Jong seun kritiek ná taxi bots

Netcare 911 het die beseerde seun per helikopter hospitaal toe gebring. Foto: Netcare 911

ʼn Sesjarige seun is in ʼn kritieke toestand en nog 17 mense beseer in ʼn botsing Dinsdagmiddag tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor op die M45 in Brentwood Park, Benoni.

Netcare 911 sê 18 pasiënte is op die toneel ondersoek en het van geringe tot ernstige beserings opgedoen. Een van hulle, ʼn sesjarige seun, is uit die taxi geslinger. Sy toestand is kritiek.

Weens die ernstige aard van sy beserings is hy per helikopterambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander beseerdes is in ambulanse na verskeie hospitale geneem.

Netcare 911 sê die polisie het die oorsaak van die botsing op die toneel ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tommy ·

Hallo daar was vandag (dinsdag) net so groot ongeluk daar hulle het ook n helikopter gebring en elke ding ek was in een van die karre wat voor was waar die poliesie die pad toegemaak het…. as daar dan een woensdag was moet hulle tog kyk om n robot daar te plaas

Se wie ·

Ek is so dankbaar dat daar n helikopter beskikbaar was. Maar nou gaan laai hulle hom by die slagpale ag ek bedoel staatshospitaal af. Tragies. Jong seun ek wens jou net die beste toe ou seun.

ZIS ·

Se wie – Alle staats hospitale is nie slagpale nie,moet asb nie veralgemeen nie.

Morné van Rooyen ·

Dagsê Adri! Dankie vir jou kommentaar – en jou oplettendheid. Ons het dit reggestel. Groetnis, Morné nms. Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.