Jong Pta-verliefdes sterf saam op motorfiets

Zhaan Smit en Lezette de Beer. Foto: Via Facebook

Twee mense is dood en twee kritiek beseer toe ʼn motorfiets en ʼn Opel Kadett Saterdag in die vroeë oggendure in Pretoria gebots het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het Saterdag aan Maroela Media gesê die botsing het in Mootstraat in Daspoort in die weste van die stad plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek. Twee mense wat op die motorfiets was, is op die toneel dood,” het Loubser gesê. Loubser kon nie dadelik hul ouderdomme bevestig nie, maar het wel gesê dat hulle ʼn jong man en vrou was.

Loubser het gesê twee insittendes in die Opel het kritieke beserings opgedoen en hulle was in die voertuig vasgekeer. Hulle is na die Steve Biko-hospitaal geneem nadat hulle uit die motor se wrak gesny is.

“ʼn Vrou, vermoedelik die bestuurder van die motor se ma is, het op die toneel inmekaargesak. Sy is ook na die hospitaal geneem aangesien sy beseer is toe sy geval het.”

Loubser het die brandweer en ander nooddienste vir hul bystand bedank. Hy het ook sy innige meegevoel met die oorledenes betuig.

Loubser en die plaaslike DA-raadslid, Elma Nel, het in ʼn video ʼn beroep op inwoners en motoriste gedoen om padreëls ten alle tye te gehoorsaam.

“Daar is veral probleme met motoriste wat te vinnig ry. Inwoners word aangemoedig om probleemgebiede aan ons uit te wys sodat daar byvoorbeeld plan gemaak kan word om spoedhobbels op te sit, of die hobbels wat vervalle is, oor te bou,” het Nel gesê.

Zanelle Grandly, een van die slagoffers se susters, het intussen die dood van haar suster op haar Facebook-blad bevestig.

“Ons wil graag ons familie en vriende wat naby en ver is laat weet dat my sussie, Lezette de Beer, vanoggend saam met Zhaan Smit dood is. Ons sal hulle geweldig mis en geen woord kan die groot verlies wat ons voel verduidelik nie. Ek sal altyd vir jou lief wees en jou nalatenskap lewendig hou,” het sy gesê.

Ria Nieudoudt, Zhaan se suster, het in ‘n huldeblyk aan hom geskryf: “My boetie jy is my lewe elke dag gewees hoe gaan ek sonder jou lewe. Blondie jy was deel van ons lewens. Ry die golden highway RIP.”

Lezette se laaste inskrywing op Facebook was Vrydag aan Zhaan gerig: “I have found my happy ever after, love you vrek mal my lief”.

Zhaan Smit en Lezette de Beer (inlas). Foto’s via Facebook

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ander Annie ·

Sterkte en Innige simpatie aan hierdie families. Twee pragtige jong mense vir ewig saam. Mag hulle liefdevolle herrinneringe vir julle vertroosting bring.

Mariana ·

Dis my verjaardag vandag en vir my so hartseer om te lees van hierdie twee mense wat duidelik so verlief lyk, op my verjaardag oorlede is. My innige meegevoel aan alle naasbestaandes…

Paula Van Vuuren ·

Rus in Vrede . So jammer om te hoor van jong mense wat sterf. Mag die Vader die ouers en familie en vriende berusting gee en vertroos. KYK ASB UIT VIR BIKERS

Ferreira ·

en gehoor saam die padreels dit sluit spoedgrens ook in !

Jan Devenish ·

Innige meegevoel aan die familie. RIP Zhaan en Lezette. Liewe Jesus het sy 2 mooiste blommetjies saam kom pluk.

Bea ·

Mense stop nie meer by stop strate nie dis n groot probleem in die moot..mense wil net ry gee nie n dinges om vir ander..ek was al paar keer lus en stop die persoon en gee hom of haar n taai klap..

Lorieka ·

Sterkte aan Al die gesien sterkte rus in vrede jul liefde saam vir ewig

Phillip ·

Dagsê Meisie

Dankie vir die jou terugvoer. Die berig is gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

CS ·

Baie Sterkte aan beide gesinne wat hulle kinders verloor het, dit is verskriklik hartseer

Annelene ·

Ek wonder hoeveel mense moet nog in ongelukke dood gaan in Moot Straat voor daar spoed walle gesit word. Tussen Dorp en Claremont is dit n renbaan vir motors en motor fietse ( inwoners verwys na die stuk as “the quater mile road”) en die inwoners soebat al jare vir spoed walle maar hulle kry net flou verskonings en daar word niks aan die stuk pad gedoen nie. Daar was vroeer die aand ook n ongeluk toe n vrou in die hek en muur vasgery het van die huis waarin Moot straat dood loop. My hart gaan uit na die 2 mense se familie en vriende want niemand verdien dat hulle lewens so kort geknip word nie.

Vonnie ·

Dit is baie sleg, sterkte aan die familie. Ek wil asb op al my mede motofietsryers n beroep doen om nie in die donker op n motorfiets te ry nie.

Susan ·

Jammer oor julle groot verlies
As DA raadslid Elma Nel kan help dat die spoedhobbels ten minste net geverf word sal dit baie help

Andre ·

Vonnie nie net motorfietse nie maar motors ook. Hoeveel mense gee hul meegevoel vrylik en voel jammer vir die families wat hulle soms nie ken nie, maar elke dag wonder ek wie is dan die mense wat deur rooi verkeersligte ry en stopstrate ignoreer en verbysteek op soliede strepe selfs met hul kinders in die voertuig?

Bob ·

“Inwoners word aangemoedig om probleemgebiede aan ons uit te wys” Die stelling is absolute snert….Groot probleem op die hoeke van Wilhelm en Theo Slabbert strate met baie ongelukke weens spoed en versuiming om te stop by stopteken. DA raadslid is al gaan haal tydens só ń ongeluk om haar die omvang van die probleem te wys en hoekom dit nodig is vir n spoedhobbel hier. Daar kom absoluut niks daarvan nie. Mors net jou tyd.

The Oracle ·

Ai, so tragies. Wens motorfietse kan verban word. Te veel mense verloor hulle lewens…

Erica ·

Jammer, maar ek stem ni saam met jo stelling ni…alle motorfietse verban word. Ek ry self ‘n motorfiets. Elke motoris en motorfiets ryer moet oordenlikheid aan di dag lê en di pad reëls en spoed reëls volg, sal daar alreeds ‘n onsaglike groot verskil wees in di aantal ongelukke op di pad. Om net motorfietse te verban gaan nie enige iets oplos ni. Innige simpatie en gebede gaan uit aan altwee families wat hul kinders en n boetie en n sussie verloor het. Dink ook aan die motoriste wat tans in di hospitaal is.

LMF ·

So jammer motorfiets ryers tans op die oomblik besig met simpatie ‘drive’ nou in mootstraat besig maar ja motorfietse of motors albei ewe gevaarlik as pad reëls nie nagekom word nie vanoggend weer moterfiets en motor op Horingsnek gelukkig het ek niks van dood daar gehoor nie

Theresa ·

Dis net so so sad !!!!!…..ken die twee mensies peroonlik ..altwee awesome mense ,was so geskok oor die nuus ….hulle was n pragtige paar saam so v erlief op mekaar …rus in vrede julle twee eks seker julle gaan in almal se harte bly ….soos ons jou blondi noem ën jy bekend is as on awesome buurvrou sal julle altyd onthou word ….gaan julle mis RIP.

wielie ·

Moot straat het dringend spoed hobbels nodig.
Dit is Daspoort se renbaan in die nag ure en op naweke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.