Jong spoedvraat jaag teen 202 km/h

Foto verskaf deur die EMPD

Die Ekurhuleni-metropolisie het Sondag ʼn 21-jarige man aangekeer wat teen 202 km/h op die N3 in ʼn suidelike rigting gery het.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die jong man het in ʼn Opel-sportnutsvoertuig gery en aangevoer hy is haastig op pad huis toe. “Daar is later bepaal dat die motor aan sy ouers behoort en dat hy sonder toestemming met die motor gery het.”

Hy sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

Hy is een van vier persone wat Sondagoggend op die N3 aangekeer is. “Die persone het almal tussen 163 km/h en 202 km/h gery,” het Mokheseng bygevoeg. “Hulle is by Germiston-polisiestasie aangekla van roekelose of nalatige bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

INA ·

Ek sou bàie kwaad gewees het as dit mý seun was… Ek’t gedink hulle sluit mens summier toe, as jy die spoedgrens met ñ sekere hoeveelheid km pu oorskrei… Kan iemand my asb sê wat die onderskeie “toesluit” kms is? Swak gestel, maar meeste sal my vraag verstaan.. ????????

Marius ·

Indien jy binne stedelike gebied die algemene snelheidsgrens met 30km/h oorskry en buitestedelike gebied met 40km/h oorskry. Jou bestuurderslisensie moet ook teruggetrek word en jy moet die hof oortuig om watter rede die bestuurderslisensie nie teruggetrek moet word nie.

Joe ·

Dis was altyd 40km/h oor di spiedgrens……maar ek dink hulle het dit na 30km/h verander

Lynette ·

Weet ENIGIEMAND wanneer tree die nuwe puntestelsel-wet(waar padverbruikers vir elke oortreding sekere punte teen hul.naam kry en wanner jy 12 punte teen jou het word jou bestuurslisensie opgeskort) in werking? Wat Ramaphosa reeds geteken het en wat nog net in die Gazette gepubliseer moes geword het om in werking te tree?

Anoniem ·

Lekker vinnig né maar dit is nie eintlik wat die sterftes op ons land se paaie veroorsaak nie, né ! Julle mis die PUNT

Ook anoniem ·

Ek stem saam. Daar is lande waar daar paaie is met geen spoed beperkings. Tog is daar min tot geen ernstige ongelukke nie. Dat die pad reëls oortree is, is die probleem. Nie die spoed nie.

Eben ·

Dit gaan oor die kultuur in SA. Die een wil vinniger as die ander een ry en gee nie ‘n moer om of hy/sy ‘n lewe neem of ander mense in gevaar stel nie. Mense wat vinnig ry moet spesiaaal opgely word en in Duitsland word jou lisensie opgeskort as jy onverskillig ry. In Duitsland word onpadvaardige voertuie summier van die pad verwyder en daar is oorgenoeg polisie om toesig te hou. Spoed onder toesig in bepaalde omstandighede kan werk, maar ongelukkig is daar teveek idiote met bestuurderslusensie wat weet hoe om vinnig te ry nie. Ongelukkig kan net die berperking van spoed in SA gebruik word om ongelukke en padsterftes te voorkom. Mense in SA is ook hepelois te onverdraagsaam teenoor mense wat binne speodbeperkings ry.

SjN ·

Maak die bedorwe brokkie se ore mooi oop deur gemeenskap diens te verrig in n na doodse ondersoek agv voertuig ongelukke, laat dit vir hom n les wees, kan bly wees lyfstraf bestaan nie meer nie.

Niklaas ·

Dis eintlik poging tot moord. Botsings teen daai snelheid teen boom of erger , teen onskuldige ander motoriste , sal in sterftes eindig. As hy boete kry , betaal pappa gou gou en seun jaag volgende maande weer so. Laat hy gepaste straf kry.

Elna ·

Eina hy sal maar verantwoordelikheid moet vat en aanvaar vir sy dade en klaar. Daar kon menige dinge gebeur het teen die spoed wat hy gery het . Enige iets kon gebeur het. Dis baie onverantwoordelik om so te jaag.

Daan ·

Plaas maak ons net soos die Duitsers, maak n spesiale baan oop waarin jy kan ry so vinnig as wat jy wil en dan net in daai baan. Dan kan almal se behoefte om vinnig te ry bevredig word. Dit werk vir die duitsers so dit kan hier ook werk.

·

Op die paaie sal dit nie werk nie ! Hulle kan jou maklik toesluit maar hulle kan niks onderhou nie !!!!!!!!

Chris Ws ·

Daan jy leef in ‘n droom wereld.Jy kan teen 180km/h is die “vinnige ” baan ry en glo my iemand gaan van agter af in jou vasjaag teen dubbel daai spoed.In die’ land sal so iets NOOIT werk nie.

Abe ·

Daan,
Daar is nie sulke bane in Duitsland nie. Die spoedbeperking op die Autobahn is 180. Die Duitsers is uiters goeie bestuurders en hulle padgedrag word oral goed gereguleer.

Amelia ·

Omdat dit in Duitsland werk sal dit hier werk?? Dis nou snaaks. In Duitsland is daar nie mense en diere wat oor die snelweg hardloop nie. Ook nie taxi drivers met vervalste bestuurslisensies nie. Ook geen onpadwaardige voertuie nie. Ook nie betogers wat brandende bande in die pad sleep nie. En ook nie ‘n klomp dumkopf bestuurders nie.

Poetie ·

Die taxis sal in die vinnige baan stop om iemand oorkant die pad op te laai

Phillip ·

Daan die Duitsers is opgevoede mense en weet hoe om wette te gehoorsaam

Amelia ·

En ek glo nie Duitsland het gate, klowe en slote in die paaie nie.

Ig ·

Haal hom van die pad af, onverskillig. Hy moet maar Uber want hy gaan nie n lisensie hê nie

JohanR ·

Ek het toe ek nog soe in my laat twintigs was op pad van CT – JHB my Ford Sierra laat loop teen 170km . Teen daai spoed was die kar al klaar soe bietjie onstabiel. Het maar gou weer 120/130 gery. Maar 202km, of vinniger!! Kan nie dink hoe vinnig alles verby skiet, en hoe vinnig jou reaksies moet wees as ietsie skielik verkeerd loop nie? Laat die ou gemmenskap diens doen in ‘n lykhuis, of ‘n hospitaal op ‘n Vrydag en Saterdag nag.

Speed? ·

Mense dit was verkeerd stem saam, maar lees waar het dit plaas gevind het, N3 op ń hoofweg wat ń eenrigting pad is nes soos die een op die R21. Jy kan slegs daardie spoed behaal as die pad oop is en sonder die slakepas bestuurdes wat dink as hulle 60/80 km op ñ hoofweg ry hulle baie versigtige bestuurders is. Neeee hulle is nie jy beweeg in die stroom en dan WALLA hier is skierlik 1 van daardie voor jou?
Gaan kyk na F1 en so ens jaag tot oor die 300 km p/u en hoeveel word beseer of dood?
Vra maar net.
PS: kyk maar na die renjaers bloed jong MANNE

Tiger ·

Dit maak NIE saak op watter pad die spoed oorteding plaas gevind het nie of watter voertuig gebruik is nie.ALLE openbare paaie het PADREELS wat NAGEKOM MOET word en klaar.As jy wil jaag gaan doen dit op ‘n renbaan. En let bietjie op volgende keer – NERENS is daar ‘n pad bord wat se jy MOET teen die of daai spoed ry nie.Daar is ook geen so wet nie behalwe die vir snelwee wat se jy mag nie stadiger as 60kmh in die regter baan ry nie.KYK maar mooi.Die spoed grens borde se JY MAG NIE VINNIGER AS SOVEEL km/h ry nie. Enige motoris kan dus so stadig ry as hy wil.En as jy van agter af in hom sou vasry omdat hy stadig ry is JY die skuldige en NIE die een wat “te stadig” na jou sin gery het nie.

Cherokee ·

Wanneer ons lees van die manne wat vertel hoe spoed-vaardig die nuwe motors is en is watter kort afstande dit tot stilstand kan kom (en veral as afgesluit word met ‘n ‘vra maar net’} is dit ‘n Kia -eienaar wat hoop om eendag ‘n vinnige kar te ry.

Lood Kurkprop ·

.
.
Ek het in 1988 met my 1.3LS 5-rat Opel Kadett 205km/h behaal op die Transkei pad Morgan’s baai toe ….
Opel maak my trots.
.
.

Lood Kurkprop ·

.
Opel Kadett
1.3 LS 8v 5-Spoed (Nie die Cub nie)
55kW / 105 Nm
5.1L per 100 km.
…daar was maar min karre in 1988 met daai specs op die pad…vir n 1.3.
.

Andre C ·

Self een gehad.Ware topspoed =175 ,wat klaar te vining was vir so n ligte karretjie.

Cherokee ·

Daai Kadett van jou se spoedmeter was heel oppie koffie! En jy’t dit geglo.

lieplap ·

Ek sou nie brag oor my kadette as ek jy was nie…shhhhh eerder net

Sê maar net ·

Dis wat jy kry….jy mag mos nie jou meer pakslae gee nie….

chrisjan ·

Die owerhede hoord die reg te he om die voertuig van so ‘n roekelose oortreder te konfiskeer.Boetes help NIKS.Vat die voertuig weg DAN sal mense begin om twee keer te dink agter die stuur.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam – lykshuis diens vir 100 uur, en ongevalle afdeling by Baraghwane Hospitaal vir 100 uur. Spoedvraat is foutief = padvark en potensiele pad-moordenaar.

Muffin ·

Ai tog. Wat n spoed. Kan dalk los kom met n boete van R20 000 en n verdere R30 000 aan prokkeroofers en advokate. Was ouers se voertuig wie onbewus was dat hy met die voertuig gery het. So daar moet nog n diefstal saak ook wees. Tronk toe met jou.

Helene Heyns ·

Kan die roekelose taxi-bestuurders nie ook vir n so 100 uur na lykshuise gestuur word om daar te gaan diens doen nie.?

Ig ·

Ek het nie geweet n Opel kan 200 kph haal nie, well done aan Opel!! Hoekom het hy nie weggery nie, hy kon mos gesê het hy dink hy word gekaap want dit is die inding in SA vandag en almal kan soos polisie en cops lyk??

Vraagteken ·

Ek het nou presies dieselfde gedink. Daardie ou het hom seker ge’tune’. ????????????

Trots Afrikaans ·

In die ou dae kon mens die mannetjie ‘n goeie loesing toedien, maar nou sal ons hom seker vir berading moet stuur of iemand êrens brand weet iets af…

Julie Jansen van Rensburg ·

Ekmag op my ouderdom nie meer bestuur nie, maar in my lang lewe het ek deur nie minder nie as 7 – ja, SEWEkategoireë toetse gegaan, en oorlede pa was -wat in Engels a “MARTINET” oor padveiligheid heet – en het hy my alles – maar ALLES oor padviligheid geleer en ook bygevoeg dat padtekens en reël nie daar was om die landskap te ontsier nie, maar om menselewens te beveilig. Maar vandag kom ek tot die gevolgtrekking dat baie mense wat ‘n viertuig koop, koop ook sommer die pad/paaie waarophulle ry/jaag/droogmaak en na die duiwel met julle ander “stadige skilpaaie wat uit my pad moet bly…” Ek hou my laaste (nou vervalde) lisensie as ‘n aandenking oor die dae toe bestuur nog vir my ‘n plesier was om dat respek tenoor mekaar nog nie ‘n vloekwoord geword het nie… en wat my twee toegelate voertuie beskryf het – motorfiets en van gewone ligte voertuig tot kode 14 enenigiets tussenin. Dankie grootliks aan my pa wat so streng was…

Gesiggie ·

Jong Spoedvraat…jy kon verantwoordlik gewees het vir n ongeluk?? onverantwoordlik dan doen jy dit nog skelm deur die kar te vat, sonder dat jou ouers weet???ek hoop jy het n duur les geleer. Nou gaan dit jou ouers geld kos, hy is te groot vir n pakslae so straf hom maar op n ander manier.”

Attie. ·

Baie goeie advertensie vir Opel, 202 kpu, dink ek moet ook so een aanskaf want my Toyota kan dit nie regkry nie. Hoekom nie ‘n wet inbring dat enige kar elektronies uitsny oor n sekere spoed nie.

De Wet du Plessis ·

Het hulle ook die bestuurder beboet van die voertuig wat die Opel gesleep het?

Ettienne ·

1) Gee asb die hoeveelhede deur van hoeveel pad ongeluk sterftes daar is, hoeveel veroorsaak is deur hoë spoed en hoeveel “onskuldige sterftes daar is agv bestuurder wat ongeluk veroorsaak het.
2) Wat is jou definisie van spoedvraat?
3) Mense wat teen 200km/h en vinniger ry is veiliger as onpadwaardige voertuie en Taxi’s.a
4) Dis nie so maklik om vir mense te sê hulle moet op renbaan ry nie. Piet en Koos kannie met gewone kar op baan gaan ry nie en nie almal bly op plek waar daar baan is nie.
5) As ek so deur die kommentaar lees is daar baie mense wat skynheilig is en wat nog nooit in hulle hele lewens al vinniger as spoed grens gery het nie… as jy 1kmh oor is en of 100kmh maak nie verskil want jy was vinniger as spoed grens.

Kiepie ·

Ettienne, niks wat jy sê, of jy naby ‘n renbaan bly of nie, of jy veilig bestuur of nie, gee jou die reg om die wet te oortree nie. Dis die probleem in ons land, elkeen wil besluit watter wette vir hom geld en watter nie. Maar moet net nie dat ‘n Taxi voor jou indraai nie, dan is die land wetteloos en anargisties.
Ek leer my kinders, as die reël of wet jou nie geval nie, doen alles in jou vermoeë om die reëls te verander, maar solank die reël bestaan moet jy dit gehoorsaam. Ja, ook padreëls en TV-lisensies.

Mathys ·

Sou nooit ‘n Opel oorweeg het nie, watter model is hierdie?

Frans C ·

Motors is oor die algemeen tot groter snelhede instaat as voorheen.Onthou nog goed hoe groot bohaai gemaak is toe die Volvo ,dink dit was die Amazon as produksiemotor deur die
100mpu gebreek het.
As ‘n spesie is die mens eintlik snaaks,want dink so daaraan want by die ewenaar ‘spin’ die aarde teen 1670 kmpu en beweeg ons al tollende teen 107000 kmpu om die son sonder dat ons daarvan bewus is en wil dan nog steeds op die planeet vinniger as 200kmpu beweeg.

Hanlie ·

So’n onverantwoordelike persoon hoort nie op ons paaie nie PUNT. Konfiskeer sy lisensie.

Niklaas ·

Sal dit help? Nee, hy sal mos steeds voertuig gaps en ry. Alle boetes word betaal deur sy pa. Konfiskeer die motor. Daai tipe straf maak seer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.