Jong SA navorser wen goud in Turkye

Kelsi Hewitt het ‘n goue medalje vir haar navorsing gewen. (Foto: verskaf)

ʼn Ontluikende jong Suid-Afrikaanse wetenskaplike was die groot wenner by ʼn wetenskap-ekspo vir jong wetenskaplikes in Turkye.

Kelsi Hewitt, ʼn graad 8-leerder aan die Pietermaritzburg Girls’ School in KwaZulu-Natal, het ʼn goue medalje in die biologie-afdeling gewen vir haar projek oor of aalwyn wel bosluise help weghou. Kelsi se projek het ondersoek of daar ʼn bekostigbare alternatief vir duur chemikalieë is om vee mee te dip en of aalwyn bosluise wat diere op plase teister, kan afweer.

Kelsi se navorsing het bevind dit het wél tot ʼn mate ʼn afwerende uitwerking.

“Ek voel geweldig trots op die goue medalje wat ek by OKSEF (die Karademir Wetenskap-, Energie- en Ingenieursekspo) gewen het. Dit was ʼn eer om Suid-Afrika te verteenwoordig en selfs meer opwindend om ʼn eerste plek in my kategorie te wen – en dit alles terwyl ek nuwe vriende in Turkye, Taiwan, Italië, Zimbabwe en Nigerië gemaak het. Dit was ʼn wonderlike ervaring,” het Kelsi gesê.

“Toe ek verlede jaar ingeskryf het vir Eskom se Ekspo vir Jong Wetenskaplikes het ek geen idee gehad dat ek my land oorsee sou gaan verteenwoordig nie. Ek wil alle jong wetenskaplikes aanmoedig om by die Eskom-ekspo betrokke te raak. Dit is ʼn fantastiese manier om mense te ontmoet wat net so geesdriftig oor wetenskap is.”

Anica Dennis, ʼn leerder aan die Potchefstroom High School for Girls in Noordwes, het ʼn brons medalje gewen in die kategorie vir Rekenaarwiskunde. Anica se wetenskaplike navorsing het bestaan uit ʼn selfoontoepassing wat die dringendheid van kinders se mediese toestand, gegrond op hulle simptome, aandui.

Basiese gevaartekens word geïdentifiseer en die dringendheid om ʼn kind by ʼn gesondheidsorgwerker te kry word in drie kategorieë, naamlik hoog, medium en laag, verdeel.

Anica hoop om haar selfoontoepassing later in al 11 amptelike landstale te laat vertaal.

Al twee leerders is gekies om aan die ekspo in Turkye deel te neem nadat hulle werk verlede jaar al by ʼn Eskom-ekspo beoordeel is.

“Die unieke platform wat die Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes bied, help leerders om hulle droom oor navorsing op die internasionale verhoog voort te sit, nes dié twee jong meisies gedoen het.

“Die meisies is die bewys dat Suid-Afrika uiters mededingend op die wêreldverhoog is as hulle die geleentheid kry en die steun van ʼn mentor het,” het Parthy Chetty, uitvoerende direkteur van die Eskom-ekspo, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

13 Kommentare

Anoniem ·

Muffin, ek verskil van jou. Net laasjaar was daar ‘n hoeha omdat sekere “meer verdienstelike” blanke kinders nie gekies is om oorsee te gaan na die internationale expo nie…

SjN ·

Gebruik jare reeds aalwyn en browse in beeste se krippe vir bosluise, Eskom is reeds bankrot, hul moet hul eerder bepaal om krag ekonomies op te wek.

Li ·

Welgedaan en baie geluk , julle 2 talentvolle tieners. Trots op julle.

sandra ·

Baie geluk, dit is inderdaad ‘n prestasie om oor trots te wees, en dit nogal ‘n meisiekind daarby. Nie dat ek hulle ooit onderskat nie. Suid Afrika het baie sulke mense, hulle moet net aangemoedig word om te doen wat hulle van hou en sal ons soveel beter vaar. Moenie in jouself twyfel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.