Jong pa voor slaghuis vermoor

Louis du Toit saam met sy vrou Antoinette. Foto: Facebook

Louis du Toit saam met sy vrou Antoinette. Foto: Facebook

Louis du Toit (29), pa van ʼn tweejarige dogtertjie, is Maandag koelbloedig voor ʼn slaghuis in Pretoria-Wes doodgeskiet.

Pieter Swanepoel, direkteur van Pretoria Chicken & Meat, het aan Maroela Media gesê Du Toit en ’n veiligheidswag was op pad om geld van die slaghuis by die bank te gaan deponeer. Volgens Swanepoel het Du Toit R130 000 in ʼn skootrekenaarsak by hom gehad.

Du Toit het by die slaghuis uitgestap en twee rowers het hom sonder om ʼn woord te sê doodgeskiet. Die moordenaars het die skootrekenaarsak gegryp en na ʼn wegkommotor gehardloop waar ʼn medepligtige glo vir hulle gewag het. Kapt. Bonginkosi Msimango, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die rooi Toyota Corolla is kort ná die voorval opgespoor. Du Toit se moordenaars is steeds soek.

Du Toit se vrou, Antoinette, was op die toneel waar haar man se liggaam voor die slaghuis gelê het. Personeel van die slaghuis het haar probeer kalmeer en van die toneel verwyder. Volgens Swanepoel het die ambulans eers sowat 30 minute ná die voorval opgedaag.

Du Toit het die afgelope nege jaar by die slaghuis gewerk. Volgens Swanepoel was Du Toit baie trots op sy tweejarige dogtertjie, Luanette.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Bedrogspul ·

Nou glo ek nog minder die waarheid oor die Polisie statistieke rakende die misdaad in ons land.

Saartjie ·

Sterkte aan die familie. Ek vermoed dit is n “inside job” .

Anne Fourie ·

Kan net so wees…… Hoe anders sou hulle geweet het hy is op daardie oomblik oppad bank toe. Die lae luise….. Sterkte en meegevoel aan sy familie. Nou moet ‘n pragtige klein meisie sonder haar pappie groot word….

Pierre Celliers ·

Ons innige meegevoel met die familie. Weereens bewys dat hierdie woestaards
uiters gevoelloos optree en respek vir niks en niemand het nie. Hy is daar om
sy eie drange te bevredig en basta met die res, soos sy mede broeders!!

Timothy ·

Louis was ‘n excellent ou gewees. Hy het altyd by my aangekoop, en het verskeie kere eers gou vir my foto’s van sy kleinding gewys. Altyd vol grappe. Ek salueer ‘n goeie man, ‘n goeie pa.

Elene ·

Innige simpatie aan sy familie en vriende. Ek voel net dit is baie onverantwoordelik om die bedrag te publiseer en bekend te maak aan ander moontlike diewe en rowers.

Dave ·

Waarom sou dit onverantwoordelik wees? Dit was nie voorheen bekend gemaak en dit het nie ‘n moord verhoed. Miskien het die moordenaars aan hul pelle vertel dat hulle die helfte soveel gekry het an dan lees die ander skarmunkels nou hoeveel daar werklik was. Dan skiet hulle mekaar. Miskien moes die publikasie die bedrag verdubbel het sodat die moordenaars dit uitveg oor waar die res is.

Lyn ·

With the current situation in SA, companies should not except an employee to take money to the bank. If the owner is too stingy to get cash in transit for R130 k he should go to the bank himself and take a risk for his own money, not expect an employee to take a risk for money that isn’t even theirs

zahn ·

So true. They are supposed to make use of Cash in Transit companies, which will provide them with insurance for incidents like this. Now the money is gone, which is not important, but a young father lost the opportunity to see his child grow up, just because the owner thought it good to be stingy. When will we learn to think? Just read the comments on this, it should be printed and rubbed under the buthery owner’s nose.

Thea ·

ek kry die familie en sy vrou en kind uit my hart jammer. ons bly in nuwe suid afrika wat pap vrot is geen respek vir lewe of iets wat mooi is nie, barbaarse suid afrika

anet ·

My hart gaan uit na die familie, ons bid julle krag toe,so jammer,hartseer en onnodig
Die rowers is so gemaklik in hulle velle, en moor oop en bloot elke dag in Suid-Afrika
Al wat gaan help met hierdie genadelose aanvalle is dat Zuma die doodstraf terug bring, maar ongelukkig sal hy nie, want daar is te veel boeties vir bandjies, en hy het nie ‘n greintjie gewete nie, sy lewe ook nie so wit soos sneeu nie

thea ·

my hart gaan uit na die gesin in hierdie donker tyd, ons leef in n barbaarse suid afrika

Piet Pompies ·

“Inside job”, ek werk vir jou en sal jou besteel. Die meeste armoede en werkloosheid word veroorsaak deur gierigheid, niks te doen met te min werk beskikbaar. Botterkoppe soos die sal eerder by sy werkgewer steel as wat hy sou hard werk en oor ‘n langer tyd meer geld verdien. Dit is vir hom beter om saam te werk met misdaad, baie geld steel en dan werkloos wees na die tyd. Laat al die werknemers die polygraaf toets doen…..

C Roux ·

Wie het geweet hy gaan met soveel geld daar uitstap. Net die werkers binne in die slaghuis!!!!

HEVW ·

Geen speurder is nodig nie. Die kontakpunt is binne die bedryf. Uiters onverantwoordelik om iemand met so n bedrag sonder begeleiding en bewapening op straat uit te stuur.Die mense is te gerus, omstandighede het baie verander en daarby moet aangepas word. Is daar nie veiligheidsdienste beskikbaar om bankdienste te behartig nie. Innige simpatie. Ek weet dit is baie, baie seer. By ons Vader is daar vertroosting en heelmaak.

Kaaiman ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat almal ná so ‘n voorval staatmaak of “vertroosting en heelmaak”.
Waar was die “behoed en die beskerming” om die treurspel te voorkom? Bestaan dit dan nie?
Of vra ons tevergeefs daarvoor? Kan iemand dit vir my duidelik maak?

Tammy ·

Sterkte aan die familie en vriende. mag julle troos en berusting vind.
Ek glo nie die regering het enigsins die vermoee om die land se inwoners te beskerm nie. Dit gebeur daaliks. Roof en moord is aan die orde van die dag. Suid-Afrika verrot in misdaad . Waar is die veronderdstelde , hoogs betaalde ministers wat wet en orde moet prober handhaaf?

Tammy ·

Beslis n ” inside job”. n Goeie speurder sal dit bewys!!!!!!

Lin ·

Die eienaar moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die Jong man se lewe, uiters onbedagsaam van die eienaar om sy werkers met so ‘n bedrag bank toe te stuur.Na al dai jare van soveel bedrae bank toe te stuur ,is ek bevrees TE veel mense het geweet , Hy het nie ‘n Kans gehad nie ,want hys nie opgelei vir die werk nie. Iemand moet die eienaar hof toe sleep ,eks seker in sy aanstelling was daar nie genoem dat Hy die x-tratjie vir sy baas moet doen nie. UITERS SWAK MNR EIENAAR!! NIKS KAN VIR LOUIS VERVANG NIE. WAS JY TE SUINIG OM TE BETAAL VIR GEWAPENDE WAENS ???

Se maar net... ·

Klink vir my na n inside job. Sterkte Antoinette, Joey, Quinton en die res van die familie

Jasper ·

Hierdie “inside jobs” gebeur ook by Banke. Hoe moeilik kan dit vir die Polisie wees om dadelik al die werknemers se selfone na te gaan nie.

anet ·

Hierdie jong man het gesterf terwyl hy besig was met die uitvoer van sy pligte. Chicken & Meat
hoop ek het versekering ten opsigte van bogenoemde omstandighede naamlik roof as persoon aan diens is.
Ek hoop daar is iemand in die familie wat na Antoinette en kleinding se belange sal omsien, met betrekking tot die Wetlike aspekte van so geval

Ek hoop dat daar iemand in die familie is wat vir

ladybug ·

Nog ‘n jong lewe … verlede week is dit die outjie wat die zama-zamas geskiet het en nou die jong man ….

Klink anyway na ‘n inside job, polisie moet maar eers daar begin ondervra …

Sterkte aan die wat moes agterbly met die seer

Jan ·

Sterkte aan die familie. Die besigheid is op een van die gevaarlikste plekke in Pretoria. ‘n Paar ure na bg voorval is nog ‘n besigheidseienaar in dieselfde straat in die rug doodgeskiet. Laasweek is berig dat al 500 huise in die Pretoria-wes omgewing al ge”hijack” is. Ek besit self ‘n besigheid met eiendom hier in die weste, dis nag hier !

CHRISTA ·

Ons kerke moet saam besluit om een Sondag ‘n biddag teen geweld en misdaad te maak. Net die liewe HERE kan ons help om hierdie duiwelskinders te verdryf. Alleen kan ons dit nooit regkry nie.

Mike ·

My innige simpatie aan die gesin.! Ja dis ongelukig Pretoria Wes is een groot dwelm nes en aflaaiplek vir onwettige imigrante. ons kan op niemand staatmaak nie want die dienaars van gereg deel in die buit. Die paar manne wat nog iets gedoen het sit nou op kantoor en tik verslae en doen admin en die daar buite op str doen niks.!Die groot manne in SAPD sal moet wakker skrik en iets doen voor die omgewing in 2de Hillbrow ontaard. Die dwelm dealers word uitgewys aan SAPD lede hulle neem kennis ma niks gebeur nie. !

Rikku ·

‘n Jong familie is verwoes deur een gevoelose GEMORS.
Hoekom word daar niks aangedoen nie ?????
Wat het geword van Polisie Sigbaarheid ???

Julius ·

Hoe kan die eienaars van die besigheid van ‘n werknemer verwag om die geld te gaan bank? En dit net om die koste van ‘n SBV of ‘n Fidelity te spaar. Wel, baie geluk menere Meat and Chicken, jul suinigheid het ‘n jong man sy lewe gekos, hoop die besparing was die moeite werd….

joggie ·

Elke liewe dag sien ek net moord en moord en moord in die land wat eens die land van melk en heuning was,nou dink ek sodra ek kwalifiseer is ek weg uit die land want watse toekoms le hier voor vir my drie seuns???Nee wat ek sien geen ander uitkoms nie ek kan nie sien dat hulle moet swaar kry in die land wat besig is om in n puinhoop te verander nie

Een Nasie ·

Ek lees almal se kommentaar hierbo, wonderlik, ons is kwaad en ons dink die land is siek en vrot, maar wat doen ons omtrent dit?? wanneer gaan ons saam staan en die gemors uitwerk? praat help nie, kla help nie, wie gaan vir ons baklei, wie gaan vir ons nasie opstaan? Ek wil nie eens meer nuus lees of kyk nie, dit is net moord en doodslag en ons doen niks, absoluut niks!!!!! so verskriklik jammer vir die gesin, julle is in ons denke en gebede! baie sterkte!!

Steve ·

Wat presies moet ons doen Een Nasie? Dit is maklik om te hoe ha, maar wat is die oplossing? Joggie se voorstel is al wat sin maak. Verlaat die land terwyl jy kan, want wet en orde is op die oomblik net n illusie. Ek wil n weddenskap waag dat dit weer van ons geerde immigrante was. Die eienaar lees hopelik ook die kommentaar! Sterkte aan familie.

hartseer ·

Ons mee gevoel vi Antionette en Luanette. Kan nie glo wat ek hier gelees het nie. Die kar is gevind maar waar is die boewe so more doen hulle dit maar weer want hulle het weg gekom met hulle dade en niemand soek meer nie. En dit was nie nice van meat en chiken se eienaar om daai verantwoordelikheid op daai jong man te sit nie. Hoop Antionette dagvaar julle. Geld gaaan nie haar man terug bring nie. Julle is in ons gebede sterkte en ons dink aan julle

V ·

Die siek barbarse satans kinders.!Arme vrou en dogtertjie.Om uit die land te vlug help nie daar waar jy gaan word jy met bomme uitgewis.Ek stem saam almal moet begin om saam te staan en te bid vir hierdie siek wereld.Ons gaan gestraf bly omdat daar besighede is wat op n Sondag besigheid doen.Dis hoe die wereld van vandag verander het reg in die satan se hande en dis wat hy wil he.Sondag is eintlik n Rus dag en nie n werksdag nie.Ek weet die hele storie het nou niks met bogenoemde storie uit te waai nie.Maar ons moet begin dink mense en wakker skrik,hoeveel geliefdes moet ons nog so aan die dood afstaan.

Hannelie ·

Eerstens my innige meegevoel aan familie/vrou en dogtertjie. Mense waar gaan hierdie land heen?? Hierdie voorval en res van vorige/huidige voorvalle is BARBAARS!!!!!!!!!!! Bring die flippen doodstraf terug!! Sommige mense moet ongelukkig sondae ook werk, daaraan kan mens niks doen nie, tye het so verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.