Jong PE-pa ten aanskoue van vriendin vermoor

Llewellyn Staines. Foto: Facebook.

Alan Staines, die pa van Llewellyn Staines (27) wat Vrydagaand in Port Elizabeth doodgesteek is, het aan Maroela Media gesê hy het self nog nie antwoorde oor wat presies daardie aand gebeur het nie.

Staines vertel Llewellyn het op die hoek van Somers- en Sydenhamstraat in Sydenham oor die pad geloop toe ʼn motor hom byna raakgery het. “Die bestuurder van die motor het omgedraai en teruggery na Llewellyn toe en hom toe daar met ʼn mes in die bors gesteek,” het Staines vertel.

“Ek is die president van die motorfietsklub en van die lede het my gebel en gesê my kind lê in die pad. Ek het na die toneel toe gejaag en hom daar gesien waar hy op die grond lê. Hy het blykbaar so 25 treë gehardloop voor hy inmekaargesak het.”

Volgens Staines het Llewellyn twee kinders, ʼn dogtertjie wat in Johannesburg woon en ʼn 1-jarige seuntjie van hom en sy vriendin wat by hulle gebly het.

“Daardie kind was sy hele lewe. Hy het nie gewerk nie, so hy het die hele dag saam met hom deurgebring. Hy was ʼn baie sagte mens en het ʼn rustige geaardheid gehad. Sy hele lewe het om sy kind gedraai,” het Staines vertel.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Naidu het ʼn patrollievoertuig op die toneel afgekom kort nadat Llewellyn in die bors gesteek is. “ʼn Patrollievoertuig het in die straat gery toe hulle die vriendin wat daar staan en skree aantref,” het Naidu gesê.

Die vriendin het aan die polisie gesê Llewellyn is deur iemand in ʼn blou motor gesteek. “Polisiebeamptes het ʼn motor voorgekeer en ʼn 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem.”

Die verdagte sal vandag in die hof verskyn op aanklag van moord. Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Grimbeek ·

Baie jammer vir die oorledene se familie. Julle berig gewers dink ek partydae weet minder wat hulle doen as enige iemand anders. ‘n Blou Ford Renault????

Dalene de Vente ·

Dagsê Grimbeek

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Kiepie ·

Innige meegevoel aan sy familie.

MM daar is ‘n fout in die berig. Ford Renault moet seket Ford ranger wees.

Dalene de Vente ·

Dagsê Kiepie

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Etienne ·

Ford Renault? dis soos om te se Nissan Opel. dalk Ford Ranger? Shame die Meisie was seker baie ge skok. baie sterkte aan die famielie, en so onnodige moord.

Poppie ·

Julle kla meer oor die fout wat MM maak. Plaas jul die nuus en hartseer in die storie sien. PE is ook nie meer wat dit was nie. Ek bid maar elke dag net vir veiligheid vir my kinders in PE. Sterkte aan die familie.

Ouma ·

Ek glo MM het met die eerste boodskap al raakgesien die fabrikaat van die motor is verkeerd. “Nevermaaind” die kar, dink eerder aan die vreeslike verlies vir die naasbestaandes, en die onnodige moorddadigheid van ons mede landsburgers.

Eben ·

Dit is baie tragies. Ek dink die Ford Renault storie het gebeur toe iemand oorhaastig inligting oorgedra het. Dit mag dalk ‘n Ford wees. Hier in PE het ons gehoor die krimineel werk by KIA. Die Renault storie het moontlik ingesluip omdat die agenskap Kia en Renault verkoop en diens. Wanneer mens ontsteld is dan kom dinge maar deurmekaar uit en die person het maar net hul bes gedoen om die inligting oor te dra.

Die episode is weer ‘n aanduiding dat mens nerens in SA veilig is nie. Mens moet jouself altyd bewapen om jouself te verdedig. Die slegste van alks is dat die polisie in PE eerder messe van onskuldige mense afvat voordat hulle dit doen met kriminele. Naby my huis is ‘n afgetrede predikant se onskuldige mes by hom afgevat toe hy loop om sy kind by die skool te haal.

DS ·

Tipies van die mensdom van vandag. Huil oor die voertuig beskrywing wat foutief is maar knip nie ‘n oog dat ‘n jong man sy lewe verloor het nie. Die ongevoeligheid van die mensdom is skokkend. Sterkte aan die familie en rus in vrede jongman.

Peet J ·

Hier’s ek weer het met die mense gesimpatiseer en julle weier om dit te plaas ek dink julle stelsel is foutief.

Mariette Hammann ·

Ek hoop die familie kry die nodige ondersteuning in die hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.