Jong Pretorianer sterf tydens heldedaad

Reinhard Louw (21). Foto: Verskaf

Reinhard Louw (21). Foto: Verskaf

Agtien dae nadat Reinhard Louw sy mondigwording gevier het, het hy met sy lewe geboet om dié van ʼn 63-jarige vrou, by wie hy die afgelope drie jaar woon, van ʼn groep gewapende mans te red.

Louw, ʼn Pretorianer wat in 2013 aan die HTS John Vorster matrikuleer het, het ná skool toelating by Imperial Auto se ambagskool gekry en verder as ʼn petrolwerktuigkundige studeer, terwyl hy by Mercedes Benz East Rand in Boksburg gewerk het.

Hy het gedurende die week in ʼn gastehuis naby sy werk gebly, waar die tragedie hom Vrydag omstreeks 11:50 afgespeel het. Hy het gewoonlik Vrydae teruggery na sy ouerhuis in Villieria om naweke daar deur te bring.

“Reinhard is onlangs deur sy ambagskool gekies om aan die World Skills-kompetisie deel te neem. Dit was vir hom ʼn groot voorreg om vir die geleentheid gekies te word. Dit is soos die Olimpiese Spele vir mense wat ambagte beoefen,” het sy ma, Carina, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Sy het vertel Reinhard het Vrydagoggend sy eerste proewe vir dié kompetisie in Germiston gaan aflê en is daarna terug na die gastehuis om sy klere in te pak, sodat hy ná werk direk van daar Pretoria toe kon ry.

Reinhard het by die gastehuis se veiligheidshek uitgery net toe die eienaar, Nita Pienaar, in die oprit na die huis stilgehou het nadat sy by die bank was. ʼn Ander motor het langs haar stilgehou en sy is vermoedelik deur vier vermeende kapers oorweldig.

“Hy het besef wat aangaan en sy reflekse het oorgeneem. My seun is presies soos wat sy naam aandui, ʼn mens met ʼn rein hart. Hy het vir drie dinge, die Here, mense en geregtigheid gelewe en daarom het hy instinktief opgetree om Nita te help.”

Hy het vorentoe gery om die kapers van Nita weg te keer en het moontlik een van die aanvallers en hul voertuig gestamp, voordat een van hulle hom deur die windskerm doodgeskiet het. Ná die doodskoot het sy motor nog vorentoe beweeg en oor Nita gery.

Die kapers het met leë hande van die toneel gevlug. Reinhard is op die toneel dood verklaar en Nita is na ʼn hospitaal geneem, waar sy tans aansterk.

“Sy herstel goed en ons dank die Here daarvoor. Ons was vanoggend by haar en sy is nog getraumatiseerd. Sy het gesê as die nie vir Reinhard se optrede was nie, was sy dood.”

Die groep se verwoestingstog het egter nie daar geëindig nie. Kapt. Juanita Coetzer, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê aangesien die wegkommotor herkenbaar was aan die stampmerk, het die aanvallers in Jetpark ʼn motor van ʼn veiligheidsmaatskappy gekaap. Hulle het tot by ʼn taxistaanplek in Kemptonpark gery, die voertuig daar gelos en in ʼn taxi verder gevlug. Die veiligheidswag is nie tydens die kaping beseer nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en motorkaping. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie het goeie leidrade wat opgevolg word en die ondersoek duur voort,” het Coetzer gesê. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die verdagtes Nita moontlik van die bank af agtervolg het.

Carina het gesê Reinhard sal altyd onthou word as iemand wat voluit en tot eer van die Here geleef het. Die gesin vind vertroosting in die wete dat hy in die Hemel is. “Hy het gesterwe net soos hy gelewe het, vir mense, geregtigheid en tot die eer van die Here.”

Reinhard se begrafnis vind Donderdag om 14:00 by die Heatherdale-begraafplaas in Pretoria-Noord plaas. Die troosdiens volg om 15:30 by die Gereformeerde Kerk Totiusdal in Waverley.

Hy laat sy ma, pa, Alwyn, suster, Nerine (17) en grootouers, Gerrie en Rina van Aswegen, agter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Mamparra ·

Nee dit is nie. Ons lewe nie in ‘n regverdige wêreld nie. Maar Reinhard lewe nou in een. Hy pluk die mooiste blomme vroeg.

JC ·

Sjoe Reinhard, jy’s awesome!
RIV :-)
Iewers sal jou heldedaad nog weerklink! JY IS MY HELD!! Wens ek kon jou geken het, dit sou ‘n eer gewees het!!

SUSAN DU PREEZ BOTHA ·

Geen woorde gaan nou iets beteken nie – al wat ek aan die ouers, sus en grootouers kan sê is – ek hou julle in my gebede. Ek is in 1993 ook daardeur met my seun wie slegs 12jr oud was. Hy was in ‘n motorongeluk saam met ander mense. Dit maak nie saak watter ouderdom Ons Liewe Vader ons kinders kom vat nie – dit is ‘n deel van jou wat nou leeg is. Ek bid vir julle almal vir die nodige sterkte en vertroosting.

Irene ·

Jammer om dit te se inside job in bank wag vir jou buite hoop hulle word gevang en die inside job ook. Strerkte aan die families.

Nadia ·

Reinhart ons gaan jou mis :'(
Mag Jesus saam jou Ouers wees sal jou onthou met lof Engel Geloof in Jesus se kinders. Xox vir die laaste keer :’/

Estelle ·

Fit is tyd virus all besighede om kontant -loos te opereer. Besighede sit hulself, hul personeel en ook hul kliente in lewensgevaar as hul in kontant ruiltransaksies doen virus dienste gelewer.

m ·

Hierdie is verseker n inside job. Daar kan gerus maar baie vrae by daai bank gevra word. Sterkte aan die familie.

Ruby ·

Wat ‘n mooi getuienis oor hierdie pragtige jong man, sy ouers kan met reg trots wees.

Baie baie sterkte aan sy geliefdes.

:-(

Tania ·

Dis so vreeslik dat so n goeie mens se lewe so kort geknip is. Sterkte aan sy famielie.
Wil ook by se ek het in n bank gewerk en 90 persent van die tyd is dit nie n Inside job nie. Die informant is wel in die bank en maak hom af as n klient, hou julle oe oop. Bly eerder in die bank as jy onveilig voel.

Adeline ·

Ek kan nie meer verstaan hoekom daar dáágliks pragtige, belowende en wonderlike mense so wreed weggeruk word nie, maar “goed” soos Malema, Mugabe, Zuma leef om 100 jr oud te word!! Wat gaan aan!? Is God dan nie in beheer nie!??

Theresa ·

Baie sterkte aan die gesin, familie en vriende. Hoop die 4 word baie gou vasgetrek.

Lance ·

So so tragies ….dis nou die nuwe SA ….vol diewe rowers moordenaars en verkragters ! Niemand is eers bang vir die polisie nie …hulle doen niks en ek twyfel of hulle die mense gaan vang

Gerhard ·

Wat ‘n tragedie! Hy was ‘n goeie seun – presies soos Carina hom beskryf. As ek vir Reinard gegroet het by die kerk, het ek hom altyd Braveheart genoem….. baie dapper jongman! Jammer vir julle verlies Alwyn, en Carina?

Charmaine ·

Dankie Liewe Jesus vir n seun soos hy..die engele is verheug oor jou.Sterkte aan sy gesin en Nite.

Jacoba ·

Innige simpatie aan al sy geliefdes. Mag God julle vertroos.
Hy was ñ dapper held.

Louise ·

Ongelukkig word ons polisie verswelg die Tsunami van misdaad. Dis tyd dat die weermag in al die stede moet voetpatrollies doen. Ons land is eintlik in n staat van oorlog. Oorlog teen die vredeliewende burgers van die land.

Pastoor ·

Dit is net weereens n bewys. Niemand weet wanneer sy tyd aangebreek het nie. Wees dus gereed om Jesus enige tyd te ontmoet. Julle lewens moet reg wees. Heelmoontlik het R laasweek hier op marola le en lees. Nous hy weg. In lewe wat vir ewig e ewigvaanhou. Hemels. Die rowers gaan virewig en ewig en ewig brand
Sterte aan sy geliefdes julle sal hom weer sien met n kroon op sy hoof

Willie ·

Baie groot held! Wat n verlies. SAPD begin gerus julle ondersoek by die bank…

Mia ·

Liefste Reinhard, ons gaan jou so mis, Seuna. Ons is trots op jou. Jy het presies opgetree volgens jou persoonlikheid. Maar ek sou soveel wou gee om jou nog hier te kon hê.
Dankie vir jare se vreugde en vriendskap. Alwyn en Carina, julle het n wonderlike seun groot gemaak. Baie sterkte, mag die Here jul vertroos.
Xxx

Joey ·

RIP jongman. Baie sterkte aan sy ouers , familie , vriende en geliefdes. God besluit oor lewe en dood en dit was die dag waarop Hy besluit het. Die omstandighede is tragies maar wat ‘n voorreg as ouers kan getuig van hul seun se liefde vir mens en God. Mag almal in hierdie hartseertyd Jesus se teenwoordigheid intens ervaar .

Lizelda ·

Hoe hartseer… ek wil graag weet of hulle dalk beskrywing vn die verdagtes het.. want op 20 Aug het daar n swart X5 met 4 insittendes by ons ingery en gelyk of hulle weghardloop vir iets of iemand… ons hek was toevallig oop.. ek het CCtv materiaal van die insident… ek sit dalk pot mis.. maar as dit kan help om skelms vas te trek dalk moeite werd

Victor ·

More Lizelda. Reynhard word vandag begrawe. Sy Ma is is my vrou se niggie. Ek dink jy mag dalk net die demone op cctv opgevang het. Ek wil nie Alwyn en Carina vandag met dit bemoei nie. Dit sal ons verseker help om die inligting te bekom. Alwyn, Reynhard se Pa, is in die SAPS se Honde Eenheid al vir 30 jaar. ‘N Van Asweging is dieondersoek beampte maar ons kan alle inligting gebruik. Stuur asseblief jou inligting na my epos sodat ek dit dringend kan verwys na Alwyn en Van Asweging. Komplimente vir jou paraatheid!! Beste. Victor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.