Jong seun verdrink in rivier

Foto: ER24

ʼn Seun, vermoedelik tien jaar oud, het Saterdagmiddag in ʼn rivier in Fourways, noord van Johannesburg, verdrink.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net na 16:00 na die toneel ontbied. Reddingswerkers het die seun op die bodem van die rivier aangetref en daarin geslaag om hom na die oewer te bring.

“Ondanks paramedici se beste pogings om die seun by te bring, is hy op die toneel dood verklaar,” het sy gesê. Meer besonderhede oor die gebeure wat tot die seun se verdrinking gelei het, is nie bekend nie.

Dié voorval kom net ʼn dag nadat ʼn 24-jarige vrou van Parkwood in Johannesburg Vrydag in ʼn swembad verdrink het. Maroela Media het vroeër berig die vrou se suster het haar glo in die swembad aangetref. Sy was by paramedici se aankoms op die toneel reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.