Jong rugbyspeler sterf kort na wedstryd

Dale College Boys’ High School (Foto: Facebook)

Die Dale College Boys’ High School in Qonce (King William’s Town) in die Oos-Kaap is vir die tweede keer in ’n week deur tragedie getref nadat een van sy eersterugbyspanspelers Saterdag dood is.

Die skool se eerste rugbyspan het Saterdag ’n wedstryd in Oos-Loden gespeel en Liyabona Teyise het na ’n duikslag ’n kopbeserings opgedoen en vlugtig sy bewussyn verloor. Volgens die skool het Teyise self van die veld af geloop nadat hy sy bewussyn herwin het.

“Hy het later weer inmekaargesak en is na ’n hospitaal gehaas.” Teyise het glo stuipe gekry en is met suurstof gehelp nadat dit geblyk het dat hy sukkel om asem te kry. ’n Skandering by die Frere-hospitaal het gewys dat Teyise erge bloeding op die brein gehad het. Hy is Saterdagaand in die hospitaal dood.

“Liyabona sal onthou word vir sy goeie gedrag en as ’n beleefde en ywerige leerder. Hy was voorsitter van die verteenwoordigende leerlingsraad (VLR) en het nadenkend en met ’n terughoudende nederigheid opgetree,” het die skool in ʼn verklaring gesê.

“Hy sal gemis word deur almal wat hom geken het. Ons gebede is met sy familie en die hele Dale College-gemeenskap in hierdie tyd van verlies.”

Nog ’n eersterugbyspanspeler aan die skool, Lisakhanya Lwana, se liggaam is verlede Sondag langs die R63-pad tussen Qonce en Masingata aangetref. Hy het veelvuldige beserings gehad.

Lwana het volgens berigte ’n rygeleentheid gesoek nadat hy saam met vriende gekuier het en hy is nie weer gesien nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag in verband met Lwana se dood en het enigiemand met inligting oor die voorval versoek om hul naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chantel ·

Innige simpatie vir sy ouers, dis hartseer. Ek voel steeds dat rugby nog altyd was en altyd sal bly, ‘n bitter gevaarlike sport. My seunself speel rugby.

Swerwer ·

Innige simmpatie en meegevoel aan die ouers en naasbestaandes van Liyabona

SwartBees ·

RIV seuns. Innige simpatie aan die ouers.

Rugby is n great sport en ons almal is baie lief vir dit. MAAR, van kleins af word ons geleer om die oponent te vermorsel. As ek vandag kyk na die liggaams bou van sommige spelers en van die duikslae wat uitgevoer word. Dit verskil wêrelde uit mekaar van toe ek laas gespeel het.

Boer ·

Al my seun wat Rugby speel is ek wat Pa is bekomerd oor ernstige beseerings. RIV julle 2 jong manne.

Sandra ·

Dis verskriklik hartseer. Aan albei die families, my innige simpatie met julle groot verlies.

Koen ·

Die vieslike opmerkings van die ouers (baie van hulle vooraanstaande “kerkmense”) langs die kantlyn. En dan is hulel verbaas as dit gebeur.

Shakespeare ·

Frere Hospitaal is ‘n sirkus. Sterkte aan die naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.