Jong man sterf by Salt Rock-strand

Die seun se liggaam is na ‘n soektog in die water gevind. (Foto: IPSS Medical Rescue)

ʼn Jong man wat Donderdagoggend in die see by Salt Rock-strand by Ballito in KwaZulu-Natal verdwyn het, se liggaam is ʼn kort rukkie gelede gevind.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê ʼn grootskaalse soektog deur hul eie soek-en-reddingseenheid, asook die polisie en lewensredders is na die jong man begin nadat hy in die water verdwyn het. Vlieëniers in mikroligte vliegtuie het ook na hom help soek.

Hy is ʼn ruk later gevind en na die strand gebring waar inderhaas met kunsmatige asemhaling en gevorderde lewensondersteuning begin is.

“Pogings om die peroon weer by te bring, was egter onsuksesvol,” het Herbst gesê.

Daar was nie lewensredders aan diens in die gebied waar die man geswem het nie. Herbst het ook ʼn beroep op mense gedoen om nét in toegewysde gebiede te swem.

Dié verdrinking is een van tientalle wat reeds die afgelope Kersvakansie aangemeld is.

Die berig is sedertdien gewysig – red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.