Jong rugbyspelers beroof

rugbybalʼn Groep skoolseuns is waardevolle items soos tabletrekenaars en selfone kwyt nadat hul skoolbus tydens ʼn rugbywedstryd by Kings Park-stadion in Durban, KwaZulu-Natal beroof is, het The Mercury Maandag berig.

Die diewe het glo hulself as leerlinge van Hoërskool Hillcrest voorgedoen en die busbestuurder oorreed om vir hulle die sleutels van die bus te gee sodat hulle hul “sakke kon kry”.

Toe die rugbyspelers egter later by die bus opdaag, het hulle ontdek al 50 sakke is gesteel.

“Ek glo nie die busbestuurder was tydens die voorval aan diens nie,” het Lindsay Gray, die skool se bemarkingsbestuurder, aan die koerant gesê. “Hy sou nie toestaan en kyk hoe al 50 sakke van die bus af in ʼn wagtende motor gelaai word nie.”

Die meeste van die leerlinge, hoofsaaklik graad 11’s, het tabletrekenaars en selfone in hul sakke gehad omdat hulle dit vir skool gebruik.

Gray het gesê die polisie wou glo nie die skool toelaat om ʼn saak aanhangig te maak nie, aangesien die busmaatskappy dit moet doen. Die maatskappy het dit teen Sondag nog nie gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Dis wraggies net SLEG. Spul gemors. En wat se “useless” busmaatskappy is dit? Gee hul naam dat mense hul nooit weer gebruik nie!

Marietjie ·

Hoe is dit moontlik dat die busbestuurder nie aan diens kan wees as hy die bus ry en in besit van die sleutels is nie. Dit was onverantwoordelik van hom om die sleutels vir die sogenaamde kinders te gee en hulle nie te vergesel nie. Lindsay Grey jy klink ook nie vir my of jy lekker by is nie.

Johan ·

Nou hoe op dees aarde moet die busmaatskappy die klag van diefstal aanhandig maak? Hulle het geen verlies gely nie? So as my vriend se motor in my erf gesteel word, moet EK die saak aangee? Is die SAPD so verdomp lui/onwillig/onbekwaam? Ek het geen vertoue in ons polisie nie….skokkend.

Johan ·

Nou hoe op dees aarde moet die busmaatskappy die klag van diefstal aanhandig maak? Hulle het geen verlies gely nie? So as my vriend se motor in my erf gesteel word, moet EK die saak aangee? Is die SAPD so verdomp lui/onwillig/onbekwaam? Ek het geen vertoue in ons polisie nie….skokkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.