Jong SA akteur vir selfoon vermoor

Sibusiso Khwinana is tydens ‘n rooftog doodgesteek. (Foto: ANA)

Sibusiso Khwinana, die jong akteur wat die hoofrol in die plaaslike film Matwetwe speel, is Vrydagaand in Pretoria vermoor.

Volgens die polisie is die 25-jarige Khwinana tydens ʼn rooftog by ʼn rolprentkompleks in Arcadia doodgesteek terwyl die rower glo probeer het om sy selfoon by hom af te neem.

Khwinana het bekend geraak vir die rolprent Matwetwe wat handel oor twee seuns van ʼn township wie se hoërskoolloopbaan tot ʼn einde kom. Khwinana vertolk die rol van Lefa terwyl Tebasto Mashishi as Papi te sien is. Papi probeer geld maak deur dagga te verkoop, terwyl Lefa besluit om die lewe in die township agter te laat en by die Universiteit van die Witwatersrand te gaan studeer.

Die rolprent is vervaardig deur die bekende platejoggie Black Coffee en die komediant Kagiso Lediga en in Atteridgeville, wes van Pretoria, verfilm. Die film het meer as R4 miljoen by die loket ingepalm.

Khwinana het die hoofrol vertolk in die rolprent, Matwetwe. (Foto: ANA)

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het Saterdag sy medelye op Twitter uitgespreek. “Ons is verpletter om te verneem van die tragiese en ontydige afsterwe van die gewilde akteur en trots van Soshanguve, Sibusiso Khwinana. Hy was ook ʼn stigterslid van die Independent Theatres Makers Movement,” het die minister getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elvira ·

Siek siek siek. Innige simpatie. In hierdie land is jou lewe op geleende tyd.

Spike ·

Te danke aan die comrades en kaders, want hulle kannie ñ gehoorsame samelewing daar stel nie

Sinies ·

Tragies, maar was voorspelbaar.
.
Toe plaasaanvalle na 94 eskaleer het, het ANC/(EFF) dit of stilswyend goedgekeur of aktief promofeer. Hulle alliansievennote, Cosatu pro.oveer en neem aktief deel aan growwe intimidasie (Solly Phetoe/Tony Ehrenreich….).

Sedert EFF as n ‘onafhanklike’ intimidasie arm van n faksie van die ANC in die lewe gebring is, het hulle geweld berekend aangeblaas.
.
Eers gaan ANC/EFF juig oor die uitkoms soos ons die laaste 25jaar ervaar het. Maar in hul kortsigtigheid gaan baie onskuldige mense en uiteindelik hulself die slagoffers van hul eie monster word.

Dawìd ·

Stem saam.! Waar is gehoorsaamheid en disseplinne en respekteer?ai niks?

Aged parent. ·

Ag. Alet. Do you have ANY positive news in SA this week end? Get your head out of the sand.

jaco ·

doen our people dan lelike goed ook aan our people? ek dog dan net wit mense is lelik net our people en dat our people vreedsaam in die gees van Ubuntu met mekaar omgaan?

Drieks ·

Rip. Vermoor deur die Anc en Eff se swak regering. Jy wou so graag nog lewe, maar hierdie partye het jou einde beteken. Ons land huil.

Karen ·

Ek is so moeg van wit mense wat net praat, julle moet mooi dink voor julle praat. As jy iets wil se los die ligte rassisme uit dit want dit sit julle net in n swak lig. @Thomas die land nodig meer van jou soort dan het ons die oorlog van rassisme halfpad gewen!

Reynete ·

Hoekom is hulle nie ook verpletter oor elke boer wat vermoor word nie??

Daan Erasmus ·

Hier het ons ‘n suksesvolle jong man wat ‘n posetiewe bydrae tot die samelewing lewer. En ‘n parasiet van die samelewing kom en mors alles op.

Dirk Breytenbach ·

Tragiese verlies. Misdaad ken nie kleur nie. Ons het baie werk om te doen in SA.

Regtig Reynete?! ·

Dis die minister van KUNS EN KULTUUR nie ministwr van LANDBOU nie!
En in elk geval is dit baie onnodig en onsensetief wat jy sê. Daar is baie mense wat vir hierdie persoon omgee en lieg was wat WEL verpletter is. Net omdat hy swart is maak dit sy MOORD nie minder seer nie.
Sies man.

Zombie ·

Wie het waar gese dat die moord minder ernstig is? Probeer maar mooi lees en selfs verstaan voordat jy sulke aantygings maak jong.
Waaroor lieg die familie? Maak nie sin wat jy skryf nie, jong. Of het ek ook maar net n halwe begrip?

jakes ·

Misdaad ken geen kleur nie. Die land het n paradys vir misdadigers geword en het reeds n vlak bereik dat dit onmoontlik is om dit hok te slaan. Korrupte polisiemanne neem selfs daaraan deel want dis n maklike inkomste. SA isreeds oor die afgrond.

Johan ·

Ne v n selfoon . Wat van die wat net gebrand en gemoor word . Dit haal nie eers die nuus nie

Madels ·

Dis so verskriklik wat met hierdie jong man gebeur het. My innige simpatie aan sy familie en vriende

Thomas ·

Elke sinnelose moord is vir my hartseer en maak my kwaad. As jy net selektief kwaad word vir moorde is daar fout met jou menswees. Punt.

Jepetto ·

Verlede jaar Desember gee ek vir my tuin ingeneer a ou slimfoon .Sy reaksie was dat hy die slimfoon baie graag sou wil he ,maar dat dit sy lewe kan kos dankie , maar nee dankie .Ek het maar iets anders geggee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.