Jong prokureur van Kaap word vermis

Johan Loubser

ʼn 32-jarige prokureur van Kaapstad het Dinsdagoggend spoorloos verdwyn.

Volgens Johan Loubser se stiefma, Hannelie Loubser, moes hy 09:00 Dinsdagoggend by die hooggeregshof in Kaapstad gewees het, maar het nie opgedaag nie.

Johan bly in ʼn woonstel in Bloubergstrand. “Sy werkgewer is na sy woonstel toe nadat hy nie by die hof opgedaag het nie. Hy het gesien die woonstel is gesluit en het by die motorhuis ingekom waar hy Johan se motor gesien het.”

Volgens Loubser is Johan se woonsteldeur ook oopgebreek en is sy selfoon en beursie in die woonstel gevind.

“Hy was nog besig om koffie te maak en die beker het daar gestaan, maar daar is nooit water ingegooi nie.”

Daar word intussen gepoog om Johan se selfoon te ontsluit om te sien of daar enige besonderhede is. Volgens Loubser was Johan 08:14 Dinsdag laas op WhatsApp.

Enigiemand met inligting oor Johan Loubser se verdwyning word versoek om AO Van Wyk by die Table View-polisiekantoor te nader by 021 521 3300 of Pink Ladies by 072 214 7439/083 378 4882/082 345 3678 of Stop Misdaad by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DA BO ·

Ag ek hoop die ma sien haar kind lewendig. Hierdie spel niks goed nie. Begin ondersoek instel na die mense wie in die hof moes wees dinsdag.

Meisie ·

Nee, nee, nee!! Wat ‘n sout-van-die aarde kind van die Here mens. Hy sal nie ‘n vlieg skade doen nie. Ons lewe in ‘n mal wereld. Bid asb vir hierdie familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.