Jong SA vlieënier sterf in Namibië

Nicole Mienie (Foto: Facebook)

Die jong Suid-Afrikaanse vlieënier Nicole Mienie is geïdentifiseer as een van die slagoffers wat Dinsdag dood is toe ’n vliegtuig in die Zambezirivier in Namibië neergestort het.

Mienie het ten tyde van haar dood in dié land gewoon.

Die tragiese vliegongeluk het ook die lewe van ’n gesin van Duitsland geëis wat Namibië ten tyde van die ongeluk besoek het, berig die Namibiese nuusplatform Informanté.

Die gesin is sedertdien geïdentifiseer as Thomas Rings (59), dr. Evelyn Rings (57) en hul dogters, Alicia Maria Rings en Paulina Lucia Rings.

Paulina was 17 jaar oud. Alicia se ouderdom is nie in dié stadium bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig die oorledenes was almal insittendes van ’n gehuurde Cessna 210 toe dié vliegtuig enkele minute nadat dit by Impalila-eiland opgestyg het, aan die oewer van die Zambezirivier neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Deidré ·

Sjoe dis vreeslik sleg. Almal so jonk. Sterkte aan almal in die moeilike tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.