrygelaat is.

“As die polisie vyf minute later daar opgedaag het, was hulle met my weg gewees en het hulle my dalk langs die pad doodgemaak.”

Kleynhans en sy pa is direk daarna na die Rustenburg-polisiestasie om die ongeluk aan te meld. Hulle het later die dag aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot ontvoering en intimidasie teen die taxibestuurder aanhangig gemaak.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die aanklagte aanhangig gemaak is en ondersoek word.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kleynhans het gesê hy en sy pa het inwendige beserings, kneusplekke en skraapwonde opgedoen, maar dat hulle nie verdere mediese behandeling nodig gehad nie. Al vier van hulle moet egter berading ontvang om die trauma te verwerk.

“Ek is regtig nou te bang om daai pad te ry. Die betrokke taxibestuurder het op ʼn manier my selfoonnommer in die hande gekry en bel my aanhoudend om te hoor wanneer hy sy geld kry. Ek het hom naderhand na my prokureur verwys en sy nommer geblok,” het hy gesê.

“Ek gun wat ek moes deurmaak vir geen mens nie, dit grens aan ʼn plaasaanval. Al verskil is, ek het oorleef en ek kan weer by my gesin wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Anel ·

Hulle slaan in hul hordes toe. Maak net soos hulle wil. Maak dreigemente net soos hulle wil. As dit nou anders om was eas die arme man in die tronk en sy kop is op ‘n skinkbord geeis. Waar gaan ons heen?

ouma ·

Ja en dan is die duiwel los as jy jouself verset en verdedig. Hulle sal nooit die skuldige persoon wees nie. Dit sal jou duisende aan regskostes kos as jy jouself prober verdedig.

Jorrie ·

Hier gaan nie ‘n haan na kraai nie, maar as dit nou ‘n swart bestuurder was wat deur wit mense aangerand was, het ons weer nie die einde daarvan gehoor nie

Terloops ·

Stem, as die situasie omgekeer was, was dit nou al nuus in Europa plus betogings en arrestasies sonder borgtog…

Asjas ·

Wat wet ek jou daardie Taxi het nie versekering nie?? Verder vreet ek nog my hoed op as hy geldige lesensie het en dat die nommer plaat nie vervals is nie.
As jou sake reg is, sorteer die versekering dit onder mekaar uit, niks se gebetaal sommer daar langs die pad nie!!

Mariette ·

Ek wonder of die taxi bestuurder ooit n lisensie het …

Hugo ·

Hoeveel meer moet ons vat? Ek is nie eers meer geskok as ek nuus lees nie. Jammer vir die gesin wat hierdie padjie moes stap. Dis moeilike tye waarin ons leef – wonder net wanneer gaan ons opstaan en sê genoeg is genoeg?

Mike ·

Ja en vergelyk dit nou met die doodskis geval. Hierdie is tien maal erger en niemand is nog eers in hegtenis geneem nie. Dit gaan lekker in de land van melk en heuning.

Ai! ·

Hy het jou selfoonnommer by die polisie gekry. Dieselfde het met my gebeur, dat my inligting deur die polisie aan die taxi-bestuurder gegee is. Later die middag het n polisie-man bh my huis opgedaag en ge-eïs dat ons hom skadevergoeding betaal, aangesien hy die eienaar van die taxi is.

Anton Lottering ·

Maar daar is groot stories oor n man wat in n doodskis gesit is maar hier oor word daar nie n woord gerep nie en weg gehou van die pers af. Wie diskrimineer nou wonder ek

Vuisvoos ·

Ek is ontsettend jammer oor wat julle moes deurmaak. Ek neem
aan dit gaan nie hoofopskrifte haal as ‘aanranding’ nie. Nog minder as ‘rassistiese aanval’. Dit gaan dalk ondersoek word as klag van strafbare mansslag (teen die ware slagoffer). My hart, denke, en verstand is vuisvoos. Ek bid vir julle gesin.

Tiaan ·

Amen. De Klerk en Soros het hulle mooi gebreinspoel en Pik spog vandag hoe goed het sy leuens gewerk. Hierdie drie leef asof hulle nooit voor Hom gaan verskyn nie.

DieM-in!!! ·

Hoe siek-en-sat is ek om alewig te moet lees: “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.” (SLEGS wanneer die blanke volk tenagekom word lees mens DIT).

Hazel ·

Where is the love? Where is the respect for another person’s life. I am colored and love to know it. I have friends of all colour. Some people are destroying this rich beautiful land. We should ask them all to leave so that we can have peaceful lives.
God bless our country.

Lila ·

Goeiste! Dit is vreeslik.. ek kan dink mens sien jou lewe voor jou verbyflits.. Eks bly die jongman is gespaar! Maar wat met hom gebeur het is onaanvaarbaar.. en ek voel dat daai bestuurder van die taxi nie bevoeg is om tussen my mense te bestuur nie! Hy is duidelik ‘n gevaar vir die samelewing en hoort agter tralies! Ek hoop die dag wat die saak voorkom sal die boere en dorpenaars van die distrik daai hofsaal vol pak en die jongman en sy pa die ondersteuning gee wat hul benodig! En ek hoop dat ons voortaan alle medevolksgenote kan ondersteun en by howe saamdrom en ons stemme dik maak!

Annemarie ·

Ons mense moet betrokke raak! Sluit aan by Kommandekorps en maak jouself weerbaar! Ons moet ook dmv bywoning van hofsake ons solidariteit wys! Dis hoe ons as Volk gaan oorleef!

Johan ·

Ek wonder nou net of al die politieke partye ook nou gaan op ruk en by die hofsaak gaan demonstreer soos met die kis voorfal of is dit net rassisties ge-orenteerd as n wit man iets aan n swart man doen!! Ek is so gatvol vir die politieke speletjies

Dirk ·

Graag sal ek nou kommentaar wil hoor nav doodskisvoorval. Nie dat die doodskisvoorval my goedkeuring wegdra nie. Of ontbreek objektiwiteit en normes by van ons mense?

Ook wonder ek ook of Kyknet Verslag gewag sal maak hiermee soos met voormelde voorval.

Of ontbreek objektiwiteit en sin vir geregtigheid ook by hulle?

Ook die howe/regstelsel wat n vergestalting van regverdigheid en geregtigheid behoort te volvoer skiet ver tekort.

Twee stelle reels ….ek haal aan Animal Farm-George Orwell….. vry vertaal……Almal is gelyk maar party meer gelyk as ander.

Lee ·

Plaas die Polisie dadelik uitgekom het. Hulle is net so useless. Taxis dink hulle besit die paaie en almal van daai lot is so korup en soek net geld geen wonder ons land gaan so agteruit nie, kyk net watter lot regeer!!!

Moeg vir suid afrika ·

Ja die doodskis boere sit in die tronk tot Januarie toe want die verhoor is mos uitgestel.Hoekom is nie een van die mense of sommer almal inhegtenis geneem nie.Ek hoop jy het die taxi se registrasie nommer.Gaan kla hulle aan en laat sluit hulle toe.Kla ook sommer die polisie aan omdat hulle koes uitgaan na ñ ongeluks toneel toe.Waar is die media,hoekom word hierdie geval nie op TELEVISIE uitgesaai nie????????

Laeveldleeu ·

Gee my die taxieienaar se selnr en registrasie nr. Ek weet ook hoe om druk uit te oefen

Arsene ·

Sal graag in die Noord Kaap ook druk wil uitoefen en paaie skoon kry van taxi misdadigers… ?

anton ·

Meneer die laeveld Leeu……. jy klink na n man so na aan my hart!!!

Jakes ·

So moet die taxi mense nie ook nou toegesluit word vir rassistiese aanval op die man, soos die doodskis video manne nie?

Theresa ·

Dit behoort sonder twyfel te gebeur. Waarom kan mens nie daarop aandring nie? Hierdie is tipies ‘n voorbeeld van ongelyke partydigheid na een kant toe. Hoe kan mens dit vereis!?

Leeutjie ·

Theresa: Ons moet gaan ronddans by die polisiekantoor en klippe en bottels deur die vensters gooi! Dan moet ons bande brand in die middel van die straat en enige een kar wat verbykom omgooi!!! Dis hoe ons dit moet vereis en afdwing!! Dan word die regering bang vir ons en gee gehoor aan ons bisarre eise!!

Ons het met standaarde en beginsels grootgeword! Ons het papiere opgetel…nie neergegooi nie! Ons het dankie en asseblief gese en respek gehad vir ons oueres! Dis hoekom ons dit nie doen nie!!!!! En o ja!! SELFRESPEK!

Anoniem ·

Frans, jy moet ‘n klag van “Rig van ‘n Doodsdreigement” byvoeg vir sy uitspraak van: “today I’m gonna kill you”, asook ‘n klag van Rassisme by die MRK aanmeld vir die uitspraak van “hulle soek al lankal ‘n wit boer se kop”. Dit durf nie hier gelaat word nie, ons sê almal net elke dag “genoeg is genoeg” maar niemand doen iets daaraan nie. As daar iemand daar naby Frans is wat ons op hoogte kan hou en dit administreer is ek meer as bereid om ‘n bydrae te maak om die saak behoorlik op alle vlakke te dryf. Komaan mede Blanke Suid-Afrikaners, laat ons NOU begin saamstaan!

Theresa ·

Kan Afriforum hier help? Dink dis ‘n uitstekende voorbeeld om die wêreld in te stuur van HOE siek dinge geword het en hoe onregverdig goed hier gebeur. Skreeu en kerm hul word benadeel, maar tree vreeslik op sodra daar ‘n kansie is. Hier is blatante rassistiese opmerkings gemaak, asook ‘n doodsdreigement, asook die groep wat saamgewerk het om hom vas te hou!! Hoe kan mens vereis dat hierdie saak nie hier gelaat word nie??

Stemsaam ·

Ek stem saam. Afriforum kan mos ‘n sms veldtog loods om fondse in te samel. Ek is seker daar is ‘n hele paar mense wat R10 or R20 deur die SMS stelsel sal gee om die man te help.

Andrea ·

Ja, asb, Afriforum, hierdie is n uitstekende voorbeeld van hoe dit in ons siek land gaan.

Clipper ·

Hoekom is niemand gearresteer nie? Hulle weet mos wie dit was. Die polisie is alweer gecapture op Rustenburg. So jammer dat ons gereg met n slakkepas beweeg.

Pieter ·

Kom al Suit Afrikaaners laat on stem hoor. Ons het net soveel reg as hulle.
Dit wys jou net hoe die duiwel regeer on ons land. Dis tyd dat ons die land weer vir die Here terug ge

Ronel ·

Taxi = doodskis. Net op wiele. So wat is dan nou eintlik die verskil tussen die twee situasies????

Hugo ·

Hoe en waar raak ‘n mens betrokke by ‘n Kommandekorps? asb indien iemand weet laat weet asb.

lynette ·

Moet hom nie betaal nie!!!! Hulle veroorsaak gewoonlik meeste ongelukke en dan kan jy vergeet dat jy n sent uit hulle sal kry!!! Geen taxi het enige soort versekering nie en dan moet jy die gelag betaal. Laat hom nou sy eie skade herstel.

Chrisjan ·

Rassisme! Kom DA, kom MRK…. NVG, kla aan, sluit toe!!!

Theresa ·

Sou voorstel alle dreigemente en elke oproep, ensovoorts moet nou gemonitor en deur prokureur hanteer word. Indien ‘n ander roete gevolg kan word, gebruik dit – hierdie tipe siek persoon(e) is tot enige iets instaat omdat hul nou geld wil hê. Dalk moet die prokureur sommer alle oproepe beantwoord? Baie baie sterkte vir jul as gesin – dis ‘n aaklige ding wat hier gebeur het.

Ben Prinsloo ·

Hugo die kommando soos ons hom ken is af. Die alternatief daarvoor is jou plaaslike GPF (Gemeenskaps Polisieërings Forum) of natuurlik die Buurtwag soos sommige mense hom ken. Sluit aan asseblief en maak n verskil.

Piet Pompies ·

Lees weer die berig, aan die begin, dit is ‘n Merc Bussie

Stoney ·

Niemand kan dit vandag meer op ‘n pad waag sonder jou vuurwapen nie. Ongelukkig is dit só dat jy nooit weet wanneer jy in so ‘n situasie gaan beland nie. Julle kon dood gewees het. Gelukkig om so lig daarvan af te kom.

Dawid Brunette ·

Mense, ek byt altyd op my tong voor ek die volgende sê, maar laat die waarheid seevier: Suid-Afrika is siek. En dis nie ‘n probleem a.g.v die verlede (apartheid) nie. Dis ‘n probleem wat binne die nuwe SA begin het, met die ANC regering in bewind. Die ANC het SA vir te lank in ‘n verkeerde, negatiewe, siek rigting regeer. Die EFF is ‘n simptoom van die ANC.

wieseskuldisdit? ·

Dit laat ‘n mens wonder of Apartheid nie maar net die gevolg was van hierdie tipe dinge nie?

Pieter ·

Nee dis nie die gevolg van apartheid nie. Kyk na lande wat dekades nie meer arpartheid het nie is ook net so hier. Dis net gierigheid en te sleg om die regtepad te loop.

tom ·

Waars al die groot bekke wat daai twee manne van die kis storie aan gevat het dis sulke aanvalle wat die dam wal gaan laat breek waars die da nou

Louis ·

Wat is die verskil tussen die kis en die taxi wat in elk geval n doodskis op wiele is. Hy is ook met die dood gedreig en ras was ook ter sprake. Kom Afriforum vat bietjie vas of is dit nie nuuswaardig genoeg nie.

Elsabe ·

Ek hoop uit my hart dat hulle almal vir berading sal gaan – die 2-jarige dogtertjie en die Mamma wat swanger is – dit is baie baie slegte ervaring. Die Pa mag dalk ook sukkel met hierdie verwerking.

Kobus ·

Ek kan n weddenskap aangaan en sal my geldjie maak….As die jongman beseer gewees het nadat hy die Koedoe gestamp het….en nie in die Taxi vas geswenk het….SOU DIE HUL STEEDS DAAR GESTOP HET….NIE OM HULP TE VERLEEN…MAAR HOM ROT EN KAAL BESTEEL HET…En wie moet ons bedank….NUMBA 1 en sy EFF bedmaatjies

Danie ·

Mense ek hoor wat julle sê. Ek het self ondervindiing gehad van taxi wat probeer indruk het toe word die kant spieel afgeruk .Die bestuurder wou ook daar en dan R200 hê. Het geweier om te betaal gelukkig was dit in die dag. Ons moet soveel as moontlik op whatapp groepe of enige ander tegnologie registreer in ons dorpe sodat ons vinnig hulp kan kry.daar is apps waar jy net op die app click en dit stuur n nood sein uit na almal wat jy daar gelaai het en dit dui ook jou posisie aan. Ek weet in die nag en ver van n dorp is dit moeilik. Maar as dit met my gebeur en ek kan nog beweeg sal ek nie eers verneem na hul welstand ek sal net vinng in die nag weg beweeg tot wanneer hulp opdaag of hulp kan ont bied. Sterkte

MJ ·

Zello Walkie Talkie App Dit is ‘n magtige kommunikasie instrument. Jy laai die app op jou selfoon . Ja dit werk net waar jy selfoon opvangs het en dit gebruik data, maar jy het letterlik internasionale dekking , dis altyd by jou en dis verniet. Ons het so ‘n groep in PTA waar jy enige nood kan inroep maar dek net PTA ongeveer 5000 lede. As julle belangstel laai die Gauteng Traffic Channel en Emergency Assist South Africa (EMS) luister ‘n bietjie in. As jy sukkel kyk na die youtube videos oor Zello. Daar is altyd kretiek oor die app en dat radios beter is, radios het ook probleme waarvan een die koste is en twee die draagbaarheid. Gaan lees op Wikipedia oor Zello en sien hoe in Turkye en Venesuella daar oor die 600 000 mense gekonnekteer was op Zello en wat daar gebeur het toe die regering hulle wou blok. Kan jy jouself voorstel as elke blanke persoon in SA gekonnekteer was? Hoeveel mense jy kan mobiliseer in ‘n noodgeval soos bogenoemde. Die grootste probleem is dat mense nie wil saamwerk nie, die tools is daar ons gebruik dit net nie, mense wil nie betrokke raak nie. As julle net kan hoor hoe mense mekaar help op die PTA groep sal julle verbaas wees en dit met 5000 lede waarvan net so 400 permanent op die lug is.

JJ ·

Kom ‘menseregte komissie’, elke keer is julle doodstil as daar iets met ‘n witte gebeur.

Alida ·

Kon die vrou nie n selfoonvideo neem nie. Daar is mos nou geen bewyse om die wereld in te stuur nie.

vra net ·

Bietjie onmoontlik sou ek se as jy sit en aanskou hoe jou man enige oomblik vermoor kan word. En jy het jou kind by jou wat erg getraumatiseer is.

Cornelius ·

Ek is werklik jammer maar ook vies dat die mense nie bewapen was nie. In so situasie sê jy vir die man wag ek kry gou die geld en dan kry jy gou jou wapen. As die persoon dan jou verder wil aanrand kan jy jouself beskerm. Wanneer gaan ons besef dat daar geen ander keuse in Suid AFRIKA is nie?!?!

anton ·

Baie baie waar!!!! Waar is jou wapen? veral op die pad en dan nog laat in die aand ook.
Ons mense moet meer voorbereid wees!

Drikus ·

Soortgelyks met ons gebeur. ‘n Vyandiggesinde staatsaanklaer het sy bes gedoen om ons aanrandingsaak te laat uitgooi. Ons het vasgebyt en gelukkig ‘n goeie prokureur gehad. Twee jaar en sewe hofsittings later is die manne skuldig bevind en gevonnis. Raai wat, nou kan ons hulle ook nog siviel dagvaar vir skade en mediese onkoste. My raad is: Hou jul prokureur op die saak. Byt vas met die hofsaak. Dit is in belang van jou vrou, kinders en andere. Ons kan terugveg! Ons moet net weet hoe.

snoefie ·

mens kan sien julle wasnog noout in so n situasie nie. EEN WAPEN TEEN N OORMAG? dink julle regtig hulle gaan jou ongehinderd en alleen na jou voertuig laat loop?

Linda van Mosselbaai ·

Ons dank die Vader dat julle leef na so nagmerrie ondervinding. Mag God ons verder behoed en bewaar, Amen.

Mariette Hammann ·

As die situasie andersom was wat rasse betref, was die polisie, ministers, DA en vele meer lankal voor in die koor met hulle stemme. WAAROM SO STIL???

Die naam is Pompies.... Piet Pompies ·

Dar sal waarskynlik ander klagtes oor dieselfde taxi wees. Maak sy besonderhede bekend dat mense kan reageer en klagtes le.

Ado Krige ·

Ek ry nerens sonder my vuurwapen en ‘n ekstra magasyn.

liza ·

Ek dink ek moet nie meer nuus kyk of lees nie, want ek word so kwaad, maar nee daardie taxi bestuurder sal mos niks oorkom nie, dis mos hulle land, hulle kan maak wat hulle wil, ry soos hulle wil, hoeveel keer moes ek nie al uitgeswaai het vir hulle nie, ry dood eenvoudig oor die rooi robot, oor die stop en die vierrigting stoppe, en kyk jy hulle verbaas aan wys hulle jou die middel vinger, en vloek jou, ek hoop daar word iets aangedoen aan daardie taxi man, wie gee hom die reg, dit is tyd dat ons wittes begin iets doen, saam staan…… sterkte aan die familie……..

Veronica ·

Weereens bewys van Rassisme!!! Teen die witman! Nie n woord word in koerante of radio oor voorval gerep! Maar o liewe ouers! As die rolle om was, was die jong pa laaaankal met sy bas in die tronk en was dit op tv nuus en koerante se voorblaaie!!! Mense,asb: staan saam en trek as Blankes van Suid-Afrika op!! Saterdag (26ste) 7:30 Kerkplein Pretoria! Vreedsame optog!! Ons brand nie, ons breek nie, ons gooi nie klip nie! Ons is beskaafd maar gatvol!!!!!

Bokram ·

Vuur veg jy met vuur. Voorbrand voor die weer.

Green hosaak, been party gaan ons red nie.

Regverdigheid sal jy key as jy dit vat, vereis en hul lag vir jou. Nie eers in die diereryk bestaan demokrasie nie. Laat die rooibokke stem en kyk wat se die Leeu.

Ons is die enigstes wat nog volgens die reels baklei.

Groete

Landi Slatter ·

Dagsê Bokram

Dankie vir jou terugvoer. Jy kan gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] toe stuur met die foute wat jy in die berig raaksien.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Louise ·

Weet jy wat is vir my DIE beste, gaan kyk mooi wie is die rassiste en dis nie WIT mense nie. Wit mens probeer altyd verdraagsaam wees die res ken net EK en EK alleen de HEL met die res en wanneer die WIT mens hulle SLEFVERDEDIG dan is dit skielik rassisties. So ons moet maar net met ons hande agter ons RUG staan en al die houe vat. Weet jy as die WIT mens net in vrede gelaat kan word dan kan die res aangaan met hulle EIE lewe. Waarvoor pla die wit mens almal so net oor ons kleur……..

Louise ·

Nog n ding dit was 1 geval waar WIT hulle betrek het met verkeerde gedrag uit. KIS STORIE.
Hoeveel WIT mense het intussen gesterf, gedreig en was daar rassistiese gevalle na dit. HOEVEEL? en hoeveel gevalle was daar weer waar die WIT mense verkeerd optree. Maar dis omdat daar NOOIT so iets uit die wit mens se hand gebeur nie. maar as daar iets gebeur word dit aan die groot KLOK gehang en dit regverdig al die 100 ander rassistiese en moorde teenoor wit mense

Mel ·

Al di dinge maak mens paniekbevange, ek is ni ‘n mens wat sommer bang word ni maar Hlo my my senuwees is Skoon gedaan, ons moet almal di dinge Lees en dis ook goed vir bewusmaking. My man werk in di buiteland en +- elke 8-10 weke ry ek al 3uur in di oggend vrou alleen om hom by OR Tambo te gaan haal! Ek vat my pistool saam my as ek hom gaan haal, as so iets my moet oorkom sal ek flippen skiet, wie anders gaan jou verdedig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.