Jong rugbyspeler ernstig beseer in skolewedstryd

Chris Jordaan (regs) saam met sy boetie en sussie. (Foto: Verskaf)

ʼn Eerstespanrugbyspeler van Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) is in ʼn geïnduseerde koma nadat hy Dinsdagaand ʼn ernstige kopbesering tydens die Noord-Suid-rugbytoernooi in Pretoria opgedoen het.

Boishaai en Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) het mekaar die stryd aangesê en die 16-jarige Chris Jordaan het in dié wedstryd ʼn harde hou teen die kop opgedoen. Chris is ’n gr. 11-leerder aan Boishaai.

Die jong rugbyspeler, Boishaai se agsteman, het bloeding op die brein opgedoen en is na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas waar hy later die aand ʼn operasie ondergaan het om die swelling op sy brein te verlig.

“Die dokter sê dit was ʼn baie harde slag – soos ʼn motorongeluk,” sê sy pa, ook Chris.

Jordaan het Woensdag aan Maroela Media gesê die dokter is tevrede met hoe die operasie verloop het en dat Chris in ʼn 48 uur lange geïnduseerde koma geplaas in ʼn poging om die swelling op sy brein te verlig.

Sean Erasmus, Boishaai se afrigter, het vanoggend aan Maroela Media gesê dit lyk nie of daar gisteraand enige onwettige plettervat op die veld plaasgevind het toe Chris beseer is nie.

“Chris het êrens ʼn hou in die wedstryd gevat. Ons fisioterapeut het dadelik op die veld gehardloop om hom te help en hy het sy bewussyn verloor. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal vir mediese behandeling gejaag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leon ·

Rugby moet gestop word , SA aanbid hierdie rugby veral die noord suid ding word so belangrik dat hierdie die resultate van hierdie opswepery is.
Hierdie is n baie ongesonde toestand wat nog vele trane en elende gaan bring ??????
Hierdie land het baie groter probleme as om interskole te wen maar ons hou ons nesig met hierdie onbenillige dinge soos rugby???????

Werner ·

Dink jy regtig so…? Moet ons maar net in ons huise sit en vrek van ellende?

Belaglik, ou Leon.

Papsak ·

Ek stem rugby moet gestop word kyk die jonge kind hoe sleg seer gekry sekerlik goeie speler sterkte ou seun vir familie ook God sal voorsien

Elize ·

Julle kan julle nie indink hoe vuilspel reg onder die skeidsregter en beamptes se neuse plaasvind in hierdie skole rugby nie

Casper ·

Rugby word al gespeel van die laat 1800’s af en daar is al meer mense deur diere doodgemaak as deur rugby.Kyk maar hoeveel mense is wêreld wyd aan covid dood,selfs in lande waar rugby nie gespeel word nie.Hierdie was ‘n geïsoleer geval en dit gebeur nie elke slag as spanne mekaar aanvat nie.Sterkte jong man,ek glo jy sal herstel.

Koos 100 ·

Casper. Jy is reg, maar die laaste 20 tot 30 jaar het skolerugby tot nuwe hoogtes gegaan. Tot 3 afrigters vir die eerste span, plus nog sowat 3 ander ondersteunende personeel. Dit alles om ander skole te wen. Spelers word gekoop. Nee wat, skole rugby word ‘n afgod.

piet ·

Wat het dit te doen met ernstige beserings? As jy sien hoeveel seuns rugby speel, is die gevalle van ernstige beserings uiters skaars.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vandag se skoolseuns is topfiks en sterk, maar die gebeendere groei nog. Die brein sal eers op ouderdom 25 ophou groei. Beserings soos dié beteken CTE binne 20 jaar.

Harley Davidson ·

Het rugby nog ‘n plek in Suid-Afrika of moet dit ten volle aan die ANC oorhandig word ?

Vonny ·

Sterkte aan jou & familie.
Ek woon ni in kaap.
Is die spelling nie Boys High??
Of

Oesterbaaier ·

Die spelling is Boishaai. Gaan kyk op hulle webblad, dis hulle noemnaam.

piet ·

Nee, Boishaai is ‘n erkende Afrikaanse noemnaam (bynaam) vir die skool (afgelei uit die Engels). Die regte (korrekte) Afrikaanse naam is Hoër Jongenskool Paarl.

Oesterbaaier ·

Baie sterkte en beterskap jong man, ons bid vir jou en jou gesin en die mediese span.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.