Jong Springs-vrou in huis vermoor

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Springs aan Gauteng se Oos-Rand probeer steeds die presiese gebeure uitpluis nadat ʼn jong vrou glo deur ʼn nabye familielid in ʼn huis daar doodgesteek is.

Rosemary Lee Mulder (19) se lyk is Woensdagoggend gekry, nadat sy verskeie kere met ʼn mes gesteek is.

Kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder in Springs, het gesê Mulder se vriend was ook tydens die voorval tuis.

“Volgens hom was hy in die badkamer toe hy die slagoffer gehoor skree het. Hy het glo gesien hoe steek die familielid die vrou. Volgens hom is hy terug na die badkamer en het hy daar weggekruip,” het Ramphora gesê.

Die 18-jarige aanvaller het gevlug met onder andere ʼn videospeletjie en verskeie ander klein items, het Ramphora gesê.

“Die verdagte is steeds op vrye voet en ʼn span is saamgestel om hom te soek.”

Volgens Ramphora is die verloop van gebeure Woensdagoggend nog baie onduidelik. “Ons probeer nog vasstel presies wát gebeur het.”

Die motief vir die aanval is ook nie bekend nie. Die polisie ondersoek sake van moord en diefstal.

Ramphora het gevra dat enigeen met inligting oor die voorval die Springs-polisie bel by 011 365 5705 of 011 365 5719.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

kathy ·

Verdagte is vanoggend in Geduld in hegtenis geneem. In aanhouding by SAP Springs

genoeg is genoeg ·

Asof ons nie al genoeg geteiken word en onnodig wreed vermoor word nie … moet jy nog deur jou eie famielielid dood gemaak word!! Nee regtig!!

Stephanie ·

Nee, dit het glad niks met dwelms te doen nie,
Wat `n verlies is dit nie

Meraai ·

As ‘n mens deesdae koerante oopmaak is dit net moord en doodslag. Familie lede wat mekaar uitmoor. Vreemdelinge wat mense dood maak. Dit maak ‘n mens tot in jou siel in siek. Beteken die lewe van iemand anders dan niks meer nie? Dit het tyd geword dat ons saam staan en mekaar ondersteun. Dinge is moeilik kom ons wees vir mekaar daar.

Tammy ·

Ek wil net noem dat dwelms gladnie aanvaar word as n verskoning om wandade, moord, verkragting te pleeg nie. Die dwelm gebruikers moet inteendel SWAARDER gestraf word want dwelms is reeds n misdaad en dan nog misdaad bo-op. Buitendien dwelms is n KEUSE nie n siekte nie. Verwyder die goed uit die samelewing , die tronk moet hul woning wees. In vandag se lewe is daar nie meer ruimte om minderwaardiges te huisves nie!!!

Sam ·

En die ‘vriend’ kruip in die badkamer weg … ‘n ware vriend is een wat sy lewe vir sy vriende aflê.

So val die heldemoed saam met die land en die samelewing …

Wie weet ·

Stem saam Key Hoekom ktuip hy weg plaas dat hy haar gaan help iets is fishy ek glo nie sy storie nie

Trevor VIS ·

Die laaitjie wat die moord gepleeg het is vandag gevang

Hanna ·

Nou hoekom juis n blokman, ag nee daar is bsie eerbare mense wat n blokman is. Soek maar verder

DS ·

Ai Hanna dis ‘n siek grappie aan ja nee se kant. Moet nie alles letterlik opneem nie. Sug.

Gertryda ·

Ja nee so kom misdadigers in alle geure en kleure.
Die naaste aan jou is die gevaarlikste

Rubber ·

As daar ‘n doodstraf was was moord ‘n baie skaars di g. En die wat se dit is nie ‘n afskrikmiddel nie, is tronkstraf ‘n afskrikmiddel. Duidelik nie

Ja nee ·

Jammer oor die blokman uitlating net gedog die ou ken sy messe en hantering daarvan hoop hy sit baie lank alles so sinneloos Ai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.