Jong pa voor vrou, kind doodgeskiet

Juandré Kidson (Foto: Facebook)

’n Jong pa is Saterdagaand op die N4 buite Brits in Noordwes doodgeskiet terwyl hy besig was om die band van hul voertuig om te ruil.

Die slagoffer is geïdentifiseer as Juandré Kidson. Hy het saam sy vrou, Johanette, en hul babadogtertjie op die hoofweg gery toe hulle oor klippe gery het wat glo opsetlik op die hoofweg geplaas is.

Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, is Kidson deur die drie mans oorval terwyl hy besig was om die motor se band te ruil wat deur die klippe beskadig is.

“Die verdagtes het hom oorweldig en doodgeskiet. Sy vrou is ook geskiet en gewond. Die kind is nie beseer nie.” Die verdagtes het die gesin glo van selfone en ander items beroof.

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

“My broer ek het nie woorde nie. My hart is in stukke. Jy moet sag rus boeta, ek sal my alles gee om na Bellie en Johanette te kyk waar ek kan. Tot ons mekaar weer sien. Lief vir jou,” het Marco Kidson, Juandré se broer, op Facebook gesê.

Johanette het ook op Facebook ‘n inskrywing gemaak na die voorval. “My man, my lewensmaat, beste vriend en pappa van ons eenjarige dogtertjie is wreed vermoor in ’n rooftog. Ons is stukkend. Asseblief bid vir ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

RB ·

Wonder of diè oortreders ook so vinnig gevind gaan word soos in Nelspruit. Gaan diè saak sulke aandag kry? Daar is gèèn verskil tussen hierdie moord en daardie een.

My hart breek vir julle.

Harley Davidson ·

Omrede ons dit aanvaar todat dit my of jou beurt is

Frank John ·

Dis hartseer. Ons bid vir hulle. God is met julle. Wees sterk en vol moed Hy sal jul nie begewe of verlaat nie.

Nie Verbaas ·

En dit alles te danke aan ANC se onvermoë en slapgatgeit. RIV.

Vexed ·

Kom ons kyk nou of ons polisie en staat die wil het om die moordenaars vas te trek…

Herms ·

Die polisie is te besig om die lid van die EFF se dogter se moordenaars te probeer vas trek. Dis baie belangriker.

AmY ·

Dis bitter hartseer. Ek weet nie meer nie.
Baie sterkte aan die familie en vriende.
Ons bid vir julle.

melaney ·

Afskuwelike daad. Ons bid vir berusting vir hierdie familie.

Kokerboom ·

Eks soo diep kwaad! WANNEER gaan die patetiese afwesige President wakker skrik en die verdomde Min van Polisie die trekpas gee?Wanneer gaan ons begin jag maak op die vrylopende boewe?
Baie sterkte aan familie..mag sy vrou gou herstel!!

Deon ·

In townships kom die polisies gereeld “n bietjie te laat” op die toneel aan

PersHeks ·

Nou wonder ek of Cele ook die area gaan besoek soos wat hy gedoen het met die kind van Nelspruit??

Hannes ·

Waar is Bheki Cele “I will protect you” nou? Ons moet ook druk op die regering en SAPS sit, 72 uur…

Nie Verbaas ·

Ek en jy is ongelukkig nie deel van die sonder uitsondering, onbevoegde politieke gespuis nie.

Andries ·

Dit is nou presies daai woord wat nie gesê mag word nie!!!

Jr ·

Hulle sal nie hierdie saad van satan vang nie. Maar politieke se familie moorde word in 3 dae opgelos. Laat u dink nê.

Deon ·

Is dit opgelos? Of is dit soos in sommige gevalle, Brendan Horner, ouens wat gevang word om druk van die polisie af te kry en dan kom die ou in die hof los en die hele saga sterf n stille dood.

Willem ·

Ons bid vir julle en ook vir die dinge in die land wat so verkeerd is

JM ·

Wat kan die moordenaars anders as skuim en gemors genoem word?!!

Lindi ·

SJOE!!! Dit breek mens se hart! Gaan ons nou ‘n aggresiewe 72 uur polisieplan ook hier he?

Genis ·

Dis die opsetlikke verlamming van alle magte wat die ANC veroorsaak het.. Bloed is aan hulle hande… My innige simpatie mat die familie.. Die land van ons is in gaos gedompel.

Nic ·

So jammer vir jul verlies. Wonder of Cele ook persoonlik oor julle saak gaan toesighou

Harley Davidson ·

So word een ras geteiken en vermoor en die media en leiers is te bang om ‘n spade ‘n spade te noem

TRP ·

Dit is werklik skokkend, altyd in troppe. Nooit alleen. Wel ek hoop hierdie saak kry ook die prioriteit behandeling soos Hillary.

Grens ·

Hierdie is al ‘n lang probleem op die pad, polisie het geen wil om dit uit te sorteer nie. Mense word gereeld op die pad wreed vermoor deur hierdie hartelose terroriste. Sterkte aan die families.

Elize ·

Ek hoop die 72uur geld ook vir hierdie jong pappa sodat die moordenaars vasgtrek kan word!!

Roebs ·

Ag nee hel wat gaan aan met die mense in die land.. NEe wat iets moet gedoen word dit kan nie so aangaan nie.

Nette ·

MINISTER ONS SOEK ‘N 72 UUR AKSIE PLAN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johann101 ·

Sterkte aan die familie wat ‘n man, pa, seun verloor het met so afskuwelike daad…
Ons eis aksie v.d regering & polisie binne 72 uur… dat die skuldiges ook vinnig aangekeer word… Oooo maar askies moet nie enige vinnige arrestasie / s of indien enige te verwag nie… Want dit is mos nie ‘n politikus se kind wat vermoor is nie…

Toy ·

Here help asb ek bid vir vrede in die land. Mag die Here julle toevou en vertroosting bring in hierdie hartseer tyd.

Miskruier ·

Dis nie n roof as die slagoffers geskiet word, dis moord.

Catherina ·

Wat my so hartseer maak, just another murder. Not that one wants a fuss but does Cele or C.R ever mention or visit them? NEVER. Dink aan die familie..so onnodig en so hartseer

Marius ·

Mens mag nie haat nie en respek he vir die gemors. Ek is jammer maar ek sukkel met die twee konsepte.
Sterkte aan die familie.

koos ·

Waar is die VN nou? Waar is grootbek Kanada nou (oeps, ek het vergeet dat hulle 730 “indigenous” kinders in twee massagrafte begrawe het)? Hulle wat so voor in die koor teen die vorige regering gebraak het. Hoeveel witmense moet nog uitgemoor word, hulle werk verloor, nie kwalifiseer vir bevordering of staatstoelaes nie? Wanneer, Here, sal U tog tot ons redding verskyn?

Saartjievandiebosveld ·

Kom ons kyk of dieselfde gedoen gaan word as met die onlangse moord van ‘n EFF betrokene. ..

Renier ·

Ek hoop die saak kry net soveel aandag soos die Hillary Gardee saak

Leon ·

Gaan Bheki Cele ook persoonlik die misdaad toneel besoek en n taakspan saamstel om die saak te ondersoek / of moet slagoffers aan n spesifieke politike party behoort alvorens hul saak prioriteit aandag kry ?

Annelie ·

Is skokkend en dit gebeur daagliks. Gaan die polisie ook so vinnig reageer soos met die Eff sekretaris se dogter se dood of is hulle bang vir die eff.

Frans ·

Dit is moord uit rassehaat gebore en aangeblaas deur die EFF en soortgelykes,Woorde kan nie vertroosting bring nie-maar my innige simpatie met die gesin,

Kensy ·

Cell phone behoort uit te kom met a self distruct app… moet kan ontplof as die eerste oproep gemaak word…. N lewe gemeet aan die waarde van n sellfoon…. ontstellend!

domheks ·

cele en fannie ons wag om te sien wat julle reaksie gaan wees!
Geen reaksie – omdat die vel WIT is?
CR jy moet begin ruggraat kry!

Keelvol ·

Nee wragtig….. wanneer gaan dit nou einde kry. Die wetgewings in die land is al so afgewater deur die grondwethof, dat hulle die gewone burger se reg op lewe skend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.