Jong paartjie sterf saam 6 weke ná troue

Arina en Christiaan van der Merwe. (Foto: Facebook/Christiaan van der Merwe)

’n Pasgetroude jong paartjie van Postmasburg is Sondag omstreeks 21:30 in ’n motorongeluk op die R31-roete tussen Barkly-Wes en Daniëlskuil oorlede.

Christiaan van der Merwe (26) en Arina van der Merwe (25) is op 15 Desember 2018 getroud waar hulle hul toe saam as pasgetroudes in Postmasburg gevestig het.

Christiaan het in Kathu op die myn as ingenieur gewerk en Arina het by die hospitaal in Postmasburg as apteker gewerk. Arina het pas haar meestersgraad in aptekerswese voltooi en het planne gehad om verder te studeer. Die jong paartjie het mekaar as studente op die Potchefstroomkampus ontmoet. Die liefde het van daar af geblom.

Volgens Christiaan se suster, Chris-Mari Strauss (28), was die egpaar op pad terug huis toe van ’n troue in Ermelo. Hulle het omstreeks 16:00 Sondag vanuit Potchefstroom na Postmasburg vertrek. Die ongeluk het na bewering om 21:30 voor die afrit na Daniëlskuil gebeur.

Volgens die oorledene se suster het die egpaar ’n vragmotor probeer verbygaan toe daar ’n ander vragmotor van voor af gekom het. Daar was glo drie vragmotors in die ongeluk betrokke.

’n Bewoë Chris-Mari getuig van die egpaar se liefde vir mekaar. “Hulle was baie, baie lief vir mekaar. Hulle was ’n voorbeeld van wat liefde is en baie mense het opgekyk na hulle.”

Christiaan word deur sy ouers, Christa en Johan van der Merwe, asook sy suster en swaer, Chris-Mari en Handré Strauss, oorleef. Arina se ouers, Elsa en Johan Fick, woon tans in Louis Trichardt. Sy word ook verder deur haar broer en suster, Johan en Helene Fick, oorleef.

Christiaan was in 2011 die hoofseun van Hoër Landbouskool Jacobsdal. Volgens Chris-Mari sal Christiaan onthou word as ’n liefdevolle mens wat altyd positiwiteit uitgestraal het. “Mense van oud tot jonk het van hom gehou.”

Daar is nog geen vaste begrafnisreëlings getref nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

ANON ·

Ek was saam met Arina op skool. Sy was n voorbeeld vir almal.
Was n groot skok toe ek gister hoor.3
Rus in Vrede – Sterkte vir al die familie

SjN ·

Tragies, so jonk, hul lewe het nog voorgele, sterkte aan die familie.

JJS ·

Dalk om ‘n effense draai met geen sperstrepe… dalk moeg van ver ry… ons sal nooit rerig weet nie…

Stephan ·

Ek was goed bevriend met Christiaan van skooldae af. Het nooit die geleentheid gehad om sy vroutjie te ontmoet nie, maar Vaatjie (skool bynaam) sal altyd onthou word vir sy humorsin en voorbeeld.

Rus in Vrede my vriend

Ek verstaan ·

Julle 2 is nou saam in die Hemel, hoe gelukkig is julle nie? My hart bloei vir die familie wat julle groet. Sondag aand het ek my liefste hondjie verloor, sal julle haar asseblief oppas tot ek kom? XxX

DeVill ·

Die vragmotors maak daai spesifieke pad baie gevaarlik.

Hulle ry gewonlik in ‘n konvooi wat die onmoontlik maak om hulle verby te gaan.

Rus in vrede julle twee en sterkte aan die familie!

Asjas ·

Ek wou dit nou nie hier noem nie, dalk nie tyd en plek nie maar dit is so!! Trokke ry 2 of 3 met GEEN spasie tussen hulle vir voertuie om hulle 1 vir 1 te probeer verbysteek wanneer dit veilig is nie. Dis al 3 Vragmotors of jy sit en karring agter hulle vir kilometers. Vragmotor bestuurders is uiters selfsugtig en veroorsaak dat selfs die versigtigste bestuurder naderhand ‘n kans vat.
Ek was altyd bedagsaam teenoor hulle maar deesdae haat ek hulle!!

Petra ·

Ek is jammer.ek ken nie die pad nie, maar waarom word daar gewys na vragmotors wat twee of drie na mekaar ry. Doen karre dit dan nie ook nie?? Ek was nie daar om te sien wat gebeur het nie, asjas en devill ook nie, maar moenie altyd die vragmotor bestuurders blameer nie. Dis eenvoudig, as jy nie veilig kan verbygaan nie, moet nie eens probeer nie, en weereens, ons was nie daar nie. My opregte simpatie egter aan die kinders se gesinne

Mariaan ·

Ek verstaan die goed gladnie…so lank studeer..so mooi voorbeeld…en word dan nooit die kans gegun om dit uit te leef nie…jammer maar dis hartverskeurend…EK VERSTAAN NIE…dit verswak my geloof…ons bid dan dat die Here ons kinders beskerm…nou is harte stukkend vir ewig

Ek ook nie ·

@Mariaan. Ek verstaan ook glad nie. Vir my is dit net baie onregverdig. Mooi mense wat nog nie eers voluit gelewe het nie. Sal ons ooit verstaan???

ulinda ·

ons grootste probleem is om die goed te verstaan.
Ek dink nie ons was gebou om God se groter planne te sien of verstaan, want ons is maar net stof!
Baie sterkte aan almal wat agterbly, ek hoop julle 2 hou lekker honeymoon saam Jesus dis duidelik julle los ‘n leemte
Rus in vrede en geniet die mooi daar bo, hier onder by ons is alles besig om aftebrand, ons word vir ons vel kleur vermoor, en ons ouers word op die plase gemartel tot die dood!
tot ons mekaar weer sien!

Nel ·

@Ek ook nie en Mariaan: Die Bybel help ons om te verstaan dat sulke dinge eenvoudig die droewige gevolg van “tyd en onvoorsiene gebeurtenisse” is (Prediker 9:11). God belowe ook dat daar ‘n tyd sal kom – ‘n “vasgestelde” tyd, wanneer Hy ’n einde aan lyding en dood sal maak (Habakuk 1:13; 2:1-3).
Sterkte aan die families van die twee jong mense.

Rina Kotze ·

Sjoe dis baie hartseer!

Ek verstaan ook nie die goed nie, dis so onregverdig. Ek sukkel ook om God se “plan” met dit te sien! Regtig, vergewe my, maar my gevoel, Hy gun ons almal ‘n vol en lang lewe. My swaer is op 20 Desember 2018 op 36 skielik oorlede, Asma aanval en opvolgende hartaanval, Hy was maar 2 jaar getroud.
Jongmense wat sterf, is net nie reg nie!
Een seën in die hartseer, hulle is op ‘n beter plek as ons,
As dit nie vir my kinders was nie, wens ek, ek was ook daar!

Sterkte aan die families, my Innige meegevoel, mag God jul self troos in hierdie tyd.

Annoniem ·

Dis nie vir ons om te verstaan nie maar om die Here se planne nie te bevraagteken nie… Ons lewe op sy tyd en nie op ons tyd nie… onthou net die duiwel sal alles doen om die kinders van die Here te vernietig… Duiwel se werk maar die Hemelse Vader vat ons siele… Wees gerus dat hulle nou veilig by ons Hemelse Vader is…. en dis al wat saak maak. Innige simpatie met beide families…. Hul was jonk maar soos hul mekaar belowe het… tot die dood ons skei….. Hul is nou in ewigheid saam :-)

Christine ·

Groot, groot hartseer vir die familie en vriende so vroeg in die jaar, mag Jesus julle almal vertroos en krag gee om deur hierdie moeilike tyd te kom ,net Hy alleen weet hoe!!

fielies ·

ek het al daai pad gery en dit was die pad met die meeste kruisies langs die pad wat ek nog gesien het.

Frans C ·

‘n Tragiese verlies vir gesinne van die oorledenes en die gemeenskap waarin hul werksaam was.Woorde is niks seggend maar by God is daar altyd vertoosting,al is dit nou onverstaanbaar.

Spike ·

Ons sal dit nooit kan verstaan nie. 2 begaafde jongmense wat soveel vir die sameleweing beteken het. Dan die volgende wat moor en vernietig gaan maar net aan.

Paula ·

My hart gaan uit na die familie van hierdie twee pragtige jongmense. Ek vra dat Onse Vader hul in Sy vertroostende hande sal toevou. Onse Vader het kom haal ook van die Mooiste Blomme vir Sy Tuin.

Hartseer ·

Te mooi gewees vir hierdie wêreld.
Nou op ‘n beter plek.
Lucky hulle

Christa ·

Mariaan, jy verwoord presies wat ek gedink het. n Buurtannie lê al letterlik 15 jaar “op sterwe” en kan eintlik geen bydrae meer lewer nie. Ek weet ek klink ongevoelig, maar sowaar, ek verstaan dit dinge nie. Baie baie hartseer

Gaitsigubib ·

Ander mense is blakend gesond en lewer geen bydrae nie. Sowat 20 jaar gelede het ‘n jong kwadrupleeg van Nelspruit n groot impak op my gemaak d.m.v sy positiewe houding en respek vir die Vader. Hy was voorwaar n voorbeeld. Los tog die tannie wat in die bed le en “geen bydrae maak nie”. Sy beteken dalk meer vir iemand as wat jy jou kan indink.

Albert ·

Ek het die voorreg gehad om saam met Christiaan op n projek of twee te werk. Wat n aangename persoon en baie bekwaam in sy werk. Ons gedagtes is met Christiaan en Arina se vriende en familie deur die moeilike tyd. R.I.V.

Vriend ·

Ek het 4 jaar saam Christiaan geswot. Baie hartseer dat so iets met so ‘n paartjie moet gebeur wat nog ongelooflik baie gehad het om die wereld te bied. Die wereld is armer, dit is al wat ek kan sê.

Dan ·

Dit wat hier gebeur het worstel ek al my hele lewe: waarom laat God so iets gebeur met goeie,voorbeeldige, talentvolle jong mense? Wat is die doel?My geloof wankel ….sterkte aan die Familie en vriende vd 2 mense.

Hanlie ·

Ons harte is baie seer oor julle afsterwe. Arina het haar praktiese ure by my in die apteek gewerk elke jaar op Louis Trichardt. Sy was ‘n vrolike, hardwerkende en talentvolle student. Sy het my nog kom groet net voor hul getrou het in Desember en daar was soveel sterre in haar ogies. Ons harte gaan uit na Johan en Elsa en ook Christian se ouers.

Michelle ·

Baie hartseer en so jonk ons verstaan nie God se werke nie, maar moet God vertrou Hy kom haal Sy mooiste kinders. Sterkte aan die familie .

George Pelser ·

RIV en innige simpatie aan die naasbestaandes. Al wat ek kan se is dat ek daardie pad elke maand ry,soms twee of meer keer en meeste van daardue trokdrywers is gevoellose padparke wat ry nes hulle wil sonder inagneming van ander padgebruikers en natuurlik daarmee wegkom want wetstoepasseds sien ek maar bitter min indien ooit. Ek wonder soms hoeveel ongelukke hulle al veroorsaak het(ook noodlottiges) en dan doodeenvoudig net aan ry waarvan ons nie eers weet nie? Die hele pad van Barkly af tot by daai Danielskuil afdraai is ‘n BAIE gevaarlike stuk pad as gevolg van die spul.

Petra ·

George Pelser, motorbestuurders veroorsaak baie meer ongelukke as vragmotorbestuurders. En vragmotorbestuurders is oor die algemeen nie padvarke nie. Mens is geneig om kwaad te raak vir goed wat hul in ander mense sien wat hul eintlik in hulself eien

Hansie ·

Petra, het jy al die N1 gery? Veral tussen Lainsburg en Jhb? Dan sal jy nie daai stelling maak nie. Vragmotorbestuurders ry in konvooie met baie min spasie tussen die vragmotors. Ek kan verstaan dat hulle in konvooie ry vir veiligheid en beskerming as hulle moet stop, maar laat spasie tussenin sodat motors julle een een kan verbygaan. Dit is nie almal nie, maar 80% van hulle!!

Stephan de S ·

Maraan ek het soveel begrip vir jou woorde. As dit sal help, deur gebed bestuur ons nie ons lewe nie, ons gee dit af aan die Vader sodat ons vrede kan hê in wat ookal gebeur. As ons dit afgee,is dit Sy verantwoordelikheid om aan ons draende genade te gee vir wat ookal die lewe voortbring.

Elaine ·

Piena my hart pyn dit bly onwerklik sal nooit my pa se oproep maandag oggend vergeet of ouma en mamma hulle se gesigte nie.. Mag julle in vrede rus en mag jy vir ons van daarbo af kyk ek gaan jou baie mis my liefste niggie.. Lief jou altyd en altyd tot ons mekaar weer ontmoet

Thomas ·

Baie jammer. Die seker gaan nóóit weg nie, maar met tyd kry mens vrede. Wens dit jou toem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.