Jong SA vrou se dood in Bahamas steeds ʼn raaisel

Carla van Eeden. Foto: Facebook

Carla van Eeden (25) se gesin probeer steeds sin maak van haar dood in ʼn hotelkamer in die Bahamas.

Bahamas News Ma Bey berig Van Eeden is verlede week in die Atlantis Paradise Island-oord dood. Haar liggaam het glo aan ʼn koord agter die badkamerdeur van haar hotelkamer gehang.

Van Eeden het op 14 Mei in die Bahamas aangekom. Sy was in die VSA met vakansie en sou ná haar besoek aan die Bahamas glo weer na die VSA terugkeer.

Van Eeden se gesin het intussen die bekende strafregprokureur William Booth genader om hulle by te staan. Booth het aan EWN gesê die gesin sluit nie die moontlikheid van vuilspel uit nie. Volgens hom is haar gesin uit die veld geslaan oor wat gebeur het.

Booth het gesê die gesin soek meer inligting oor die gebeure wat haar dood voorafgegaan het. Hy het aan Times Live gesê die gesin wil nie oor die oorsaak van Carla se dood spekuleer voordat hulle met die polisie gepraat en die uitslag van die nadoodse ondersoek gekry het nie.

Maroela Media het Booth Donderdag verskeie kere om kommentaar probeer nader, maar sonder sukses.

Van Eeden het vier ouer sibbe: Johann, Nicholas, Altus en Kathy. Hul ma, Kathy, is ʼn bekende eiendomsagent in Jeffreysbaai.

Carla se suster, Kathy, glo nie sy het haar eie lewe geneem nie. “Ek ken my sussie en daar is geen manier dat sy dit sou gedoen het nie,” het sy by ʼn nuusberig oor haar suster se dood op Facebook geskryf. “Sy is ʼn sterk en onafhanklike meisie en ek het met haar gepraat voor sy gegaan het. Dit is net te verdag. Iemand het my suster se lewe geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Onafhanklike patalogie ondersoek ·

Doen asb ‘n aparte patalogie ondersoek. Dit gaan bepaal of sy dood is wees die koord om haar nek of enige ander vorm -verwurg of reeds op ‘n ander manier dood, asook merke op haar liggaam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.