Jong plaasbestuurder wreed vermoor

(Argieffoto)

ʼn 21-jarige bestuurder van ʼn plaas naby Paul Roux in die Vrystaat se liggaam is Vrydagoggend in ʼn veld op die plaas aangetref.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer is met ʼn tou om sy nek aan ʼn paal op die plaas vasgemaak. Hy het beserings aan sy kop en gesig gehad en is op die toneel dood verklaar.

“Sy Toyota Hilux is later met bloedvlekke naby die Duikfontein-plaas by Paul Roux gevind,” het Makhele gesê.

Volgens hom het ander boere in die gebied die polisie na die plaas ontbied nadat die man se liggaam aangetref is. Die polisie was omstreeks 06:30 op die toneel.

Meer inligting oor die voorval was nie dadelik beskikbaar nie. Na verneem word, het die plaasbestuurder gisteraand van elders teruggekeer toe hy oorval is.

Makhele het gesê die motief vir die aanval word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Brits by 082 466 7648 of kapt. Moloi by 082 419 6715 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Belinda ·

Dit kan mos nie reg wees nie, mens moet mos kan beweeg soos jy wil. Sterkte vir sy familie.

Fae Fubar ·

Die “motief”, is blanke volksmoord. Dit word aangehits deur hoedjie, rooi beret en kaders.

Persheks Adri ·

Sinnelose moorde! Waar op dees aarde gaan ons eindig? Elke liewe dag nog en nog moorde en groot hoed skitter in sy afwesigheid en reken mos dis vakansie misdaad… Het hy al bietjie hieroor gaan dink of verlekker hy hom saam die res wat haatspraak aan hits?

Tanniepetoors ·

Het ons regtig Hoed nodig om die Kommando-stelsel terug te bring en daadwerklik te begin optree teen hierdie toenemende terreur teen ons boeregemeenskap?

Adam Adriaan ·

Met die doel om aal blankes uit te wis. Wat jet Julius gesê?

Scalla ·

Hoekom nog vasmaak, wat is die motief daaragter, drastiese optrede moet plaasvind om die sinnelose optrede te stop.

Pieter ·

Dan is blm is sy piekie, want alle sblm sal daar heen gaan.

Miskruier ·

N blanke jong man gebore na die apartheid,s jare.Haat die oueres nie ons kinders en kleinkinders.

Johan ·

Ons moet n beweging begin FLM (farmers live matters) want hulle word nou n bedreigde spesie.

Werner ·

Sal seker ophou met n volskaalse oorlog wat die EFF en die ANC so graag wil he

Magda ·

NOG N WIT MOORD VOOR DIE ANC / EFF SE DEUR – ASOOK CELE SE KOMMENTAAR. BLANKE VOLKSMOORD DIT IS WAT NOU HIER AAN DIE GEBEURE IS.

Reinier ·

Net jammer dat vryheid van spraak nie dit behels wat ek nou hier wil se nie!!!as die boere by bloedrivier ook net toegekyk het soos wat ons nou doen dan sou ons daardie tyd al uitgemoor gewees het….”genoeg is nou genoeg”gaan nie nou meer genoeg wees nie!!!!!!!!

Alta Alleman ·

Mens mag nie haat nie maar hierdie is een van die redes waarom ek van plan verander het. Mens mag nie ‘n rassis wees nie maar hierdie is een van die redes waarom ek een begin word. PUNT.

Connie ·

CR wanneer gaan dit ophou, o ja jy gee nie om nie. Weet net julle almal in die parlament se hande is vol bloed, en ons Vader sien alles. Julle sal nie ongestraf gaan nie. Sjek anc, eff en jul kaders almal. Genoeg is nou genoeg!!!!!!!!!!!!

Lian ·

Ons moet by sekerheidstelsels inskakel en paraat wees, ons wonings effektief versterk met sekerheidsheinings en NIE na donker rondry nie. En beslis NIE alleen nie. Wees op julle hoede met maandeinde en bonstyd. Dis seker ou nuus , maar ek se maar net weer.

Hercules ·

hierdie veteraan moord & roof speurder salueer jou jongman!!

elke druppel bloed is aan die hande van die cANCerous Kongres!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.