Jong vrou (18) vas vir beweerde moord op 5-jarige

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 18-jarige vrou van die Vrystaat het Dinsdag in die landdroshof in Botshabelo buite Bloemfontein verskyn op aanklag van die beweerde moord op ʼn vyfjarige seun.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is verlede week na die vrou se woning ontbied nadat bekommerde verbygangers glo die liggaam van ʼn kind in ʼn swart sak op die erf gesien het.

“Die polisie het onmiddellik gereageer en vasgestel dat dit wel die liggaam van ʼn seuntjie is wat in ʼn swart sak naby die heining gelê het,” sê Xuma.

Volgens hom het ʼn voorlopige ondersoek vasgestel dat die liggaam dié van ʼn vyfjarige seun is wat op 17 Januarie as vermis aangemeld is.

Xuma sê die polisie het op die toneel gereageer op ʼn wenk oor waar die verdagte woon, en toe druppels bloed in een van die kamers aangetref. Volgens hom het die polisie die vrou daarna in Wepener vasgetrek. Twee handdoeke met bloedvlekke is ook in haar besit gevind, waarna sy in hegtenis geneem is.

Die vrou sal weer op 29 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hans ·

Siek siek en nogmaals siek. Wat kon die 5 jarige enigsins gedoen het om dit oor te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.