Jong sokkerster dood in Pietermaritzburg-motorongeluk

Mondli Cele. Foto: http://www.maritzburgunited.co.za/

Mondli Cele. Foto: http://www.maritzburgunited.co.za/

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het Sondag gesê Suid-Afrikaanse sokker het een van sy blinkste sterre verloor nadat Pietermaritzburg United se sokkerster, Mondli Cele, Sondagoggend in ʼn motorongeluk dood is.

Mbalula het gesê hy was geskok en hartseer om van Cele se dood te verneem. “Ek het Saterdagaand gekyk hoe hy speel toe hy die openingsdoel aangeteken het en sy klub met 3-3 teen Orlando Pirates gelykop gespeel het. Ek het nie geweet ek sien hom vir die laaste keer speel nie. Suid-Afrikaanse sokker het een van sy blinkste sterre verloor en is armer sonder hom,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig twee mense is dood toe ʼn motor in Pietermaritzburg gerol en in ʼn rivier beland het. Dit het later aan die lig gekom Cele en ʼn sportverslaggewer van die SAUK is in die ongeluk dood. Nog twee insittendes is beseer en in die hospitaal opgeneem.

“Dit is so hartseer dat ons steeds sulke jong lewens op ons paaie verloor,” het Mbalula gesê. “Padsterftes steel ons toekoms en Cele is een van vele voorbeelde. Ek wil my innige medelye aan sy familie en sy klub betuig. Mag hulle vertroosting vind in die wete dat hulle die hartseer van sy afsterwe deel met alle sokkerliefhebbers in Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Ek wonder nou net wie was die betuurder van die motor? ‘n Multi skild sport ster óf wie?

Wonder net. ·

n Ander berig se vroee oggend ure. Seker na die paartie.

Ekke ·

maak dit regtig saak wanneer en hoe en waar dit gebeur het?? dit is 2 mense wat oorlede is. 2 families wat stukkend is….. en waar is daardie 2 siele nou? het ek of jy hul bearbei vir God se koninkryk? RIP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.