Jong Ruben verloor sy stryd

Ruben Desember in die hospitaal.

Ruben Desember in die hospitaal.

Ruben Scharneck, die sesjarige kind wat in 2014 met hoërisiko-neuroblastoom gediagnoseer is, is Saterdagoggend dood.

Berdien Scharneck, ʼn familielid, het gesê Ruben sit nou op Jesus se skoot. “Jy glimlag, jy huppel, hy het nie meer pyn. Dankie vir die voorreg wat ons kon hê om jou te ken. Dankie dat jy ons geleer het om ander eerste te stel. Om jou naaste lief te hê. Om altyd te sê dit gaan goed al het jy baie pyn gehad. Dankie dat jy tot die einde nie jou mooi glimlag verloor het nie. Ons is en was baie lief vir jou.”

Ruben laat sy ouers, Andre en Marinda, en sy ouboet Rossouw agter. Maroela Media het verskeie kere oor Ruben se siekte berig: onder meer toe hy vroeër vanjaar gr. 1 toe is en verlede jaar as Affie-seun ingehuldig is; ook toe hy ʼn dag by die Universiteit van Pretoria deurgebring het en gevoel het hoe dit is om ʼn Tukkie te wees.

Dokters het Ruben nie lank gegee om te leef nie. Hy het in Desember ʼn geruime tyd in die hospitaal deurgebring nadat sy organe begin ingee het. “My klein engel is so braaf. Ek bid elke dag dat God jou pyn sal wegvat. As die tyd aanbreek vir jou om ons te verlaat, weet net dat jy meer geliefd is as wat jy ooit sal weet,” het sy ma destyds gesê.

Ruben is in 2014 met hoërisiko-neuroblastoom gediagnoseer en het 100 dae van chemoterapie ondergaan. Hoewel die uitslae positief gelyk het, was die Scharnecks platgeslaan toe dit in Junie 2015 blyk dat die kanker weer versprei het.

Hoewel hy selfs nietradisionele kankerbehandeling uit Australië ontvang het én in Januarie verlede jaar weer ʼn groot operasie ondergaan het om al die gewasse te verwyder, het die gesin nié die goeie nuus ontvang waarop hulle gehoop het nie. Van die gewasse was vas aan die aorta en dokters kon dit nie verwyder nie.

Hy het altesaam nege operasies ondergaan. Die negende operasie was die laaste aangesien die dokters geweier het om hom verder te opereer of selfs te ondersoek.

Ruben sou volgende maand sy sewende verjaardag vier.

Lees alle vorige berigte oor Ruben op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Amanda Owen ·

Dit is sooooo hartseer. Ek bid dat Vader julle sal vertroos xxx

Sonet Geldenhuys ·

Daar is niks so seer soos die afsterwe van jou kind nie my dogtertjie is op dieselfde ouderdom en ook op ‘n Saterdag oorlede en ja ons weet waar hulle is maar daai pyn o Here daar kom nagte wat baie lank is daar kom tye van verwyte en dan vrae al waaraan ek vashou is ek weet waar ons kinders is.

Tokkie ·

Sterkte aan die familie. Dis so hartseer as kinders sulke siekte moet deurgaan. Ñ mens wonder partykeer hoekom

marietjie ·

so hartseer. mag di ouers en boetie vertroosting vind…

Louise ·

Ruben, jy was my hero! Met alles wat jy reggekry het terwyl jy siek was. Rus sag, ou maatjie.
All my simpatie en gebede aan sy familie.

Penellope Jones ·

Rus in Vrede Ruben!
Voorspoed en meegevoel aan sy ouers en ouer boetie.
Dis baie swaar – my seunskind is elf jaar gelede oorlede – mens kry krag om aan te gaan.

Menine ·

Ai, my hart is so seer!!! Rus in Vrede Ruben!!! Nou het jy nie meer pyn nie! Sterkte aan die familie!! ??????

Johan ·

Op hierdie uur kom ons saam en roep ons na U, o God,wat elke mens tot lewe roep en vir Wie die tyd van die lewe en die tyd van die dood geen geheim inhou nie.Self ken ons nie die tyd of die uur waarin die dood ons sal oorval nie.Tog is ons hier saam omdat ons glo dat U die mens deur die dood heen na U toe trek, danksy Jesus, u Seun.Here, God van lewe, ons bid U:wees by ons met u genade op hierdie dag,waarop ons U aanroep;wees hier aanwesig met u vrede soos ‘n vriend wat ons troos en ons pyn begryp.Kom ons geloof tot hulp, nou dat die lewe stil word waar ons afskeid moet neem van ons geliefde. Wees U ons krag en troos,ontferm U oor ons en oor ons oorledene,ontferm U oor almal wat op U vertrou. Spreek vandag u woord en maak ons ontvanklikvir u goedheid en u liefde;dat ons mekaar sal vergewe, soos U ons vergeef,dat ons mekaar sal ondersteun, soos U ons in u vaderhande bewaar. Neem ons in vertroue en hou ons in die lewe sodat u Wil van Liefde hier op aarde deur ons sal geskied.Versterk in ons die hoop op u toekoms,wat aan ons gegee is deur Jesus, u Seun… Amen.

Hannelie Horn ·

Rus sag liefste Ruben. Ons weet jy het nou geen pyn meer nie. Here vertroos sy ouers en boetie in hierdie ongelooflike hartseertyd.

Mariana ·

Rus sag liewe ou seuntjie. My innige simpatie aan sy ouers en familie.

Johann ·

Woord van vertroosting, God self sal ‘n pleister op u wonde sit, saggies en stadig sal dit genees, staan sterk in die geloof want daarin sal u vertroosting vind

Sê maar net ·

Ai Here, dankie dankie dat U hom verlos het van sy pyn. Hou asb sy ouers en sy boetie naby en gee hulle asb die vertroosting wat hulle so nodig het. Mens verstaan nie hoekom ni, en het so baie vrae wat niemand kan antwoord nie. Maar ja, krag om aan te gaan is daar. Partydae is net beter as ander. So iets dra mens saam jou, di pyn en verlange gaan nooit weg nie, mens leer om daarmee saam te leef. Sterkte vir julle vir di toekoms

EwigeHoop ·

MM julle kon gerus ‘n ander opskrif gebruik het, want Ruben is meer as ‘n oorwinnaar in Jesus Christus en het nie verloor nie!
Sterkte aan sy ouers en ouboet en mag julle in hierdie tyd vertroosting in die wete vind dat Ruben vir ewig saam met God is wat julle nooit in die steek sal laat nie

Lizelda ·

RIV groot man. Jy was so braaf v so lank. Baie sterkte nie net aan d familie nie maar al d maatjies en onderwysers in wie se harte Ruben so diep geklim het. Jy het nou vrede en rus.xx

Ben ·

Sterkte aan sy ouers en boetie. Deur Ruben se siekte het God hom gebruik om n siek ou man soos ek aan te raak. Ruben het ‘n blywende indruk op my gemaak. Ek kla nie meer nie en probeer glimlag. Baie dankie seun.Hierdie oom sal jou onthou totdat my groot dag kom. Oom Ben

anna ·

kinders so die God ruke seuntjie wat ek weer besef hoe belangrik dit is om jou organe te skenk

Alida ·

Baie hartseer vir sy ouers maar die ou kindjie is verlos van sy lyding.

Ronel ·

wat n pragtige seuntjie wat aan julle geleen was, as jy daar bo kom sê asb hallo vir my Lallies.

baie sterkte aan die ouers en familie

oumie ·

My hart breek my trane loop by my wange af Ruben ek het jou nie geken nie maar hierdie ouma sien jou glimlag so dapper seun by ons God sal jy sonder pyn en lyding wees RIV boeta

Marlize ·

Rus in vrede klein vegterjie….al het ons jou nie persoonlik geken nie was jy n daaglikse bewys van positiwieteit….sterkte aan fam…

Carien Nefdt ·

Hierdie seun was vir my n toonbeeld van iemand wat wou lewe en beleef! Mens moet nie eers probeer sin maak uit alles nie.

Sterkte vir jou ook Liewe Vera van Dalen.

ada ·

Arme dingetjie wat so moes worstel met die nare siekte. En die ouers en boetie wat dit moes aanskou. Wat n stryd moes dit nie gewees het nie. Hy was n regte held en voorbeeld vir almal. Dink aan almal betrokke. Hy is nou gesond waar hy nou is.

Elize ·

Rus in vrede dapper seuntjie. Mag die ouers die krag kry om hier deur te kom.

My kleindogter is 2 jaar gelede ook met die nefroblastoom gediagnoseer. Moes biopsie om te doen vastestel of dit die nefro of neuroblastoom is. Die gewag was die mees traumatiese ruk in ons lewens. Gelukkig goeie nuus – nefroblastoom met goeie prognose. Nou al ‘n jaar skoon en ons kan nie ons dankbaarheid verwoord nie..

Sharon Duvenhage ·

RIP Ruben. You are in the better place my young one, by making a dittrence while so young, I celute you!

cindy ·

Ai liewe seuna ons het jou nie eens geken maar ons harte is somer seer . Hoop jy het jou skool toe gaan geniet.. rus in vrede seuna..sterkte vir mamma en pappa.

Janine Griesel ·

Rus sag liefste Ruben! Almal gaan jou mis by die skool. My gebede en innige meegevoel aan jou ouers, boetie en ander familie. Mag ons Hemelse Vader julle vertroos en styf vashou.

Antoinette ·

Rus sag klein vegtertjie.Sterkte aan sy ouers, broer en famile.

Audrey ·

Rest in peace little one you could not have gone to a better place you are with the angels that also fought this disease. You are all playing amongst the flowers and running and having fun. Sorry for parents cannot be easy to loose a child xxxx

Maggie ·

Rus in vrede en geniet die rugby saam met oom Joost. Hy sal mooi na jou kyk, saam met Liewe Jesus. Pappa, Mamma en ouboet ons weet julle harte is rou en seer, maar ek weet ook julle gun hom die pynlose rus. Sterkte… die hele land rou saam en bid saam vir julle.

Joa ·

Ruben, jy is nou by Jesus. Ek kan my voorstel hoe wonderlik dit vir jou daar moet wees. Aan sy ouers en familie my innige simpatie.

Willie ·

Ai,ai,ai. Hoe hartseer en ek glo saam dat hy vanaand by ons Here Jesus is, maar dit bly baie hartseer. Ons dink aan die ouers in hierdie tyd.

blom ·

God kom haal wie se lewe reg is. En ons wat agter bly kry elke dag n nuwe kans. Met sy mooiste blom wat hy vandag gepluk het is almal se harte seer vrae wat nie kan beatwoord word. Mag God krag gee aan die gesin en almal wie deel was van Ruben se lewe… dinge gebeur sodat ander kan leer en daar uit leef… pragtige seun jy sal gemis word…..

Nico ·

Rus sag my Hero.

Daar is geen woorde wat nou kan help nie. Al wat ek kan sê is ek is jammer dat dit met jou en met julle moes gebeur. Ons seuntjie was een van sy klasmaats. More moet ons hom verduidelik Ruben is by Jesus…. Vrede vir julle.

Noelene ·

Baie Sterkte aan sy ouers en boetie mag julle toegevou word in God se genade in hierdie tyd. Onthou hom as die seuntjie wat vir julle geleen was want sy lewe het n impak gehad op julle sin partykeer weet ons nie hoe en waarom nie maar ons glo hy is nou aan ons groot vader se sy sonder pyn en leiding onthou hy was julle ligstraaltjie wat altyd sal skyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.